Aansoek om ’n prospekteerreg

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek om 'n prospekteerreg

‘n Prospekteerreg is ‘n permit wat ‘n maatskappy of individu in staat stel om ‘n stuk grond op te meet of te ondersoek met die doel om ‘n bestaande of moontlike mineraal-afsetting te identifiseer.  Doen aanlyn daarvoor aansoek by http://portal.samradonline.co.za.

‘n Prospekteerreg is vir vyf jaar geldig. Wanneer daardie vyf jaar verstryk, mag jy by wyse van ’n hernuwingsaansoek vra dat die prospekteerreg vir nog hoogstens drie jaar verleng moet word.

Die prospekteerreg sal toegestaan word indien:

  • jy genoeg fondse en deskundige kennis het om die voorgenome prospektering optimaal uit te voer
  • jou finansieringsplan is geskik vir die voorgenome prospekteringsaktiwiteite en die duur daarvan
  • jy die vereistes van die Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne kan na kom
  • jy nie die Wet op die Ontwikkeling van Mineraal- en Petroleumhulpbronne, 2002 (Wet 28 van 2002) oortree nie
  • niemand anders ‘n prospekteerreg, mynreg, mynpermit of retensiepermit vir dieselfde mineraal en grond het nie
  • geen onaanvaarbare besoedeling of beskadiging van die natuur sal plaasvind  as gevolg van die prospektering nie.

Stappe om te volg

  1. Doen aanlyn aansoek.
  2. Betaal die voorgeskrewe, nie-terugbetaalbare aansoekfooi.
  3. Doen terselfdertyd aansoek om 'n omgewingsmagtiging.
  4. Indien jou aansoek aanvaar word, sal jy gevra word om ‘n omgewingsbestuursplan voor te lê en met die grondeienaar, wettige bewoner van die grond of enige ander geaffekteerde party samesprekings te voer.
  5. Lê die resultaat van die samesprekings binne 30 aan die streekbestuurder voor.

Diensstandaard

  • As die aansoek afgekeur word, sal jy onmiddellik aanlyn in kennis stel word.
  • As die aansoek goedgekeur word, sal jy binne 14 dae in kennis gestel word dat jy met die grondeienaar en wettige bewoner van die grond, asook enige ander geaffekteerde party, samesprekings moet voer.
  • Lê die resultaat van die samesprekings binne 30 voor.
  • Sodra daar aan hierdie vereistes voldoen is, word die aansoek aan die Minister voorgelê vir oorweging.

Koste

Die koste sal afhang van die mineraal wat jy beoog om te myn.

Vorms om in te vul

Aansoeke moet aanlyn ingedien word.

Kontakbesonderhede

 

Share this page