A. Kwessies in die omgewing
1. Bou van ekonomiese krag en veerkragtigheid
1.1 Regering en sakesektor verdiep vennootskap om ekonomiese groei en werkskepping te versnel
Die Kabinet verwelkom die bekendstelling van fase 3 van die vennootskap tussen die regering en die sakewêreld om groei te stimuleer, beleggings te lok en teen 2030 meer as ’n miljoen werksgeleenthede te skep.
Fase 3 bou voort op die suksesse wat in fases 1 en 2 deur samewerking in sleutelsektore behaal is. Dit sluit in die beëindiging van beurtkrag, verbeterde prestasie in die spoor- en hawesektore, Suid-Afrika se verwydering van die FATF se gryslys, asook kredietgraderingsverhogings deur S&P en Fitch.
Fase 3 sal hervormings bevorder, beleggersvertroue versterk en ekonomiese geleenthede vir alle Suid-Afrikaners uitbrei. Sleutelteikens sluit die uitbreiding van energiekapasiteit, die verhoging van vragvolumes, die ontsluiting van grootskaalse beleggings en ʼn verdere hupstoot vir internasionale toerismebesoeke teen 2027 in.
1.2 Suid-Afrika berei voor vir nuwe tuberkulose-entstof
1.2.1 Die Kabinet is ingelig oor die vordering met die ontwikkeling van ʼn nuwe entstof teen tuberkulose (TB), wat tans in fase 3 van kliniese proewe is en ’n beduidende bydrae kan lewer tot die uitskakeling van TB as ’n openbare gesondheidsbedreiging.
1.2.2 Die Kabinet neem kennis dat die regering voorbereidings tref vir die registrasie en bekendstelling van die entstof indien die kliniese proewe suksesvol is. Die Kabinet verwelkom ook die ooreenkoms met die Serum Institute of India om TB-entstowwe vir wêreldwye verspreiding te vervaardig. Dit sal Suid-Afrika se entstofvervaardigingskapasiteit versterk, innovasie ondersteun en tot ekonomiese groei en werkskepping bydra.
1.3 Lê van grondslag vir meer veerkragtige energie-toekoms:Eskom se opwekkingprestasie
Eskom het ʼn belangrike mylpaal in sy program om lasvermindering uit te faseer bereik deur dit in sewe provinsies voor die Oktober 2026-sperdatum uit te skakel.
Nagenoeg 1.2 miljoen kliënte het na normale elektrisiteitsvoorsiening teruggekeer, wat die aandeel van geraakte kliënte tot 6,8% van Eskom se totale kliëntebasis verminder het. Daarbenewens het Eskom ook sy afhanklikheid van diesel aansienlik verminder, met uitgawes wat oor die vergelykbare tydperk op ’n jaargrondslag met meer as 83% van R5,92 miljard tot R992 miljoen, gedaal het.
1.3.1 Die gebruik van oop-siklus-gasturbines het in dieselfde tydperk van 8,67% tot 1,10% afgeneem. Hierdie skerp afname in dieselverbruik weerspieël volhoubare verbeterings in die prestasie van Eskom se vloot en ’n meer betroubare, doeltreffende en veerkragtige kragstelsel. Suid-Afrika het sedert 16 Mei 2025 reeds 467 opeenvolgende dae sonder beurtkrag aangeteken, wat huishoudings en ondernemings van ’n betroubare elektrisiteitsvoorsiening voorsien en die breër ekonomiese ontwikkeling ondersteun.
Die Kabinet verwelkom verdere verbetering in Eskom se prestasie, met die energiebeskikbaarheidsfaktor wat die hoogste vlak sedert 2020 bereik het en op ’n meer betroubare opwekkingsvloot weerspieël. Hierdie volgehoue verbetering het ongeveer 6 100 megawatt opwekkingskapasiteit aan die netwerk terugbesorg terwyl onbeplande kragonderbrekings op ʼn jaargrondslag met amper 40% afgeneem het.
Die Kabinet doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om kommentaar op die hersiene Elektrisiteitsprysbeleid in te dien, wat tans vir openbare kommentaar beskikbaar is. Die voorgestelde beleid het ten doel om die koste van elektrisiteit te verlaag, terwyl kostereflektiewe tariewe gehandhaaf en kwesbare huishoudings en strategiese ekonomiese sektore beskerm word.
1.4 Vyfde volhoubare infrastruktuurontwikkelingsimposium van Suid-Afrika
Die Kabinet prys Suid-Afrika vir die suksesvolle aanbieding van die Suid-Afrikaanse Volhoubare Infrastruktuurontwikkelingsimposium 2026 (SIDSSA) in Kaapstad. Die Kabinet verwelkom ook die identifisering van 263 infrastruktuurprojekte ter waarde van R1.99 triljoen wat in verskillende stadiums van ontwikkeling en implementering is
Gedurende die afgelope 18 maande is 37 projekte ter waarde van R69 miljard voltooi, wat tot ekonomiese groei en werkskepping bygedra het.
1.5 Wet op groei en geleenthede in Afrika
1.5.1 Die Kabinet verwelkom die verlenging van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (AGOA-wet), kwalifiserende Suid-Afrikaanse produkte voorkeurtoegang tot die Amerikaanse (VSA) mark bied. Die verlenging, wat tot 31 Desember 2028 van krag sal wees, bied sekerheid aan plaaslike produsente en uitvoerders, bevorder markdiversifisering en ondersteun uitvoergroei, asook sterker handels- en beleggingsbande met die VSA.
1.6 Sitrus-ooreenkoms met Indië
Die Kabinet verwelkom die ooreenkoms tussen Suid-Afrika en Indië m marktoegang vir Suid-Afrikaanse vars sitrusuitvoere uit te brei, ná bykans ’n dekade se onderhandelinge. Die ooreenkoms bied groter logistieke buigsaamheid aan sitrusprodusente en ondersteun verhoogde uitvoere na Indië, een van die wêreld se grootste en vinnigste groeiende markte.Suid-Afrika is die wêreld se tweede grootste uitvoerder van sitrus, met 2,9 miljoen ton sitrus wat in 2025 uitgevoer is en inkomste van US$2,1 miljard gegenereer het. Die bedryf is ’n belangrike bron van werkskepping regoor die waardeketting, en groter marktoegang sal sy potensiaal vir groei, uitvoere en werkskepping verder versterk.
Verhoging van Suid-Afrika se mededingendheid as ʼn toerisme-, belegging- en sakebestemming
Die Kabinet verwelkom die bekendstelling van Suid-Afrika se elektroniese reismagtigingsplatform as deel van die digitalisering van die visum- en immigrasiestelsel. Die ETA vervang papiergebaseerde visumaansoekprosesse met ’n vinniger en doeltreffender digitale stelsel.Die ETA sal deur biometriese verifiëring en gevorderde tegnologie grenssekuriteit versterk, migrasiebestuur verbeter en Suid-Afrika se mededingendheid as ’n bestemming vir toerisme, sake en belegging verhoog.
2. Bou van sterker internasionale betrekkinge
2.1 Suid-Afrika bied ’n suksesvolle 46ste SAOG-spitsberaad aan
2.1.1 Die Kabinet prys Suid-Afrika vir die suksesvolle aanbieding van die 46ste SAOG-spitsberaad in Durban, wat die land se aanvaarding van die SAOG-voorsitterskap ingelui het. Suid-Afrika se voorsitterskap fokus op die tema: “Veerkragtige, volhoubare en inklusiewe industrialisasie deur infrastruktuurontwikkeling, landbou- en kritiese minerale-transformasie in die strewe na ’n regverdige wêreld.”
2.1.2 Die spitsberaad het verslae oor verskeie belangrike streeksake ontvang en oorweeg. Dit sluit in die implementering van die Streeks Aanduidende Strategiese Ontwikkelingsplan (RISDP) 2020–2030, wat daarop gemik is om vrede en veiligheid te bevorder en ekonomiese ontwikkeling, gesondheidsdienste en infrastruktuur in die streek te verbeter. Die spitsberaad het ook kennis geneem van vordering met die ontwikkeling van die Noord-Suid Ekonomiese Korridor (NSEK). Daar is verder ooreengekom dat minstens drie hoë-impakprojekte of -gebiede vir bespreking tydens die volgende vergadering van die ministerraad geïdentifiseer moet word.
2.1.3 Suid-Afrika het die spitsberaad ook ingelig oor migrasiebestuur in die land en die behoefte aan dialoog oor dié kwessie, met inbegrip van die faktore wat migrasie aanmoedig en ontmoedig, asook verwante veiligheidskwessies.
2.2 Vierde sessie van die SA-Zimbabwe binasionale kommissie
2.2.1 Die Kabinet prys die sukses van die vierde SA-Zimbabwe Binasionale Kommissie, wat bilaterale samewerking hersien en die bande tussen die twee lande verder versterk het.
2.2.2 Die Kabinet neem kennis dat Zimbabwe steeds een van sy grootste handelsvennote in Afrika is, met bilaterale handel ter waarde van R81 miljard in 2025.
2.2.3 Die vierde sessie het tog ses nuwe samewerkingsooreenkomste gelei. Dit sluit ’n memorandum van ooreenkoms oor die interstaatlike oordrag van gevonniste gevangenes in, asook ooreenkomste oor diplomasie, landbou, kuns en kultuur en die bemagtiging van vroue. Die ooreenkomste sal streeksintegrasie en ekonomiese transformasie bevorder.
3 Ballingskaprepatriasieprogram
3.1 Angola-fase van Suid-Afrika se ballingskaprepatriasieprogram
3.1.1 Die Kabinet verwelkom die bekendstelling van die Angola-fase van Suid-Afrika se vyfjaar-ballingskaprepatriasieprogram om die oorskot van Suid-Afrikaners wat tydens die bevrydingstryd in ballingskap oorlede is, op te spoor en na Suid-Afrika te repatrieer.
3.1.2 Die Kabinet neem kennis daarvan dat die grootste konsentrasie van Suid-Afrikaners in ballingskap in Angola was, met meer as 400 moontlike grafte wat identifiseer is.
3.1.3 Die Kabinet doen ʼn beroep op families wie se geliefdes tydens die bevrydingstryd oorlede is, verdwyn het of in Angola begrawe is, om by die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA) via die SAEHA ballingrepatriasieportaal https://www.sahra.org.za/exile-repatriation/ te registreer.
3.1.4 Families wat hulp benodig, kan by SAEHA-kantore, Freedom Park, kantore van die nasionale departement van sport, kuns en kultuur en ook deur strukture vir militêre veterane registreer
3.2 Suid-Afrika repatrieer oorskot van Namibiese bevrydingshelde
3.2.1 Die Kabinet verwelkom die repatriasie van die oorskot van 86 Namibiërs, insluitend die bevrydingshelde Festus Nehale en Simon Niilenge, wat in aanhouding oorlede is nadat hulle op Robbeneiland opgesluit is.
3.2.2 Die Kabinet verwelkom die repatriasie as ʼn betekenisvolle gebaar vir herstellende geregtigheid wat bevrydingshelde eer en berusting aan hul nageslag bied.
B. Kabinetsbesluite
1. Wysigings aan die artikels van ooreenkoms van die Internasionale Bank vir Rekonstruksie en Ontwikkeling
1.1 Die Kabinet het die tertafellegging van die voorgestelde wysigings aan die parrlement van die voorgestelde wysigings aan die Artikels van Ooreenkoms van die Internasionale Bank vir Rekonstruksie en Ontwikkeling (IBRD) goedgekeur. Die wysigings het ten doel om die bank se leningskapasiteit te vergroot en wêreldwye en streeksontwikkelingsprioriteite te ondersteun.
1.2 Die wysigings vorm deel van die omvattende G20-goedgekeurde hervormingsagenda vir multilaterale ontwikkelingsbanke om die finansiële kapasiteit en operasionele buigsaamheid van dié banke te versterk. Bekragtiging deur Suid-Afrika sal die land se ontwikkelingsprioriteite ondersteun deur toegang tot finansiering teen voorkeurvoorwaardes vir volhoubare ontwikkeling te verbeter.
2. 2025/26 jaarverslae oor die implementering van die Wysigingswet op Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007 (Wet 32 van 2007)
2.1 Die Kabinet het die voorlegging aan die parlement van die 2025/26-jaarverslae oor die implementering van die Wysigingswet op Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007 (Wet 32 van 2007), goedgekeur.
2.2 Die Kabinet het y kommer oor die steeds hoë voorkoms van verkragting en ander seksuele oortredings, ondanks verskeie regeringsingrypings, uitgespreek en opdrag gegee dat multidissiplinêre inisiatiewe ingevolge die Nasionale Strategiese Plan oor Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord verskerp word.
2.3 Die verskerping van ʼn ’n gekoördineerde reaksie op seksuele misdrywe behels die strafregpleging-, gesondheids-, maatskaplikeontwikkelings- en onderwyssektore en sluit die versterking van voorkomingsmaatreëls, slagofferondersteuning, aanspreeklikheid van oortreders en die beskerming van weerlose groepe in.
3. 2025/26 jaarverslae oor die implementering van die Wet op Kindergeregtigheid, 2008 (Wet 75 van 2008)
3.1 Die Kabinet het die voorlegging aan die parlement van die 2025/26 jaarverslae oor die implementering van die Wet op Kindergeregtigheid, 2008 (Wet 75 van 2008) vir die tydpkerk 1 April 2025 tot 31 Maart 2026 goedgekeur.
3.2 Die Kabinet het opdrag gegee dat verdere pogings aangewend moet word om die gekoördineerde benadering te versterk en kinderoortreding te voorkom.
A. Opdaterings aan die Kabinet
1. Implementering van die munisipale prestasie-omkeerstrategie
1.1 Die Kabinet is ingelig oor die vordering van die interministeriële komitee (IMK) met die implementering van die munisipale prestasie-omkeerstrategie om uitdagings in munisipaliteite wat onder druk verkeer, aan te spreek.
1.2 Die ingryping is van die oorspronklike 10 tot 38 munisipaliteite uitgebrei en fokus op die verbetering van finansiële lewensvatbaarheid, bestuur, dienslewering, oudituitkomste en institusionele kapasiteit.
1.3 Die IMK ondersteun grondwetlike ingrypings waar bestaande ondersteuningsmaatreëls onvoldoende is.
2. Verbetering van grensinfrastruktuur
2.1 Die Kabinet het die Grensinfrastruktuurverbeteringsplan (2026–2030) goedgekeur. Die plan het ten doel om Suid-Afrika se grensinfrastruktuur as deel van die regering se omvattende migrasiebestuurstrategie te versterk en te moderniseer .Die plan sal in al sewe grensprovinsies geïmplementeer word en is daarop gemik om grenssekuriteit, patrolliemobiliteit, operasionele reaksietye, personeelveiligheid, infrastruktuurinstandhouding en interregeringskoördinering te verbeter, terwyl onwettige grensoorsteking bekamp word.
3. Stand van gereedheid vir die 2026 plaaslike regeringsverkiesings
3.1 Die Kabinet is ingelig oor die stand van gereedheid vir die 2026-plaaslike regeringsverkiesings (PRVs) en het kennis geneem van die vordering met die voorbereidings vir die verkiesing, wat op 4 November 2026 sal plaasvind.
3.2 Die Kabinet het kennis geneem datkoördineringsmeganismes regoor die nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlakin plek is om ʼn vrye, regverdige, geloofwaardige en vreedsame verkiesingsproses te ondersteun.
3.3 Die Kabinet verwelkom die voortgesette maatreëls om kiesersdeelname te bevorder, die verspreiding van waninligting te voorkom en operasionele gereedheid te verseker. Die Kabinet moedig alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners aan om aan die demokratiese proses deel te neem deur hul reg om te stem uit te oefen.
3.4 Die Kabinet het die onlangse moord van raadslede ten sterkste veroordeel en en wetstoepassingsagentskappe geloof vir hul vinnige optrede om die oortreders van hierdie gruwelike misdade op te spoor.
3.5 Die Kabinet doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om politieke verdraagsaamheid te handhaaf en intimidasie, geweld en enige gedrag wat die integriteit van die verkiesingsproses ondermyn, te verwerp namate die land gereedmaak vir die 2026=plaaslike regeringsverkiesings op 4 November 2026.
4. Nuutste inligting oor die Kantoor vir Watervennootskappe
4.1 Die Kabinet is op hoogte gebring van die die werk van die Kantoor vir Watervennootskappe (KWV), wat munisipaliteite ondersteun om waterdienslewering deur vennootskappe met die private sektor te verskerp.
4.2 As deel van die program vir nie-inkomstegenererende water het die KWV die eThekwini-munisipaliteit gehelp om R379 miljoen oor ʼn tydperk van ses jaar te verkry om waterverlies te beperk. Die KWV eThekwini ondersteun die Stad Tshwane met implementering van die program.
4.3 As deel van die waterherverbruikprogram het 34 munisipaliteite klimaatsrisiko-assesserings voltooi. Daarbenewensis S$235 miljoen is van die Green Climate Fund verkry om waterherverbruikprojekte te ondersteun.
4.4 Die KWV ontwikkel tans ’n sanitasie-obligasie en -fonds ter ondersteuning van nie-rioolgebaseerde sanitasietegnologieë in informele nedersettings en skole.As deel van die seewaterontsoutingsprogram is ʼn voorgestelde plan aan die Stad Kaapstad voorgelê ter ondersteuning van die Paarden-eiland publieke-private-vennootskap vir seewaterontsouting.
B. Wetsontwerpe
1. Wysigingswetsontwerp op Tweedehandse Goedere, 2026
1.1 Die Kabinet het die publikasie van die Wysigingswetsontwerp op Tweedehandse Goedere 2026 vir openbare kommentaar goedgekeur. Die wetsontwerp het ten doel om die regulering van die tweedehandsegoederesektor, wat ook met die hergebruik- en sirkulêre ekonomie verband hou, te versterk en reguleringsgapings te sluit om die handel in gesteelde goedere, infrastruktuurvandalisme, kabeldiefstal en onwettige skrootmetaalhandel te bekamp.
2. Wysigingswetsontwerp op Veediefstal, 2026
2.1 Die Kabinet het die publikasie van die Wysigingswetsontwerp op Veediefstal,2026 vir openbare kommentaar goedgekeur. Die wetsontwerp het ten doel om maatreëls vir die voorkoming, ondersoek en vervolging van veediefstal te versterk, die regulering van eiendomsreg en besit van lewende hawe te verskerp en die beskerming van die landbousektor te verbeter.
3. Wetsontwerp op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag, 2026
3.1 Die Kabinet het die publikasie van die Wetsontwerp op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag2026 vir openbare kommentaar goedgekeur. Die wetsontwerp wysig die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag (Wet 82 van 1998) om etiese standaarde en verantwoordbaarheid te versterk, die rol van die Openbare Beskermer te verduidelik en die bestuur van botsende belange en die onbehoorlike gebruik van die openbare ampte te verbeter.
C. Aanstellings
Alle aanstellings is onderhewig aan die verifikasie van kwalifikasies en toepaslike sekuriteitsklarings.
1. Dr. Thembisile Lynette Xulu is aangestel as direkteur-generaal van die nasionale departement van gesondheid.
2. Me. Blikis Omar is aangestel as die adjunkdirekteur-generaal in die siviele sekretariaat vir die polisiediens.
3. Me. Prudence Madiba as aangestel as hoofuitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Energieontwikkeling.
4. Me. Babalwa Mapisa is aangestel as die hoof finansiële beampte van die Nasionale Behuisingsfinansieringskorporasie.
5. Aanstelling van nie-uitvoerende lede tot die direksie van die Padverkeersbestuurskorporasie
a. Me. Nomusa Mufamadi (voorsitter);
b. Me. Lerato Magalo (heraanstelling);
c. Me. Lindani Agness Mncwango;
d. Mnr. Tshepiso Poho;
e. Me. Nomkhita Mona;
f. Mnr. Gift van Staden;
g. Me. Malebo Matolong; en
h. Dr. Mpostol Mashinini.
6. Aanstelling van deeltydse reguleerderlede van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika
a. Me. Sijabulile Makhathini;
b. Mnr. Dharamraj Brijlal; en
c. Me. Nompucuko Nontombana.
7. Heraanstelling van die voorsitter en ondervoorsitter van die raad van die Nasionale Instituut vir Radioaktiewe Afvalverwydering
a. Dr. Lemao Dorah Modise (heraanstelling en voorsitter);
b. Dr. Wolsey Barnard (heraanstelling en adjunkvoorsitter); en
c. Mnr. Ashley Latchu.
8. Mnr. Graham Ian Wood is aangestel as die voorsitter van die Suid-Afrika Toerismeraad.
D. Gebeure en konferensies
1. 18de BRICS-spitsberaad
1.1 President Cyril Ramaphosa sal Suid-Afrika se afgevaardigdes na die 18de BRICS-spitsberaad, wat op 12 en 13 September 2026 in Indië plaasvind lei. Die spitsberaad word aangebied onder die tema: “Bou vir veerkragtigheid, innovasie, samewerking en volhoubaarheid”.
1.2 Die spitsberaad sal Suid-Afrika die geleentheid bied om sy nasionale en Afrika-ontwikkelingsprioriteite te bevorder en terselfdertyd samewerking, handel, belegging en volhoubare ontwikkeling binne die BRICS-handelsblok te versterk.
2. Wêreldbank-groep en Internasionale Monetêre Fonds se jaarlikse vergadering van die Afrika-koukus, 2027
2.1 Die Kabinet het goedgekeuring verleen dat Suid-Afrika die jaarlikse vergadering van die Wêreldbank-groep (WBG) en Internasionale Monetêre Fonds (IMF) se Afrika-koukus in 2027 aanbied in sy hoedanigheid as voorsitter van die Afrika-koukus. Die vergadering sal Suid-Afrika in staat stel om Afrika se ontwikkelingsprioriteite te bevorder en die kontinent se stem in globale finansiële bestuur te versterk. Suid-Afrika sal ook die geleentheid benut om die ervaring wat tydens sy G20-presidentskap opgedoen is, in te span om Afrika se prioriteite en betrokkenheid by die WBG en IMF te bevorder.
3. Spesiale vergadering van die Wêreld-Ekonomiese Forum
3.1 Die Kabinet het goedgekeuring verleen dat Suid-Afrika die spesiale vergadering van die Wêreld-Ekonomiese Forum (WEF) van 27 tot 29 Maart 2027 in Kaapstad aanbied. Dit sal die eerste keer wees dat die sogenaamde “Lente-Davos” in Suid-Afrika plaasvind en bied ’n geleentheid om belegging, handel, ekonomiese samewerking en volhoubare ontwikkeling te bevorder.
4. Afrika-spitsberaad vir groenwaterstof, 2026
4.1 Die Kabinet het het goedgekeur dat Suid-Afrika die tweede Afrika-spitsberaad vir groenwaterstof op 15 en 16 September 2026 in Kaapstad aanbied. Die beraad sal ’n platform bied om Afrika se groenwaterstofekonomie deur samewerking tussen regerings, beleggers en sektorvennote te bevorder.
4.2 Die spitsberaad sal ook Suid-Afrika se groenwaterstofambisies ondersteun deur industrialisasie, belegging, tegnologie-oordrag, vaardigheidsontwikkeling en toegang tot ontluikende groenwaterstofmarkte te bevorder.
5. Internasionale konferensie oor toegang tot geregtigheid vir almal
5.1 Die Kabinet het goedgekeur dat Suid-Afrika die internasionale konferensie oor toegang tot geregtigheid vir almal en die reaksie op opkomende ontwikkelings aanbied. Die konferensie sal van 11 tot 13 November 2026 by die Sun City-konferensiesentrum in Noordwes plaasvind onder die tema: “Versterking van mensgesentreerde regstelsels: Verdieping van demokrasie”. Die konferensie sal ministers van justisie uit die SAOG-streek, BRICS, Duitsland, Spanje, Kanada, Nederland, die Europese Unie, die Verenigde Nasies en Kenia, asook regspraktisyns, akademici, lede van die burgerlike samelewing en ander belaghebbendes, byeenbring. Dit bied ʼn platform om ontluikende tendense te ondersoek, beste praktyke te deel, vennootskappe te versterk en werkbare aanbevelings te ontwikkel om toegang tot geregtigheid, plaaslik en internasionaalte verbeter.
6. September se nasionale herdenkings en veldtogte
6.1 Die Kabinet het kennis d dat Toerismemaand, Erfenismaand en Staatsdiensmaand in September gevier word.
6.2 Toerismemaand, wat onder die tema “Die groei van Suid-Afrika se toerisme in die digitale era”, gevier en moedig Suid-Afrikaners aan om plaaslike bestemmings te deur die Sho’t Left-bemarkingsveldtog te verken en van bekostigbare reispakkette gebruik te maak.
6.3 Erfenismaand word onder die tema “Vier ons lewende erfenis: Versterk die bande wat ons bind” gevier. Dit fokus op Suid-Afrika se diverse kulture, tradisies en lewende erfenis en bevorder maatskaplike eenheid en waardering vir die land se ryke kulturele diversiteit.
6.4 Staatsdiensmaand gee erkenning aan die bydrae van staatsamptenare tot ontwikkeling en dienslewering en bevorder professionalism, anspreeklikheid, innovasie en uitnemendheid in die Staatsdiens.
6.5 Die Kabinet moedig alle Suid-Afrikaners aan om deel te neem aan aktiwiteite ter viering die maande deel te neem en die waardes, mense en instellings wat tot nasiebou en maatskaplike vordering bydra, te ondersteun.
7. SAPD se nasionale gedenkingdag
7.1 Die SAPD sal die nasionale gedenkdag op Sondag6 September 2026 aanbied ter ere van alle SAPD-lede wat tussen 1 April 2025 en 31 Maart 2026 in die uitvoering van hul plig hul lewens verloor het.Die geleentheid sal by die Polisiemonument by die Uniegebou in Pretoria plaasvind.
8. Boodskappe
1. Medelye
Die Kabinet betuig hul diepste medelye met die vriende en familie van:
• Regter Fikile Eunice Mokgohloa, wat ʼn voortreflike diens aan die regspleging van ons land gelewer het. Sy het tydens haar dood in die Hoogste Hof van Appè gedien.
• Die regering en mense van Zimbabwe, na aanleiding van die verlies van 93 lewens in ʼn veerbootongeluk op Kariba-meer.
• Die regering en mense van Die Demokratiese Republiek van die Kongo, na aanleiding van ’n gerapporteerde dodetal van meer as 2000 weens die huidige Ebola-virusuitbraak in die oostelike deel van die DRK .
• Tlotlo Tsheka, ʼn sewejarige skrywer, illustreerder en geletterdheidsambassadeur, asook die uitgewer van drie boeke, wat oorlede is terwyl sy aan haar vierdie boek gewerk het.
Mnr Sipho Nkumane, voormalige spanbestuurder van Bafana Bafana, wat vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse sokker onthou sal word.Mnr Zolani Tete, voormalige bokswêreldkampioen wat die wêreldtitel twee keer verower het en onthou sal word vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse boks.
9. Gelukwense
• Die Kabinet wens die volgende persone geluk:Die regeringskommunikasie- en inligtingstelsel (GCIS), wat die Openbare Sektor Ikoon-toekenning ontvang het ter erkenning vir die departement se leierskap, institusionele rentmeesterskap en bydrae tot nasionale transformasie.
• Mnr. Siyabulela Duda van die GCIS, wie die tweede plek et in die foto-kategorie van die 2026 SAOG-mediatoekennings behaal het, en mnr. Seakga Relebogile Tladi van Sputnik Radio Africa, wat die tweede plek in die radiokategorie behaal het. Die toekennings gee erkenning aan uitnemendheid in joernalistiek en bydraes tot die bevordering van streeksintegrasie, ontwikkeling en samewerking binne die SAOG.
• Suid-Afrika se sportgemeenskap, na aanleiding van die uitstekende prestasies wat tydens die 2026 Suid-Afrikaanse Sport-toekenningsaand erken is, met besondere gelukwense aan
o Mnr. Akani Simbine, wat as sportster van die jaar angewys is.
o Ms Prudence Sekgodiso wat as sportvrou van die jaar aangewys is.
o Mnr. Pieter Coetze, wat as sportman van die jaar aangewys is.
o Mnr Bayanda Walaza, wat as Jeug-/Juniorsportster van die Jaar aangewys is..
o Die Protea-manskrieketspan wat as talent van die jaar aangewys is.
o Banyana Banyana, wat tot die FIFA interkonfederasie-uitspeeltoernooi deurgedring het en sodoende die hoop lewend hou om vir die 2027 FIFA-vrouewêreldbeker tekwalifiseer.
• Die Suid-Afrikaanse nasionale vrouehokkiespan, wat sy eerste sege in die FIH-vrouehokkiewêreldbeker behaal het.
• Linani Potwana, wat op sesjarige ouderdom as kampioen by die IPA All-Star-kompetisie in Wuhan, China, aangewys is, waar deelnemers uit meer as 40 lande meegeding het.
• Die ontvangers en wenners van die 2026 Suid-Afrikaanse Vroue in Wetenskap-toekennings (SAWiSA) vir hul bydraes tot die bevordering van Suid-Afrika se wetenskap-, tegnologie- en innovasieagenda.
Navrae:
Regeringskommunikasie- en inligtingstelsel (GCIS)
Kontak: Mnr. Terry Vandayar, waarnemende Direkteur-Generaal
Selfoon: 082 444 9092

