Aansoek om die registrasie van ’n motorvoertuig

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor registrasie van jou motorvoertuig

Indien jy die titelhouer van ’n nuwe, tweedehandse, opgeboude of herboude motorvoertuig is, moet jy dit by jou toepaslike registrasie-owerheid lisensieer om 'n registrasiesertifikaat te bekom. Indien die voertuig gefinansier word, is die titelhouer die finansiële instelling. Wanneer die voertuig geregistreer en gelisensieer is, sal jy  ’n motorvoertuig-lisensieskyfie kry.

Jy moet jou motorvoertuig binne 21 dae ná verandering van eienaarskap registreer en lisensieer. Indien jy dit nie registreer nie, sal jy aanspreeklik wees vir agterstallige gelde en boetes. Die motorvoertuig-registrasie word op die Nasionale Verkeersinligtingstelsel (eNaTIS) aangeteken.

Jou voertuig se registrasie word nietig en ongeldig indien:

  • die voertuig-lisensieskyfie vir meer as vier jaar nie hernu word nie
  • die voertuig in ’n ongeluk betrokke was en permanent ongeskik verklaar is vir gebruik
  • jy die voertuig verkoop (verander eienaarskap)
  • jou voertuig vir meer as 31 dae teruggeneem is deur die finansiële instelling
  • ’n deregistrasie-sertifikaat uitgereik is.

Wat om te doen

Registreer 'n nuwe voertuig

  1. Om ’n nuwe voertuig te registreer, gaan na jou toepaslike registrasie-owerheid en dien die volgende in:
    • Jou identiteitsdokument (ID)
    • Bewys van woonadres, bv. ‘n diensterekening. As die diensterekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar ‘n beëdigde verklaring doen wat verklaar dat jy by die adres woon. Heg die diensterekening aan die verklaring vas.
    • Indien jy in ‘n informele nedersetting woon, bring ‘n brief van die wyksraadslid wat jou woonadres bevestig.
    • Die vervaardiger se sertifikaat wat al die toepaslike besonderhede van die voertuig bevat
    • ’n Padwaardigheidsertifikaat indien die voertuig ’n swaar of 'n padverkeerkwaliteitstelsel- (PVKS-) voertuig is.
  2. Voltooi vorm NCP (Kennisgewing van verandering van adres of besonerhede van persone of organisasies)
  3. Voltooi die RLV-vorm (Aansoek om registrasie en lisensiëring van motorvoertuig).

Registreer 'n tweedehandse voertuig

1. Om ’n tweedehandse (gebruikte) voertuig te registreer, moet die verkoper die NCO-vorm (Kennisgewing van verandering van eienaarskap/verkoop van motorvoertuig) voltooi en indien by die registrasie-owerheid om kennis gee van die verandering van eienaarskap.

2. Gaan na jou naaste registrasie-owerheid en dien die volgende in:

  • jou identiteitsdokument (ID)
  • bewys van woonadres, bv. ‘n diensterekening. As die diensterekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar ‘n beëdigde verklaring doen wat verklaar dat jy by die adres woon. Heg die diensterekening aan die verklaring vas.
  • indien jy in ‘n informele nedersetting woon, bring ‘n brief van die wyksraadslid wat jou woonadres bevestig
  • die voertuigregistrasie-sertifikaat (in die verkoper se naam)
  • 'n sertifikaat van padwaardigheid indien die huidige sertifikaat ouer as sestig dae is
  • bewys van aankoop van die voertuig
  • ’n geldige motorvoertuig-lisensie (maak seker dat die lisensiegelde van die voertuig op datum is).

3. Voltooi die RLV-vorm (Aansoek om registrasie en lisensiëring van motorvoertuig).

Registreer 'n voertuig wat opgebou is uit onderdele

1. Om ’n voertuig te registreer wat opgebou is uit onderdele, gaan na jou toepaslike registrasie-owerheid en dien die volgende in:

  • jou identiteitsdokument (ID)
  • bewys van woonadres, bv. ‘n diensterekening. As die diensterekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar ‘n beëdigde verklaring doen wat verklaar dat jy by die adres woon. Heg die diensterekening aan die verklaring vas.
  • indien jy in ‘n informele nedersetting woon, bring ‘n brief van die wyksraadslid wat jou woonadres bevestig
  • ’n beëdigde verklaring wat bevestig waar die onderdele vandaan kom en wat aan die motor gedoen is (vorm SOA)
  • polisieklaring (vorm RPC)
  • polisie-identifisering (vorm RPI)
  • deregistrasie-sertifikaat (indien die voertuig gederegistreer is)
  • ’n weegbrug-sertifikaat (massabepaling)
  • bewys van titel-eienaarskap

2. Voltooi die RLV-vorm (Aansoek om Registrasie en Lisensiëring van Motorvoertuig).

Registreer 'n herboude voertuig

1. Om ’n herboude (gemodifiseerde) voertuig te registreer, gaan na jou toepaslike registrasie-owerheid en dien die volgende in:

  • jou identiteitsdokument (ID)
  • bewys van woonadres, bv. ‘n diensterekening. As die diensterekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar ‘n beëdigde verklaring doen wat verklaar dat jy by die adres woon. Heg die diensterekening aan die verklaring vas.
  • indien jy in ‘n informele nedersetting woon, bring ‘n brief van die wyksraadslid wat jou woonadres bevestig
  • ’n beëdigde verklaring wat bevestig waar die onderdele vandaan kom en wat aan die motor gedoen is (vorm SOA)
  • polisieklaring (vorm RPC)
  • polisie-identifisering (vorm RPI)
  • deregistrasie-sertifikaat (indien die voertuig gederegistreer is)
  • ’n weegbrug-sertifikaat (massabepaling)
  • bewys van titel-eienaarskap
  • padwaardigheidsertifikaat
  • vervaardiger se sertifikaat of vorige registrasiesertifikaat of beëdigde verklaring indien die registrasiesertifikaat nie voorsien kan word nie.

2. Voltooi die RLV-vorm (Aansoek om Registrasie en Lisensiëring van Motorvoertuig).

Tydsduur

Die aansoek word aangestuur na die provisiale hulptoonbank.

Die invoer van 'n motorvoertuigrekord op die stelsel kan 'n paar dae duur. Die aansoeker sal gekontak word wanneer die rekord op die stelsel is.

Hoeveel kos dit

Kontak jou plaaslike registrasie-owerheid vir die koste.

Vorms om in te vul

  • Aansoek om registrasie en lisensiëring van motorvoertuig, RLV.
  • Beëdigde verklaring tov motorvoertuig (SOA)

Hierdie vorms is beskikbaar by die registrasie-owerheid, of kan van die eNaTIS webwerf afgelaai word.

Wie om te kontak

 

Contact your local department of transport

Share this page