A. Kabinetsbesluite
1. Begroting 2025-2026
1.1. ’n Spesiale vergadering van die Kabinet is op Maandag 3 Maart 2025 belê om insette deur lede van die Kabinet te oorweeg oor die beste moontlike opsies, onder die omstandighede, om die Begroting vir die 2025/26 finansiële jaar en die medium termyn te befonds. Dit volg op ’n vorige spesiale kabinetsvergadering op Maandag 24 Februarie 2025, wat breë besprekings moontlik gemaak het oor die land se fiskale beperkings en die behoefte aan vinnige implementering van die drie sleutelprioriteite van die 7de Administrasie onder die Regering van Nasionale Eenheid. By die vergadering van 24 Februarie 2025 het President Cyril Ramaphosa 'n span ministers, onder leiding van Adjunkpresident Paul Mashatile, saamgestel om saam met die Minister van Finansies en sy Nasionale Tesourie-span te werk om kabinetsinsette vir verdere oorweging te konsolideer.
1.2. Die span onder leiding van Adjunkpresident Mashatile, ondersteun deur die Nasionale Tesourie, het verskeie opsies ter tafel gelê wat deur die Kabinet oorweeg is. In ooreenstemming met die bepalings van artikel 27 van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (1 van 1999), het die Kabinet die Minister van Finansies opdrag gegee om uit die opsies wat bespreek is te kies en die begroting te finansier op 'n wyse wat die volgende in ag neem:
(a) Die land se fiskale beperkings;
(b) Versagting van die impak op arm en middel-inkomstehuishoudings; en,
(c) Ondersteuning van ekonomiese groei.
1.3 Met die voltooiing van die Kabinet se insette tot die begroting, is die Minister van Finansies en Nasionale Tesourie nou gereed om die begroting te finaliseer en dit op Woensdag 12 Maart 2025 aan die Parlement voor te lê.
Navrae:
Mnr Sathasivan (Terry) Vandayar – Waarnemede Regerings-woordvoerder
Selfoon: 082 444 9092