Registreer 'n landboumiddel

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die registrasie van 'n landboumiddel

Om landboumiddels in Suid-Afrika in te voer, te vervaardig of te verkoop, moet jy by die Registrateur van Wet 36 van 1947 registreer.

Jy kwalifiseer vir registrasie slegs as jy 'n Suid-Afrikaanse burger of 'n regspersoon met 'n geregistreerde kantoor in Suid-Afrika is.

Indien die landboumiddel wat jy wil registreer alreeds deur 'n ander persoon geregistreer is, moet jy toestemming van daardie individu verkry voor registrasie.

Jy moet die middel in 'n skoon en geslote houer verpak. Jy mag nie die houer hergebruik nadat jy die middel geledig het nie. In die geval van 'n vloeibare landboumiddel, moet jy seker maak dat die houer nie die middel uitmors as jy dit uitgooi nie. Jou houer moet voldoen aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde 10229.

Jou houer moet gemerk wees met:

  • 'n handelsmerk
  • 'n registrasienommer. Indien jy nie 'n registrasienommer het nie, moet jy dit neerskryf as “Reg. No. …. Wet No. 36 van 1947”
  • die giftigheidsgraad waaronder jou landboumiddel geklassifiseer word
  • die tipe formulering van die landboumiddel en die doel waarvoor dit geregistreer word
  • die lotnommer van waar die middel sy oorpsrong het en die vervaardigingsdatum van daardie lot
  • die net volume of massa van die middel
  • naam en adres van die kontakpersoon
  • maatskappy se registrasienommer indien van toepassing

Wat om te doen

  1. Laai die Aansoek om die registrasie van 'n Landboumiddel-vorm onder 'Vorms om in te vul' hieronder af, en vul dit in.
  2. Maak drie afskrifte van die vorm en pos hulle na: Die Registrateur: Wet No 36 van 1947, Private Sak X343, Pretoria, 0001 of lewer dit per hand af aan: Die Registrateur: Wet No. 36 van 1947, Agriculture Place, Steve Bikostraat 20, Arcadia, Pretoria
  3. Heg 'n afskrif van die ondersteunende studies (bv. toksikologiese data, doeltreffendheidsdata, data t.o.v. afsaksels en fisiese spesifikasies). Meer inligting oor die vereistes is beskikbaar in die beleidsdokument vir die registrasieprosedure vir landboumiddels, riglyne vir die toksikologiese evaluering van mikrobiese plaagbeheeragente, resteproefdata-vereistes dokument en riglyne oor die gelykwaardigheid van landboumiddels.
  4. Betaal die voorgeskrewe registrasiegelde.
  5. Indien jy jou aansoek pos, moet jy die voorgeskrewe gelde betaal deur middel van 'n posorder ten gunste van die Direkteur-Generaal: Landbou, Bosbou en Visserye. Indien jy jou aansoek per hand aflewer, moet jy die voorgeskrewe gelde kontant betaal.
  6. Indien jy die middel wil invoer, moet jy die volgende by jou dokumente aanheg:
    • plek van binnekoms 
    • toedieningshoeveelheid 
    • proefprotokol 
    • plek van die proewe 
    • aktiewe bestanddele
    • hoeveelheid wat ingevoer sal word.

Tydsduur

Ses tot 12 maande.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2024/25

Vorms om in te vul

Application for the registration of an Agricultural Remedy (Aansoek om die registrasie van 'n landboumiddel)

Wie om te kontak

 

Directorate Agriculture Inputs Control

Tel: 012 319 7103/7847
E-mail address: AICHelpdesk@daff.gov.za
Physical address: 20 Steve Biko Street, Arcadia, Pretoria
Postal address:  Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development, Private Bag X343, Pretoria 0001

 

Share this page