Aansoek om ‘n verkeersregister nommer

Oor 
Wat om te doen
Tydsduur 
Hoeveel kos dit 
Vorms om in te vul 
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor ‘n verkeersregisternommer

'n Verkeersregisternommer is die hoof identifikasienommer wat aanvaar word vir padverkeertransaksies op die eNaTIS vir buitelanders en organisasies wat dien as 'n nie-regspersoon.

Indien jy 'n buitelandse burger is en nog nie op die nasionale vervoerinligtingstelsel (eNatis) geregistreer is nie, en jy 'n motor wil koop of registreer in Suid-Afrika, moet jy jou buitelandse identifikasiedokument kan toon om op die stelsel te kom.

Indien jy nie 'n identifikasiedokument het nie, kan jy aansoek doen om ‘n verkeersregisternommer, mits jy ‘n geldige paspoort het as bewys dat jy wettiglik in Suid Afrika is.

'n Organisasie wat 'n nie-regspersoon is soos 'n vennootskap, 'n eenpersoonbesigheid , 'n munisipale, provinsiale of regeringsorganisasie, 'n kerk, welsynsorganisasie of gemeente, 'n ontspanningsorganisasie, 'n opvoedkundige organisasie, 'n trust of 'n statutêre liggaam moet ook aansoek doen om 'n verkeersregisternommer om motorvoertuie in Suid-Afrika te registreer. Die organisasie moet ook 'n verteenwoordiger identifiseer vir elke tak of afsonderlike adres van die besigheid of organisasie. Die persoon dien as die kontakpersoon vir administratiewe doeleindes.

Daarbenewens moet 'n gevolmagtigde ook aangestel word deur middel van 'n brief van volmag. Die brief van volmag magtig die geïdentifiseerde persoon om op te tree namens die organisasie, en verbind die organisasie vir die doel van die Wet op Nasionale Padverkeer en  die Nasionale Padverkeersregulasies.

Die gevolmagtigde en die verteenwoordiger kan dieselfde persoon wees. Die gevolmagtigde en die verteenwoordiger moet hulle toepaslike identifikasiedokumente toon:

  • 'n Suid-Afrikaanse identiteitsdokument uitgereik deur die Departement van Binnelandse Sake indien die persoon 'n Suid-Afrikaanse burger is, of 'n buitelandse burger wat permanent in Suid-Afrika woon
  • 'n tydelike identiteitsdokument uitgereik deur die Departement van Binnelandse Sake indien die persoon 'n Suid-Afrikaanse burger is, of 'n buitelandse burger wat permanent in Suid-Afrika woon
  • 'n RSA paspoort waaruit die ID-nommer verkry kan word
  • 'n identiteitsdokument uitgereik is deur 'n ander land, indien die persoon 'n buitelandse burger is wat permanent in Suid-Afrika woon.
  • 'n verkeersregisternommersertifikaat uitgereik deur die toepaslike registrasie-owerheid indien die persoon 'n buitelandse burger is wat nie permanent in die Suid-Afrika woon nie, en wat nie 'n buitelandse identiteitsdokument het nie, maar wel 'n paspoort of reisdokument het.

Wat om te doen

  1. Gaan na jou naaste registrasie-owerheid en voltooi vorm ANR (Aansoek en kennisgewing vir 'n verkeersregisternommer).
  2. Indien jy aansoek doen om ‘n verkeersregisternommer as ‘n buitelander wat ‘n motorvoertuig in Suid-Afrika wil koop of registreer, moet jy die volgende dokumente indien:
    • ‘n gesertifiseerde afskrif van jou paspoort of bestuurslisensie en tydelike verblyfpermit of reisdokument.
    • twee ID foto's (wit en swart) (bevestig met die registrasie-owerheid of bestuurslisensietoetsstasie hoeveel foto's nodig is).
    • bewys van woonadres, bv. ‘n diensterekening. As die diensterekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar ‘n beëdigde verklaring doen wat verklaar dat jy by die adres woon. Heg die diensterekening aan die verklaring vas.
    • indien jy in ‘n informele nedersetting woon, bring ‘n brief van die wyksraadslid wat jou woonadres bevestig.
  3. Indien jy aansoek doen om 'n verkeersregistrasienommer omdat jy die nommerplaat van 'n voertuig wat aan jou organisasie behoort wil verpersoonlik, moet jy die volgende indien:
    • die registrasiesertifikaat van die besigheid (uitgereik deur die Registrateur van Maatskappye)
    • 'n afskrif van die gevolmagtigde of verteenwoordiger se Suid-Afrikaanse indentiteitsdokument.
  4. Betaal die voorgeskrewe fooi.

Tydsduur

Dit kan tot ses weke duur om jou aansoek te verwerk.

Hoeveel kos dit

Kontak jou naaste registrasie-owerheid vir die koste van die Verkeersregisternommersertifikaat.

Vorms om in te vul

Die Aansoek en kennisgewing vir 'n verkeersregisternommer (Application and notice in respect of traffic register number) is beskikbaar by die registrasie-owerheid of bestuurslisensietoetsstasie.

Wie om te kontak

 

Contact your local department of transport

Share this page