Aansoek om ’n duplikaat van ’n motorvoertuigdokument

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor  ’n duplikaat-dokument vir ’n motorvoertuig

Jy kan aansoek doen vir ’n duplikaat-motorvoertuigdokument soos ’n registrasiesertifikaat, lisensieskyfie of ander sodanige dokumente, indien:

  • die onderstelnommer of VIN verander het, of
  • die enjinnommer verander het, of
  • jydie dokument verloor of vernietig het.

Jy moet persoonlik as titelhouer vir ’n duplikaat-registrasiesertifikaat aansoek doen.

Wat om te doen

  1. Gaan na jou naaste registrasie-owerheidkantoor met:
    • Jou identiteitsdokument.
    • Bewys van woonadres, bv. ‘n diensterekening. As die diensterekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar ‘n beëdigde verklaring doen wat verklaar dat jy by die adres woon. Heg die diensterekening aan die verklaring vas.
    • Indien jy in ‘n informele nedersetting woon, bring ‘n brief van die wyksraadslid wat jou woonadres bevestig.
  2. Voltooi die Aansoek vir duplikaatregistrasie/deregistrasiesertifikaat vir 'n motorvoertuig (DRC) (Application for duplicate registration/Deregistration certificate in respect of motor vehicle) en die Verklaring vir verlore dokumente (DCT) (Declaration in respect of lost documents).
  3. Betaal die voorgeskrewe fooi, en die registrasie-owerheid sal 'n duplikaatdokument aan jou uitreik.

Tydsduur

Dit kan tot sewe dae neem om te verwerk.

Hoeveel kos dit

Kontak jou plaaslike lisensiekantoor vir die koste.

Vorms om in te vul

  • Vorm DRC (Aansoek om duplikaat-registrasie-/deregistrasie-sertifikaat met betrekking tot motorvoertuig)
  • Vorm DCT (Verklaring met betrekking tot verlore dokumente).

Vorms is beskikbaar by die registrasie-owerheid of jy kan dit aflaai vanaf die eNaTIS-webwerf.

Wie om te kontak

 

Share this page