Aansoek vir die invoer en uitvoer van petroleumprodukte

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor invoer- of uitvoerpermitte vir petroleumprodukte

Die invoer en uitvoer van petroleumprodukte is onderhewig aan invoer/uitvoerbeheer en ‘n maatskappy of ‘n individu wat beoog om die produkte na Suid-Afrika in te voer of uit die land te voer benodig gevolglik ‘n invoer- of uitvoerpermit.

Die uitreik van petroleum invoer- en uitvoerpermitte is onderhewig aan vereistes wat deur die Departement van Minerale en Energie (DME) geadministreer word.

Om vir magtiging oorweeg te word moet jy die DME rakende die vereiste prosedure kontak.

Goedere soos ru-olie, brandstof, paraffien, masjienolie, petroleumgasse, petroleumjellie, petroleumbitumen en paraffienwaks is onderhewig aan invoer- en uitvoerbeheermaatreëls.

Wat om te doen

  1. Versoek die invoer- of uitvoerpermit aansoekvorm van ITAC of laai dit af van ITAC se webwerf.
  2. Voltooi die aansoekvorm en dien dit in by die DME vir magtiging, saam met die afskrif van jou maatskappy se BTW-registrasiesertifikaat.
  3. Sodra jou aansoek gemagtig is, haal dit by die DME af en dien dit by ITAC in.
  4. ITAC sal jou aansoek verwerk en indien jou aansoek suksesvol is, ‘n permit aan jou uitreik.

Neem kennis:  Invoerpermitte is geldig vir 12 maande en uitvoerpermitte vir ses maande.

Tydsduur

Dit duur drie werksdae om invoerpermitte uit te reik.

Hoeveel kos dit

ITAC hef geen diensfooie nie maar jy sal doeaneregte aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens moet betaal. Doenaneregte word bereken as ‘n persentasie van die waarde van die goedere (uiteengesit in die skedules van die Doeane- en Aksynswet). Kry meer inligting oor doeaneregte op die webwerf van die Inkomstediens.

Vorms om in te vul

Vir uitvoer

Vir invoer

Wie om te kontak

 

ITAC national office - Import and Export Control

Tel: 0861 834 384, 012 394 3590, 012 394 3591
City/town: Pretora
Province: Gauteng
Physical address: International Trade Administration Commission, 77 Meintjies Street, Block D, Sunnyside, Pretoria, 0001
Postal address: Private Bag X753 Pretoria, 0001
Web address: http://www.itac.org.za

Department of Energy

Tel: 012 406 8000
E-mail: info@energy.gov.za
City/town: Pretora
Province: Gauteng
Physical address: 192 Visagie Street, Corner Paul Kruger & Visagie Street, Pretoria, 0001
Postal address: Private Bag X96, Pretoria, 0001
Web address: https://www.energy.gov.za/

Share this page