Verklaring oor die Kabinetsvergadering van 6 Augustus 2014

1. Vrouemaand/Nasionale Vrouedagvieringe

1.1. Die Kabinet verwelkom die planne vir die Nasionale Vrouedagvieringe en alle aktiwiteite wat gedurende Augustus beplan word. President Jacob Zuma sal die nasionale byeenkoms lei wat op 9 Augustus 2014 by die Koning Zwelithini-stadion in Umlazi, KwaZulu-Natal, gehou sal word. Die tema van die geleentheid is: "Die viering van die 60ste herdenking van die Vrouehandves en 20 Jaar van Vryheid: saam beweeg ons 'n nierassige en nieseksistiese Suid-Afrika vorentoe."

As deel van die Vrouemaandvieringe gaan die Regering verskeie geleenthede aanbied om vroue in verskillende sektore en die prestasies wat ons as 'n land gemaak het, uit te lig. Die geleenthede sluit die Vroue-toekennings in Konstruksie (14 Augustus), Vroue in Wetenskap-toekennings (15 Augustus), Vroueboer van die Jaar-toekennings (22 Augustus) en Vroue in Water-toekennings (29 Augustus).

As deel van die vieringe het die Minister van Menslike Nedersettings saam met die provinsiale LUR'e tydens die spesiale vergadering (Minmec) op 4 Julie 2014 'n program goedgekeur om 1 956 huise in elk van die nege provinsies te lewer. Die program bring hulde aan die vroue wat in 1956 na die Uniegebou opgemarseer het uit protes teen die paswette.

Die eerste bekendstelling van die program het op 4 August 2014 by die Ratanda township in die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit, Gauteng, plaasgevind. Vroue gaan sowat 17 604 huise bou en die begunstigdes sal ook vroue, bejaardes en kinders aan die hoof huishoudings wees, soos bepaal deur die Minister van Menslike Nedersettings, Lindiwe Sisulu, tydens haar onlangse begrotingsrede.

Die Kabinet doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaners om die programme en aktiwiteite vir Vrouemaand te ondersteun om te verseker dat die prestasies van vroue gevier word. Die program vir Nasionale Vrouemaand is aangeheg.

2. Implementering van sleutelprogramme

Die Kabinet verwelkom en waardeer die vordering wat gemaak is met die implementering van die belangrikste regeringsprogramme wat ons verbintenis om Suid-Afrika vorentoe te beweeg, weerspieël.

2.1. Die opening van die Transnet-treinwaopknappingsaanleg van R30 miljoen op De Aar in die Noord-Kaap sal die plaaslike ekonomie stimuleer en die lewens-omstandighede van die gemeenskap verbeter. Meer as 100 regstreekse werk-geleenthede is reeds geskep en 'n verdere 300 poste word verwag. Die treinwa-opknappingsaanleg vorm deel van Transnet se infrastruktuurplan van R300 miljard om die land se spoorweë, pyplyn- en hawenetwerk te verbeter, wat 588 000 nuwe werk-geleenthede sal skep.

Jong mense in die gebied sal ook baat by die ontwikkeling van 'n veeldoelige area vir die jeug.  Die projek vorm deel van 'n aantal regerings-infrastruktuurprojekte wat deur die Presidensiële Infrastruktuur-koördineringskomitee gekoördineer word.

2.2. As deel van die Regering se veldtog om die Suid-Afrikaanse vervaardigingsbedryf uit te brei, om sodoende die land se nywerheidsvermoë te verhoog en broodnodige werkgeleenthede te skep, is 'n fabriek van R80 miljoen in Epping, Kaapstad, onlangs oopgemaak. Die fabriek vir 120 MW fotovoltaïse modules is amptelik op 6 Augustus 2014 deur Jinko Solar, 'n Chinese multinasionale maatskappy geopen. Dit vorm deel van die bekendstelling van die Suid-Afrikaanse Program vir Onafhanklikheid Kragprodusente van Hernubare Energie (REIPPP). Die aanleg sal na verwaging 1 300 sonpanele per dag produseer en 'n verwagte omset van R600 miljoen per jaar genereer. Sedert die ontstaan van die program het Jinko Solar sonpanele van meer as 300 MW vervaardig, wat 'n markaandeel van sowat 30% verteenwoordig.

Die aanleg, die nuutste en modernste van sy soort op die vasteland, sal na verwagting 120 MW teen die einde van die jaar produseer. As deel van die Regering se veldtog om die Suid-Afrikaanse vervaardigingsbedryf uit te brei, om sodoende die land se nywerheidsvermoë te verhoog en broodnodige werkgeleenthede in Epping te skep. Die groen ekonomie is as 'n belangrike fokusarea in die Industriële Beleidsaksieplan aangewys en bied verskeie geleenthede vir werkskepping en plaaslike ekonomiese groei.

2.3. Die Kabinet is tevrede met die bekendstelling van die Sentrum van Uitnemendheid van Hernubare Energie in Upington, Noord-Kaap – nog 'n inisiatief om Suid-Afrika om vorentoe te beweeg. Die sentrum is die gevolg van goeie samewerking tussen die akademie, die private sektor en die Regering op die gebied van hernubare energie. Die sentrum sal navorsing, ontwikkeling en innovering in die energie-sektor ondersteun, wat beleidsbesluite vorm en die ontwikkeling van menslike kapitaal ondersteun. Dit sal wesentlik tot die uitbreiding van die Groen Ekonomie bydra asook die transformasie van die vaardigheidsprofiel van die provinsie en streek. Hernubare energie bied talle opwindende beleggingsvooruitsigte, insluitend grootskaalse werkgeleenthede.

2.4. Die Kabinet verwelkom die bekendstelling op 5 Augustus 2014 van die projek vir die ontwikkeling van waterstofbrandstofseltegnologie om elektrisiteit op te wek, die hoogtepunt van indringende en produktiewe beraadslagings tussen die Regering en die Anglo-Ballard-vennootskap. Die projek om krag deur middel van brandstofsel-tegnologie op te wek, is die eerste van sy soort ter wêreld.

Die ontwikkeling en toepassing van die tegnologie om die energiewaardeketting plaaslik te bevorder, veral wat betref die gebruik van brandstofsel-tegnologie as 'n alternatiewegenerasie-tegnologie, is veral interessant. Die projek sal die industrialisering van Suid-Afrika se ekonomie verbeter en ons in staat stel om die koolstof-intensiteit van die ekonomie te verminder en 'n betekenisvolle bydrae tot werkskepping te maak.

3. Sleutelkabinetsbesluite

3.1. Die Kabinet het Suid-Afrika se eerste vervoersektoraanbod onder die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se onderhandelings in handel in dienste goed-gekeur. Hierdie sektor is noodsaaklik vir Suid-Afrika se groei en vooruitsigte vir werkskepping, sowel as intermediêre insette vir goederehandel en as 'n verhandelbare diens in eie reg. Intra-plaaslike integrasie van vervoer kan kommersieel waardevolle bemarkingsgeleenthede vir Suid-Afrikaanse diensverskaffers genereer asook beleg-gings in die vervoersektor in die streek. Aangesien inkomste deur die uitvoer van dienste binne waardekettings gegenereer word, kan Suid-Afrikaanse maatskappye kommersiële voordele bekom en terselfdertyd tot die ontwikkeling van die plaaslike vervoersektor bydra.

 

3.2. Die Kabinet is ingelig oor die uitkomste van die 2013-renostersensus wat in die Krugerwildtuin gedoen is en het die aanbevole strategiese ingrypings om die renosterbevolking te beveilig, goedgekeur. Die Minister van Omgewingsake sal in 'n latere stadium 'n aparte mediakonferensie oor hierdie saak hou.

3.3. Die Kabinet het die nuwe Zimbabwiese bedelingsproses goedgekeur. Die Minister van Binnelandse Sake sal 'n aparte mediakonferensie hou en besonderhede van proses bekendmaak.

3.4. Die Kabinet het goedgekeur dat 'n volledige hersiening van Provinsiale Ontwikkelings-finansieringsinstellings (PDFI's) gedoen word, gegrond op bevindinge en aanbevelings van 'n assesseringsoorsig van die Nasionale Tesourie om die huidige finansiële status en ontwikkelingsdoeltreffendheid te evalueer. Die volskaalse hersiening van die PDFI's sal help om te verseker dat hul mandate gekoördineerde en doeltreffende onder-steuning van die Regering se maatskaplike en ekonomiese beleidsdoelwitte bied en doeltreffende toewysing en gebruik van die regeringshulpbronne verseker.

3.5. Die Kabinet het die vordering wat gemaak is met die Omkeerstrategie om die Departement van Openbare Werke en die Uitsluitingsverslag van die Stabiliseringsfase verwelkom. Die Kabinet is tevrede met die vordering wat gemaak is om 'n omkeer in die departement teweeg te bring. Die Minister van Openbare Werke sal 'n afsonderlike mediakonferensie hou om die besonderhede van die verslag te verduidelik.

4. Kabinet se posisie oor huidige kwessies

4.1. Die Kabinet verwelkom die Wysigingswet op Diensbillikheid wat op 1 Augustus 2014 in werking getree het. Die gewysigde wet bevorder transformasie, skoner arbeidspraktyke en bied beskerming teen onregverdige diskriminasie. Dit versterk verder die implementering en handhawingsmeganismes deur byvoorbeeld hoër boetes vir nie-nakoming. Die Kabinet doen 'n beroep op werkgewers om aan die bepalings van die wet te voldoen en met die Regering saam te werk om die werkplek te omvorm. Die Departement van Arbeid gaan roetevergaderings hou om  die publiek in te lig oor billike indiensneming en die invloed daarvan.

4.2. Die Kabinet wens Suid-Afrika se atlete geluk met hul uitstaande prestasie by die Statebondspele in Glasgow, Skotland, waar hulle onderskeidelik 13 goue, 10 silwer- en 17 brons medaljes gewen het. Suid-Afrika het die sewende plek in die medalje-ranglys behaal en het die beste in Afrika presteer. Die Kabinet doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om die prestasies van ons atlete op Vrydag 8 Augustus 2014 te vier wanneer die oopdakbus om 11:00 die atlete van Olympic Huis in Johannesburg sal vervoer.

4.3. Die Kabinet wens ook die nasionale krieketspan (Proteas) onder leiding van kaptein Hashim Amla geluk met vir die oorwinning van die toetsreeks in Sri Lanka en dat hulle nou weer die eerste plek op die Internasionale Krieketraad se wêreldtoetsranglys beklee.

4.4. Die Kabinet wens Zolani "Last Born" Tete geluk met sy oorwinning in die Internasionale Boksfederasie (IBF) se junior kapokgewig in Japan.

4.5. Die Kabinet deel sy meegevoel aan die familie en vriende van die man wat Dinsdag sy lewe verloor het in die aardbewing Dinsdag en wens die beseerdes 'n spoedige herstel toe. Deur die Nasionale Rampbestuur skenk die Regering tans aandag aan die betrokke gemeenskappe.

5. Komende gebeure

5.1 President Jacob Zuma gaan op 17 en 18 Augustus 2014 die 34ste Gewone Spitsberaad van Staatshoofde en Regering van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) in Victoria Falls, Zimbabwe, bywoon. Die SAOG is steeds die belangrikste platform vir Suid-Afrika se buitelandse beleid oor plaaslike ontwikkeling en integrasie. Belangrike kwessies wat op die beraad bespreek gaan word, sluit in die oorsig van die Indikatiewe Strategiese Ontwikkelingsplan, die SAOG Visie 2050, SAOG-tribunaal en die voedsel-en-voedingstrategie en streekslandboubeleid.

5.2 Die eerste mynbou-lekgotla sal op 13 en 14 Augustus 2014 by Gallagher Landgoed, Johannesburg, plaasvind onder die tema: "Bou op die bydrae van mynbou sedert die koms van demokrasie: Ons erken die verlede en bou aan die toekoms." Die lekgotla maak voorsiening vir strategiese interaksie tussen belanghebbendes in die Suid-Afrikaanse mynbedryf en ander rolspelers. Die Kabinet moedig almal uit om saam te werk aan die implementering van die Raamwerkooreenkoms vir Volhoubare Mynbou en bevestig dat die Regering voldoening aan die Mynbouhandves sal monitor.

5.3 Die Sentrum vir Staatsdiensinnovering sal op 19 en 20 Augustus 2014 die agtste Konferensie oor Staatsdiensinnovering in Kaapstad hou onder die tema, "Die bou van innoverende staatsmasjinerie vir maksimale diensleweringsimpak." Die Kabinet wens afgevaardigdes suksesvolle beraadslaging toe aangesien innovering in die staatsdiens noodsaaklik is om ons te help om Visie 2030, soos uiteengesit in die Nasionale Ontwikkelingsplan, te bereik. Die Kabinet loof alle genomineerdes vir die Staatsdiens-innoveringstoekennings, wat innovering beloon wat die lewens van alle Suid-Afrikaners verbeter.

6. Aanstellings

6.1 Die Kabinet erken die aanstelling van die volgende nie-uitvoerende direkteure om op die Raad van die Uitvoerkredietversekeringskorporasie van Suid-Afrika SOC Beperk te dien:

a) Me Andiswa Mosai
b) Mnr Lefentse Cuitzen Radikeledi (Nasionale Tesourie-verteenwoordiger).

6.2 Die Kabinet erken die aanstelling van die volgende nie-uitvoerende lede om op die raad van die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde te dien:

a) Mnr Jeff Molobela (voorsitter)
b) Me Doris Elekanyani Ndlovu
c) Nivashnee Naraindath
d) Anna-Marie Lotter (dti-verteenwoordiger)
e) Dr Michael John Ellman (heraanstelling)
f) Me Venete Klein Jarlene (heraanstelling),
g) Mnr Webster Masvikwa (heraanstelling)
h) Mnr Guy Harris (heraanstelling).

Navrae:
Phumla Williams
Waarnemende Kabinetwoordvoerder
Skakel: 083 501 0139

Share this page

Similar categories to explore