Aansoek om registrasie van ’n vissersvaartuig

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor aansoek om ’n registrasie van ’n vissersvaartuig

Om ’n vissersvaartuig in Suid-Afrika te mag bedryf, moet jy die vaartuig na die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (SAMSA) neem sodat hulle dit vir seewaardigheid kan toets. SAMSA sal ’n evaluasieprosedure uitvoer en ’n veiligheidsertifikaat aan jou uitreik.

Sodra jy die sertifikaat ontvang het, moet jy by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in Kaapstad om ’n vissersvaartuiglisensie aansoek doen.

Jy moet ook 'n gewaarmerkte afskrif van 'n radiolisensie met die roepsein toon.

’n Vissersvaartuig is ’n boot of skip wat toegerus is of gebruik word vir:

  • bestuur
  • oes
  • ontginning

van lewende mariene hulpbronne of ter ondersteuning van verwante aktiwiteite.

Dit sluit in enige vaartuig wat een of meer vaartuie ter see bystaan in die uitvoering van enige toegelate aktiwiteit wat met visvangs verband hou, met inbegrip van, maar nie beperk nie tot voorbereiding, voorsiening, berging, verkoeling, vervoer of verwerking.

Jy moet in besit wees van ’n visvangreg en ’n permit om aan visvangaktiwiteite deel te neem. Geen vissersvaartuig sal sonder 'n visvangreg en ’n permit om aan visvangaktiwiteite deel te neem, geregistreer word nie.

Wat jy moet doen

  1. Reël dat die vaartuig SAMSA se evalueringsprosedure vir seewaardigheid  ondergaan
  2. Kry die aansoekvorm vir ’n lisensie om ’n plaaslike, oopsee- en buitelandse vissersvaartuig by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Klantedienssentrum in Kaapstad op die Grondverdieping, Foretrust-gebou, Martin Hammerschlag-weg, Foreshore.
  3. Voltooi die vorm in drukskrif en gebruik slegs hoofletters.
  4. Heg die volgende aan:
    • Plaaslik
      • Voltooide aansoekvorm
      • Geldige SAMSA-sertifikaat
      • ICASA-sertifikaat, indien van toepassing
      • Indien jy die nuwe eienaar van die vaartuig is, gesertifiseerde afskrifte van die maatskappy se registrasiedokumente of identiteitsdokument.
    • Oop See
      • Dieselfde as vir plaaslik, maar die SAMSA-sertifikaat moet aandui dat die vaartuig op die oop see mag visvang.
    • Buitelands
      • die naam en besonderhede van die vaartuigeienaar (insluitend eienaarskap-aandele)
      • die lengte van die vaartuig
      • die perdekrag en kapasiteit van die vaartuig
      • die vlagstaat waaronder die vaartuig tans geregistreer is (indien gehuur word van of gesamentlik besit word deur nie-Suid-Afrikaanse landsburgers)
      • die tydsduur en die visvangsektor waar die vaartuig gebruik gaan word
      • registrasiesertifikaat van die vlagstaat.
  5. Betaal die voorgeskrewe fooi volgens die lengte van die vaartuig in die volgende rekening in:
    Bank: First National Bank (FNB)
    Rekeningnommer: 62123256382
    Rekeningtipe: Lopend
    Rekeningnaam: Marine Living Resources Fund
    Taknaam: Corporate Account Services Cape Town
    Takkode: 204-109
  6. Jy kan ook kontant betaal of ’n elektroniese fondsoorplasing (EFO) doen. Let asseblief daarop dat indien die EFO nie uit ’n FNB-rekening betaal word nie, daar ’n vertraging van 24 uursal wees.
  7. Skakel die klantedienssentrum by tel. 021 402 3911 / 086 000 3474 vir ’n verwysingsnommer. Die verwysingsnommer word eers toegeken nadat die aansoekvorm ontvang is.
  8. Faks jou bewys van betaling aan die Klantedienssentrum en vra dat hulle vir jou ’n bevestiging van betaling stuur.
  9. Dien die aansoek by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in: Privaatsak X2, Roggebaai, Kaapstad, 8012 of
    lewer dit per hand af by die Foretrust-gebou, Martin Hammerschlag-weg, Foreshore, Kaapstad. 

Hoe lank neem dit?

Die aansoek kan drie dae of langer neem, onderhewig aan die behoorlike indiening van die aansoek.

Hoeveel kos dit?

Tariewe word aangedui op die aansoekvorm.

Kontak enige SAMSA-kantoor vir meer inligting oor die koste verbonde aan ’n veiligheidsertifikaat.  

Vorms om te voltooi

Kry die aansoekvorm om ’n lisensie vir ’n plaaslike, oopsee- en buitelandse vissersvaartuig by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Klantedienssentrum in Kaapstad op die Grondverdieping, Foretrust-gebou, Martin Hammerschlag-weg, Foreshore of laai dit af.

Wie om te kontak

Visserye-klantedienssentrum:
Tel: 021 402 3911 / 086 000 3474
Faks: 021 402 3362

Fisiese adres: Grondverdieping, Foretrust-gebou, Martin Hammerschlag-weg, Foreshore, Kaapstad 8000
Posadres: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Privaatsak X2, Roggebaai, Kaapstad, 8012
Webtuiste: https://www.dalrrd.gov.za/

Kontakbesonderhede vir SAMSA

Share this page