Verandering van 'n voertuigeienaar of -titelhouer se besonderhede

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die verandering van 'n voertuigeienaar of -titelhouer se besonderhede

Enige veranderinge aan die besonderhede van ’n voertuigeienaar of -titelhouer moet binne 21 dae vanaf sodanige verandering aan die toepaslike registrasie-owerheid gekommunikeer word. Gebruik die vorm NCP (Kennisgewing van verandering van adres of besonderhede van persone of organisasies).

Wanneer jy jou voertuig verkoop, moet jy jou registrasie-owerheid by wyse van vorm NCO (Kennisgewing van verandering van eienaarskap/verkoop van motorvoertuig) in kennis stel en die nuwe eienaar moet die voertuig in sy/haar naam registreer.

Wat om te doen

  1. Gaan na jou naaste registrasie-owerheid.
  2. Indien jy jou adres verander, moet jy die volgende saamneem:
    • 'n Afskrif van jou indentiteitsdokument indien jy 'n Suid-Afrikaanse burger is. Indien jy 'n buitelandse burger is, moet jy sowel die oorspronklike as 'n gewaarmerkte afskrif van jou ID uitgereik deur jou land van oorsprong as jou tydelike verblyfpermit saamneem.
    • Bewys van woonadres, bv. ‘n diensterekening. As die diensterekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar ‘n beëdigde verklaring doen wat verklaar dat jy by die adres woon. Heg die diensterekening aan die verklaring vas.
    • Indien jy in ‘n informele nedersetting woon, bring ‘n brief van die wyksraadslid wat jou woonadres bevestig.
  3. Indien jy 'n Suid-Afrikaanse burger is, moet jy net die vorm NCP invul en indien. As jy 'n buitelandse burger is, moet jy die vorms NCP en Kennisgewing met betrekking tot verkeersregisternommer (ANR) indien.
  4. Indien jy die voertuig verkoop:
    • Die verkoper moet die vorm NCO voltooi en indien by die registrasie-owerheid.
    • Die verkoper moet die registrasiesertifikaat aan die koper oorhandig.
    • Die koper moet die vorm Aansoek om registrasie en lisensiëring van 'n motorvoertuig, RLV, voltooi en indien.
    • Die koper moet die voertuig se registrasiesertifikaar indien as die voertuig in Suid-Afrika geregistreer was.
    • Verskaf 'n massa-berekening-sertifikaat as die voertuig se tarra verander is.
  5. Die koper van die voertuig  moet die vorms by die registrasie-owerheid inhandig binne 21 dae na aankoop van die voertuig, saam met die registrasievorm wat van die verkoper verkry is, en die huidige padwaardigheidsertifikaat. (Dit is die eienaar se verantwoordelikheid om te verseker dat die voertuig padwaardig is.)
  6. Indien die voertuig onder ‘n maatskappy geregistreer is, moet jy ook ‘n sertifikaat van inlywing of naamsverandering indien soos uitgereik in terme van die Wet op Maatskappye.
  7. Die registrasie-owerheid sal jou aansoek assesseer en jy moet die fooie soos voorgeskryf deur jou provinsie betaal.
  8. Indien die registrasie-owerheid dit vereis, moet jy bewys lewer van jou reg om as titelhouer van die betrokke voertuig geregistreer te word. Sodanige bewys mag 'n faktuur, verkoopsooreenkoms, ens, wees. Indien jy nie so 'n bewys het nie, skakel die naaste oproepsentrum of registrasie-owerheid om vas te stel wattter dokumente hulle sal aanvaar.

Tydsduur 

Aansoeke word op dieselfde dag verwerk.

Hoeveel kos dit

Kontak jou plaaslike registrasie-owerheid vir die koste.

Vorms om in te vul

  • Kennisgewing van verandering van adres of besonderhede van persone of organisasies, NCP.
  • Kennisgewing van verandering van eienaarskap/verkoop van motorvoertuig, NCO.
  • Aansoek om registrasie en lisensiëring van motorvoertuig, RLV.
  • Aansoek en kennisgewing ten opsigte van verkeersregisternommer, ANR.

Hierdie vorms is beskikbaar by die registrasie-owerheid, of kan van die eNaTIS webwerf afgelaai word.

Wie om te kontak

 

Share this page