Aansoek om chemikalieë uit te voer

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor die uitvoer van chemikalieë

Indien jy sekere chemikalieë wil uitvoer benodig jy toestemming van die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (ITAC).

Chemikalieë word beheer om te voldoen aan bepalings van die Montreal-protokol en die 1988 Verenigde Nasies se Konvensie teen Onwettige Dwelmhandel. Dit is internasionale pogings om onderskeidelik die osoonlaag te beskerm en internasionale dwelmhandel te beveg.

Wanneer jy aansoek doen vir ‘n permit om hierdie chemikalieë uit te voer, moet jy ‘n aanbevelingsbrief kry van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) of van die Departement van Omgewingsake, afhangende van die chemikalieë wat jy wil uitvoer.

Wat om te doen

  1. Gaan na ITAC of laai die toepaslike vorm af.
  2. Voltooi die aansoekvorm en dien dit saam met die volgende by ITAC in:
    • 'n afskrif van jou BTW-sertifikaat.
    • ‘n gewaarmerkte afskrif van jou identiteitsdokument indien jy nie ‘n BTW-sertifikaat het nie
    • aanbevelingsbrief van die SAPD of
    • aanbevelingsbrief van die Departement van Omgewingsake indien die chemikalieë in die Montreal-protokol gelys is.

Tydsduur

Dit kan tot vyf werksdae neem om jou aansoek vir ‘n uitvoerpermit te verwerk.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis.

Vorms om in te vul

Aansoek vir uitvoerpermit: algemene goedere (Application for export permit: general goods)

Wie om te kontak

 

ITAC
Tel 0861 843 384
City/town Pretoria
Province Gauteng
Physical address International Trade Administration Commission, 77 Meintjies Street, Block D, Sunnyside, Pretoria, 0001
Postal address Private Bag X753 Pretoria, 0001

 

Share this page