Hernu of kanselleer registrasie van landboumiddels

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die aansoek om die hernuwing van 'n landboumiddel

Jy moet na elke drie jaar aansoek doen om jou landboumiddelregistrasie te hernieu of te kanselleer. Jou aansoek moet gestuur word aan die Registrateur van Wet 36 van 1947 by die Departement van Landbou voor 31 Maart van die laaste jaar waarin jou registrasiesiklus verval.

Indien die landboumiddel wat jy wil hernieu alreeds deur 'n ander persoon geregistreer is, moet jy toestemming van daardie individu verkry voor hernuwing.

Jy moet die middel in 'n skoon en geslote houer verpak. Jy mag nie die houer hergebruik nadat jy die middel geledig het nie. In die geval van 'n vloeibare landboumiddel, moet jy seker maak dat die houer nie die middel uitmors as jy dit uitgooi nie. Jou houer moet voldoen aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde 10229.

Die kantoor van die Registrateur stuur briewe uit op die hernuwings- en aansoekvorms aan alle registrasiehouers binne die driejaaarskilus.

Wat om te doen

  1. Die Registrateur van Wet 36 sal jou skakel en die vorm aan jou stuur.
  2. Vir hernuwing:
    • Vul die aansoekvorm (vorm A) in drievoud in, in drukskrif en gebruik slegs hoofletters.
    • Stuur die aansoek aan die Registrateur. 
    • Die sperdatum vir hernuwings is 30 Junie. 
  3. Kansellasies:
    • Vul vorm B in drievoud in. Gebruik drukskrif en slegs hoofletters.
    • Dien die oorspronklike registrasiesertifikaat in.
  4. Besonderhede van aansoeker:
    • Vul vorm C van die hernuwingsregistrasievorm in om die registrateur se rekords by te werk ten opsigte van kontakbesonderhede, byvoorbeeld adres, telefoonnommer en kontakpersoon. 
  5. Betaal die voorgeskrewe gelde.
  6. Heg een afskrif van die ondersteunende studies aan. Betaal die voorgeskrewe registrasiegelde. Indien jy jou aansoek pos, moet jy die voorgeskrewe gelde betaal deur middel van 'n posorder ten gunste van die Direkteur-Generaal: Landbou. Indien jy jou aansoek per hand aflewer, moet jy die voorgeskrewe gelde kontant betaal. Stuur die vorm aan die registrateur
  7. Maak drie afskrifte van die vorm en pos dit na: Die Registrateur: Wet No. 36 van 1947, Private Sak X343, Pretoria, 0001 of lewer dit per hand af aan: Die Registrateur: Wet No. 36 van 1947, Agriculture Place, Steve Bikostraat 20, Arcadia, Pretoria.

Tydsduur

Die aansoek sal verwerk word slegs wanneer 'n volledige hernuwingsaansoek ontvang is, bestaande uit Vorm A in drievoud, Vorm B (indien toepaslik) en Vorm C in tweevoud, asook die toepaslike registrasiegelde per produk.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2024/25

Vorms om in te vul

Die kantoor van die Registrateur stuur briewe uit op hernuwings- en aansoekvorms aan alle registrasiehouers binne die driejaarsiklus.

Wie om te kontak

 

Directorate Agriculture Inputs Control

Tel: 012 319 7103/7847
E-mail address: AICHelpdesk@daff.gov.za
Physical address: 20 Steve Biko Street, Arcadia, Pretoria
Postal address:  Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development, Private Bag X343, Pretoria 0001

 

Share this page