Aansoek om 'n mynpermit

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek vir ’n mynpermit

As jy wil begin myn moet jy 'n mynpermit van die Departement van Minerale Hulpbronne (DMH) bekom.

Niemand mag sonder 'n mynpermit mynbedrywighede uitvoer nie.

Mynpermitte is nie oordraagbaar nie. Dit is daarop gemik om prospektering en mynbou, met inagneming van die gesondheid en veiligheid, die omgewing en die verantwoordelike ontginning van minerale, te beheer.

’n Mynpermit is geldig vir die tydperk daarop gemeld, maar nie vir langer as twee jaar nie. Dit kan egter vir nog drie tydperke hernu word maar nie vir meer as 'n jaar elk nie.

’n Mynpermit kan slegs uitgereik word indien:

  • die betrokke minerale vir twee jaar optimaal gemyn kan word
  • die mynbou-gebied nie groter as 1,5 ha is nie.

Wat om te doen

  1. Doen aanlyn aansoek.
  2. Betaal die voorgeskrewe, nieterugbetaalbare bedrag.
  3. Die stelsel sal die aansoek aanvaar indien aan alle vereistes voldoen is.
  4. Sodra jou aansoek goedgekeur is, sal die streekbestuurder versoek dat jy:
    • 'n omgewingsbestuursplan voorlê
    • met die grondeienaar en wettige bewoner van die grond, asook enige ander geaffekteerde party oorleg pleeg.
  5. Lê die resultaat van die samesprekings binne 30 aan die streekbestuurder voor.
  6. 'n Mynpermit sal uitgereik word indien aan al die vereistes voldoen is.

Tydsduur

Jy sal onmiddellik in kennis stel word indien jou aansoek aanvaar is (dit beteken dat jy aan al die vereistes voldoen het).

Hoeveel kos dit

Kontak die Departement van Minerale Hulpbronne vir meer inligting oor die koste.

Vorms om in te vul

Alle aansoeke moet aanlyn gedoen word.

Wie om te kontak

 

Share this page