Tydelike of spesiale motorvoertuigpermit

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n tydelike of spesiale motorvoertuigpermit

’n Tydelike motorvoertuigpermit is vir 21 dae geldig en word uitgereik vir motorvoertuie wat padwaardig is.

'n Tydelike pemit word gebruik onder die volgende omstandighede:

  • aflewering van die voertuig binne die Republiek by sy eienaar
  • aflewering van die voertuig binne die Republiek deur of aan 'n motorhandelaar
  • registrasie en lisiensiëring.

Slegs een permit word per voertuig-eienaarskap uitgereik.

’n Spesiale motorvoertuigpermit is slegs vir drie dae geldig.

’n Spesiale motorvoertuigpermit word onder die volgende omstandighede gebruik:

  • toets van 'n motorvoertuig
  • ry na of van 'n plek binne die Republiek waar herstelwerk aan die voertuig gedoen gaan word of gedoen is
  • ry na 'n ondersoeker van voertuie of massabepalingsapparaat
  • terugneem van die motorvoertuig soos bedoel onder Regulasie 69.

Let daarop dat 'n voertuig met 'n spesiale permit nie goedere of passasiers mag vervoer nie. Daar is nie ’n beperking op die aantal permitte wat per eienaarskap uitgereik kan word nie.

Wat om te doen

  1. Gaan na jou naaste registrasie-owerheid met die volgende:
    • afskrif van jou identiteitsdokument
    • voorgeskrewe fooi.
  2. Voltooi ’n TSP1-vorm (Aansoek om ’n tydelike/spesiale permit).

Tydsduur

Die aansoek word dieselfde dag verwerk.

Hoeveel kos dit

Kontak jou plaaslike registrasie-owerheid vir die koste.

Vorms om in te vul

Vorm TSP1 (Aansoek om ’n Tydelike/Spesiale Permit)

Vorms is by die registrasie-owerheid beskikbaar of jy kan dit vanaf die eNaTIS-webwerf aflaai.

Wie om te kontak

 

Share this page