A. Sake in die omgewing
1. Internasionale betrekkinge
1.1. Suid-Afrika se presidentskap van die Groep van Twintig (G20)
1.1.1. Suid-Afrika se presidentskap van die G20 met die tema ‘Solidariteit, Gelykheid en Volhoubaarheid’ het in alle erns begin met die suksesvolle afsluiting van die eerste G20-vergadering vir buitelandse ministers in Johannesburg van 20 tot 21 Februrie 2025, en die eerste G20-vergadering van ministers van finansies en goewerneurs van sentrale banke, in Kaapstad van 26 tot 27 Februarie.
1.1.2. Die eerste vergadering van G20 ministers van buitelandse sake was ’n geleentheid vir die ministers van buitelandse sake om oor wêreldwye geopolitieke uitdagings te besin en maniere voor te stel hoe die G20 kan bydra om oplossings hiervoor te vind. Die vergadering steun Suid-Afrika se benadering tot die bestuur van geopolitieke kwessies, sowel as die prioriteite vir sy G20-presidensie en hoëvlak-eindprodukte en het die rol van die G20 as die voorste forum vir internasionale ekonomiese samewerking herbevestig.
1.1.3. Suid-Afrika het hierbenewens die volgende werkgroepe suksesvol aangebied:
1.1.3.1. Eerste Onderwyswerkgroep (12-13 Februarie 2025, virtueel). Die doel van die vergadering was om konsesus te bereik oor drie van die werkgroep se prioriteite, naamlik: (a) Prioriteit 1: Gehalte grondslagfaseonderrig: die rol van vroeë kindersorg en onderwys om die gehalte van grondslagleer te verbeter; (b) Prioriteit 2: Wedersydse erkenning van kwalifikasies in 'n globale konteks; en Prioriteit 3: Professionele onderwysontwikkeling vir 'n veranderende wêreld.
1.1.3.2. Eerste Werkgroep vir Vrouebemagtiging (17-18 Februarie 2025, virtueel). Deelnemers aan die werkgroep het Suid-Afrika se prioriteite vir vroueregte, wat met hul eie nasionale prioriteite belyn is, ondersteun; dit bou op die inisiatiewe en prioriteite van Brasilië se Presidensie.
1.1.3.3. Eerste Werkgroep vir Digitale Ekonomie (17-19 Februarie 2025, virtueel). Die vergaderig het ’n plaform vir Suid-Afrika gebied om konsesus oor die prioriteite van die werkgroep te bereik en te deel. Die vier prioriteite is: (a) Konnektiwiteit vir inklusiewe digitale ontwikkeling; (b) Digitale openbare infrastruktuur en tansformasie; (c) Digitale innovering-ekostelsels: ontketen die potensiaal van mikro-, klein en medium ondernemings; en (d) Billike, inklusiewe en regverdige kunsmatige intelligensie.
1.1.3.4. Eerste vergadering van die G20 Werkgroep vir Indiensneming (18-21 Februarie 2025 in Gqeberha). Hierdie werkgroepvergadering het inklusiewe groei, jeug-indiensneming, geslagsgelykheid, inkomste-ongelykheid en die impak van digitalisering op die toekoms van werk bespreek.
1.1.3.5. Eerste Kultuurwerkgroep (20-21 Februarie 2025, virtueel). Die prioriteite van die werkgroep wat deur al die deelnemers ondersteun is, sluit in: (a) Prioriteit 1: Die beskerming van en die resolusie oor kulturele erfenis om menseregte te beskerm; (b) Prioriteit 2: Integrasie van kulturele beleid in sosiologies-ekonomiese strategieë om inklusiewe regte-gebaseerde ontwikkeling te verseker; (c) Prioriteit 3: Benutting van digitale tegnologieë vir die beskerming en bevordering van kultuur en volhoubare ekonomieë; en (d) Prioriteit 4: Die kruispunte van kultuur en klimaatsverandering: vorming van globale reaksie.
1.1.4. Die volgende vergaderings van G20-werkgroepe en -taakspanne sal van vandag af tot einde Maart 2025 gehou word:
1.1.4.1. Eerste vergadering van die Werkgroep vir Energie-oorgange: 27-28 Februarie 2025 – virtueel.
1.1.4.2. Eerste vergadering van die Werkgroep vir Landbou: 3-4 Maart 2025 – virtueel.
1.1.4.3. Eerste vergadering van die Werkgroep vir Teenkorrupsie: 3-5 Maart 2025 – Kaapstad.
1.1.4.4. Eerste vergadering van die Werkgroep vir Toerisme: 5 Maart 2025 – virtueel.
1.1.4.5. Eerste vergadering van die Werkgroep vir die Vermindering van Ramprisiko's: 5 Maart 2025 – virtueel.
1.1.4.6. Eerste Taakspanvergadering: Voedselsekerheid: 5 Maart 2025 – virtueel.
1.1.4.7. Eerste vergadering van die Werkgroep vir Handel en Belegging: 18-20 Maart 2025 – virtueel.
1.1.4.8. Eerste Taakspanvergadering: Inklusiewe Ekonomiese Groei, Industrialisasie, Indiensneming en Vermindering van Ongelykheid: 17 Maart 2025 – virtueel.
1.1.4.9. Tweede Werkgroep vir Gesondheid: 26-28 Maart 2025 – Durban.
1.1.4.10. Eerste vergadering van die Werkgroep vir Klimaat en Omgewingsvolhoubaarheid: 25-28 Maart 2025 – virtueel.
1.1.5. Toegang tot inligting oor Suid-Afrika as gasheer van verskeie G20-vergaderings en hul uitkomste is beskikbaar by www.g20.org OF www.g20.org.za
1.2. Suid-Afrika-Europese Unie (EU) Politieke Dialoog
1.2.1. Die Kabinet verwelkom die EU se steun vir Suid-Afrika se standpunte, die wêreldwye geopolitiek en ons G20-presidensie se prioriteite ná afloop van die suksesvolle 16de ministeriële politieke dialoog tussen Suid-Afrika en die EU, wat op 19 Februarie 2025 in Kaapstad gehou is.
1.2.2. Die dialoog het ’n geleentheid vir die EU en Suid-Afrika gebied om hul gemeenskaplike verbintenis tot multilateralisme asook die sentraliteit van die reëlgebaseerde internasionale orde en die sentraliteitv van die Verenigde Nasies (VN) se Handves te bevestig. Die partye het verder ooreengekom dat dit noodsaaklik is om die VN se Veiligheidsraad (UNSC) te hervorm en aanvaar die dringende behoefte dat dit meer verteenwoordigend, inklusief, deursigtig, doeltreffend, demokraties en verantwoordbaar gemaak moet word.
1.2.3. Die EU en Suid-Afrika het ook hul samewerking ten opsigte van multilaterale en streeksforums bespreek, met die klem op hul gesamentlike pogings om mensergte en volhoubae ontwikkeling te bevorder en om klimaatsverandering te bespreek. Hulle het ook herbesin oor geleenthede om samewerking en volhoubare waardekettings te versterk, insluitend kritieke roumteriale met die doel om hul onderskeie mededingendheid, ekonomiese sekerheid en anti-koolstofpogings te bevorder.
1.2.4. Die vergadering het ook gedien as ’n voorbereidingsplatfrom vir die opkomende EU-Suid-Afrika Beraad, wat op 13 Maart 2025 in Suid-Afrika gehou word. Besprekingspunte sluit in die verbetering van ekonomiese verhoudinge, regverdige energie-oorskakeling, sekuriteit en verdediging, volhoubare waardekettings en multilaterale samewerking. Die EU is Suid-Afrika se belangrikste bron van regstreekse buitelandse belegging en Suid-Afrika is die EU se grootste handelsvennoot in sub-Sahara Afrika.
1.2.5. Die vergadering het ook die noodsaaklikheid van die EU-Afrika Unie (AU) se Ministeriële Vergadering en Beraad in 2025 beklemtoon.
1.3. AU se Vredes- en veiligheidsraad (PSC) en UNSC-resolusies oor die situasie in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK)
1.3.1. Die Kabinet verwelkom en ondersteun beide die AU PSC en die UNSC se besluite oor die situasie in die oostelike DRK.
1.3.2. Die AU onderskryf die besluite van die Gesamentlike Oos-Afrika Gemeenskap (GOAG) en die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se vergadering, wat 'n onmiddellike skietstilstand vereis, asook die fasilitering van veilige en ongehinderde humanitêre roetes, die onttrekking van alle ongenooide magte uit die oostelike DRK, respek vir die DRK se territoriale integriteit en die deelname van alle staats- en nie-staatsdeelnemers aan politieke dialoog onder die gesamentlike Luanda-Nairobi-proses.
1.3.3. The UNSC-resolusie het alle partye (staats- en nie-staatsdeelnemers) in die oostelike DRK aangemoedig om 'n onmiddellike en onvoorwaardelike skietstilstand te sluit soos versoek deur leiers van die EAC en
SAOG.
1.3.4. Die resolusie vereis verder dat M23-rebellegroepe hulle uit die gebiede wat hulle in die oostelike DRK ingeneem het onttrek, en doen 'n beroep op Rwanda se weermag om hul steun aan die gewapende groep te staak en onmiddellik “sonder voorwaardes” uit Kongolese grondgebied te onttrek.
1.3.5. Die Kabinet wens alle (10) beseerde soldate wat nou medies behandeling op hul tuisbodem, Suid-Afrika, ontvang, spoedige beterskap toe.
1.4. AU-Konvensie oor die beëindiging van geweld teen vroue en meisies (AU-CEVAWG)
1.4.1. Die Kabinet het die AU se aanvaarding van die AU-CEVAWG verwelkom; dit is ’n wetlike instrument wat ten doel het om geweld teen vroue en meisies in Afrika te stuit en uit te wis.
1.4.2. Die AU-CEVAWG het na aanleiding van die historiese besluit deur AU-staatshoofdedie in Februarie 2023 ontstaan tydens die AU-Beraad.
1.4.3. Die konvensie het ten doel om 'n omvattende en wetlik bindende raamwerk vir die voorkoming en uitwissing van alle vorme van geweld teen vroue en meisies regoor Afrika te voorsien. Dit sal bereik word deur die grondoorsake en aandrywers van sulke geweld die hoof te bied, wetlike en institusionele meganismes te versterk en 'n kultuur van respek vir menseregte, geslagsgelykheid en die waardigheid van vroue en meisies te bevorder.
1.4.4. Dit sal ook verseker dat al die betrokke partye ’n gemeenskaplike benadering tot die uitwissing van geweld teen vroue en meisies verskerp.
2. Ekonomie
2.1. Uitstel van voorlegging van die Nasionale Begroting
2.1.1. Die Kabinet beklemtoon dat die voorlegging van die Nasionale Begroting van 19 Februarie tot 12 Maart 2025 uitgestel is weens pogings deur die Kabinet om gesamentlik oor ons land se befondsingsuitdagings binne ’n beperkte fiskale omgewing te beraadslaag.
2.1.2. Die Kabinet verseker Suid-Afrikaners dat beraadslaging binne die Kabinet oor die 2025 Nasionale Begroting voortgaan om die beste maniere te bepaal om ons nasionale prioriteite te finansier en te seker te maak dat die begroting die aspirasies van alle Suid-Afriknaers weerspieël.
2.1.3. Hoewel die uitstel die eerste in Suid-Afrika se geskiedenis is, is dit nie buite die norm in ander jurisdiksies nie en is dit steeds binne die bepalings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet 1 van 1999).
2.2. Kwartaallikse arbeidsmagopname
2.2.1. Die Kabinet verwelkom die opwaartse trajek in werkskepping ná die tweede agtereenvolgende daling in die werkloosheidsyfer. Dit is die laagste koers sedert die derde kwartaal van 2023.
2.2.2. Die land se werkloosheidsyfer het in die vierdie kwartaal van 2024 tot 31.9% gedaal van 32.1% in die vorige kwartaal. Die aantal werkende mense het met 132 000 tot 17.1 miljoen toegeneem, terwyl die aantal werkloses met 20 000 tot agt (8) miljoen gedurende dieselfde kwartaal afgeneem het.
2.2.3. Indiensneming het oor die kwartaal in vier van die tien afdelings wat deur Statistieke Suid-Afrika ondervra is toegeneem, insluitend finansies (232 000), gevolg deur vervaardiging (41 000), private huishoudings (18 000) en vervoer (17 000).
2.2.4. Die Kabinet bevestig die regering se verbintenis om werk te skep met die klem op indiensnemingsprogramme vir die jeug. Deur die Presidensiële Stimulusprogram vir Indiensneming is byna 2.2 miljoen werkgeleenthede reeds vir jongmense geskep.
2.3. Handel en belegging tussen Suid-Afrika en China
2.3.1. Die Kabinet verwelkom die suksesvolle samewerking tussen die voorsitter van die Chinese Raad vir die Bevordering van Internasionale Handel (CCPIT), Ren Hongbin, en Adjunkpresident Paul Mashatile oor die bvordering van beter handel- en beleggingsamewerking tussen Suid-Afrika en China.
2.3.2. Die besoek volg op President Cyril Ramaphosa se suksesvolle tweede staatsbesoek aan China in September 2024. Dit bou veral voort op die uitkomste van die president se sakeverbintenisse, insluitend die invloedryke Suid-Afrika-China Presidensiële Sakeforum, die geslote rondetafelbespreking tussen die president en die leieskap van 20 hoëvlak Chinese beleggers en die Presidensiële Sakeprogram in Shenzhen wat op sleutebeleggers in China se voorste tegnologie- en innovasiesentrum gefokus het.
2.3.3. Suid-Afrika het Chinese ondernemings gemobiliseer om vanjaar die verskillende sakevergaderings van die G20 wat hier gehou is, by te woon, terwyl CCPIT Suid-Afrika genooi het om die 3de China International Supply Chain Expo in Julie 2025 in Beijing by te woon.
2.3.4. Betrekkinge tussen Suid-Afrika en China is verder versterk met die aankoms van die eerste groep toeriste uit China deur die land se nuwe Trusted Tour Operator Scheme (TTOS). Die TTOS stel gekeurde toeroperateurs in staat om groepaansoeke vir toergroepe uit China en Indië deur ’n veilige digitale platform in te dien en hul resultate binne ’n kwessie van ure digitaal te ontvang.
3. Gesondheid
3.1. Hand-, bek- en klouseersiekte (HBKS)
3.1.1. Die Kabinet verwelkom die owerhede se vinnige ingryping ná die onlangse uitbreek van HBKS in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Die siekte veroorsaak griepagtige simptome soos ’n pynlike blaas en geswelde hande. Dit is nie dieselfde as die dieresiekte bek-en-klouseer nie en dit is nie dodelik nie.
3.1.2. ’n Aantal gevalle van die uiters aansteeklike virusinfeksie is in verskeie laerskole en dagsorgsentrums in die twee provinsies opgespoor.
3.1.3. Skoolhoofde word aangemoedig om daaglikse assesserings in hul skole te onderneem om HBKS-gevalle op te spoor en aan te meld.
3.2. Voedseloordraagbare siektes
3.2.1. Die sperdatum vir alle spaza-winkels en ander plekke waar voedsel in munisipaliteite hanteer en verkoop word, is Vrydag 28 Februarie 2025. Spaza-winkels wat nie geregistreer is nie en nie aan alle gesondheidstandaarde en -vereistes voldoen nie, sal gesluit word.
3.2.2. Die regering het hierdie maatreëls in November 2024 ingestel om spaza-winkels te reguleer in ’n poging om kindersterftes weens voedseloordraagbare siektes deur besmette voedsel wat by sulke winkels gekoop word, te voorkom. Geïntegreerde multidisiplinêre inspeksiespanne onderneem inspeksies regoor die land om te verseker dat alle voedselkleinhandelaars wettig handel dryf en aan gesondheid- en veiligheistandaarde voldoen.
3.2.3. Die Kabinet doen ’n beroep op verbruikers, ouers en versorgers om slegs kos te koop by plekke wat gelisensieer is om voedsel te verkoop en die nodige veiligheidsmaatreëls toepas. Die publiek word ook aangemoedig om basiese maatreëls ten opsigte van voedselveiligheid na te kom, soos om hul hande deeglik met seep en water te was voordat hulle kos hanteer of eet.
4. Maatskaplike welsyn
4.1. Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA)
4.2. Die sperdatum vir SASSA-begunstigdes om hul goue SASSA-kaarte vir die Posbank se swart kaarte te ruil, is tot 20 Maart 2025 verleng.
4.3. Meer as 716 900 begunstigdes het reeds na die Posbank se swart kaarte oorgeskakel. Om lang toue te verhoed, is daar nou meer plekke waar die kaarte beskikbaar is sodat begunstigdes die nuwe kaart naby hul woonplekke kan kry. Daar is ook nou meer tellers by sekere verspreidingsplekke, naamlik van net twee to soveel as vyf afhangend van hoe besig dit is.
4.4. Begunstigdes word aangemoedig om hul naaste Checkers, Shoprite, Pick n Pay, Usave, of Boxer-winkels te besoek waar hulle ook hul nuwe swart Posbankkaarte kan kry. ’n Geldige Suid-Afrikaanse indentiteitsdokument (ID) of tydelike ID moet gewys word. Om begunstigdes in afgeleë gebiede by te staan sal mobiele kantore ook in landelike gebiede beskiksbaar wees. Posbank het hierbenewens vennootskappe aangegaan met die Spar-groep, wat 200 van hul winkels landwyd beskikbaar stel.
4.5. Die Kabinet herinner begunstigdes daaraan dat die ou goue SASSA-kaart ná 20 Maart nie meer sal werk nie en dat begunstigdes wat nie hul nuwe kaarte teen daardie datum gekry het nie, na hul naaste tak van die Poskantoor sal moet gaan om toegang tot hul geld te kry.
5. Die stryd teen misdaad
5.1. Die Kabinet verwelkom die verslag oor misdaadstatistiek, wat aandui dat misdaad oor verskeie misdaadkategorieë gedaal het. In die derde kwartaal van die 2024/2025 finansiële jaar, was daar ’n 9.8% daling in moorde, ’n 3.3% daling in verkragting en ’n 3.2% daling in pogings tot seksuele misdade. Daar is ook ’n merkbare daling in motorkapings en rooftogte.
5.2. Hoewel die oorhoofse vlakke van misdaad steeds onaanvaarbaar hoog is, bewys die daling dat tussenkomste deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens om Suid-Afrika ’n veiliger plek te maak, reeds ’n verskil maak.
5.3. Die stryd teen misdaad is ’n gedeelde verantwoordelikheid tussen die polisie, die gemeenskap en die sakesektor. Die Kabinet doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om hul deel by te dra om misdaad te beveg deur enige kriminele aktiwiteite by hul naaste polisiestasie aan te meld of die Crime Stop-nommer: 08600 10111 te skakel.
6. SAOG-mediatoekennings
6.1. Die Kabinet doen ’n beroep op Suid-Afrikaanse joernaliste om hul inskrywings vir die SAOG se 2025-mediatoekennings in te handig. Inskrywings vir die kompetisie sluit op Vrydag 28 Februarie 2025.
6.2. Joernaliste wat wil inskryf kan meer inligting kry by www.gcis.gov.za. Die wenner van die eerste prys in elke kategorie ontvang US$2500 en die wenner van die tweede prys ontvang US$1000. Eerstepryswenners sal hul pryse en sertifikate op die kantlyn van die SAOG-beraad van Staatshoofde, wat in Augustus 2025 plaasvind, ontvang.
B. Opdaterings aan die Kabinet
1. Beurtkragherstelmaatreëls
1.1. Die Kabinet verwelkom die opdatering oor Eskom se herstelpogings om die land se kragtoevoer te stabiliseer ná 'n reeks onvoorsiene voorvalle by verskeie kragstasies, wat gelei het tot die implementering van beurtkrag om die nasionale netwerk te beskerm.
1.2. Hierdie hoogs ongewone en onverwante voorvalle op 22 Februarie 2025 het daartoe gelei dat reserwemarges vinnig uitgeput is. Dit sluit 'n elektriese fout in by Majuba-kragstasie, die verlies van verkoelingswaterpompe by Camden-kragstasie en eenheidsverliese by Medupi-kragstasie.
1.3. Die Kabinet loof die vinnige reaksie van Eskom se tegniese span wat 4 800 megawatt (MW) herwin het. Vier van die vyf geaktiveerde eenhede by Majuba is in werking gestel en twee van vier geaktiveerde eenhede by Camden is op 23 Februarie 2025 teen 20:00 in werking gestel.
1.4. Met die implementering van sy herstelplan verwag die kragvoorsiener 'n afname in beurtkrag. Pogings is daarop gefokus om noodreserwes, veral dieselvoorrade, aan te vul om bedrywighede in die komende dae te stabiliseer.
1.5. Ondanks die huidige terugslag is bestendige vordering gemaak met die verbetering van opwekkingskapasiteit en die handhawing van betroubare elektrisiteitsvoorsiening. Van 1 April 2024 tot 20 Februarie 2025 is beurtkrag vir 323 dae opgeskort, vergeleke met 32 dae in dieselfde tydperk verlede jaar. Elektrisiteitsvoorsiening was 99% van die tyd beskikbaar, vergeleke met net 9.8% verlede jaar.
1.6. Die Kabinet neem kennis dat die komende toevoeging van 1 600 MW met die sinchronisasie van Kusile-eenheid 6 wat vir 9 Maart 2025 geskeduleer is, en Medupi-eenheid 4 aan die einde van Maart 2025, ons land se energievoorsiening verder sal versterk.
C. Kabinetsbesluite
1. Mediumtermyn Ontwikkelingsplan (MTOP) 2024-2029
1.1. Die Kabinet het die MTOP vir die tydperk 2024-2029, wat sleutelprioriteite vir die Sewende Administrasie uiteensit, goedgekeur. Die MTOP bou voort op die Nasionale Ontwikkelingsplan, die Verklaring van Voorneme vir die Regering van Nasionale Eenheid (GNU), en die konsensus wat bereik is tydens die Kabinet-lekgotla wat van 29 tot 30 Januarie 2025 gehou is.
1.2. Hierbenewens inkorporeer die MTOP die drie strategiese prioriteite wat President Ramaphosa in sy openingsrede op 18 Julie 2024 uiteengesit het. Die plan rig die regering se inisiatiewe om 'n meer inklusiewe land te skep waar die verpligtinge van die GNU nagekom word. Dit het onder meer ten doel om inklusiewe ekonomiese groei te verseker en om werkloosheid, armoede en die stygende lewenskoste te verminder, asook om 'n bekwame, ontwikkelings- en etiese staat te verseker.
2. Nasionale Kommunikasie Strategieraamwerk (NCSF) 2024-2029
2.1. Die Kabinet keur goed dat die NCSF oor alle regeringsfere geïmplementeer word. Die NCSF vorm deel van die voortgesette werk om regeringswye kommunikasiestelsels te konsolideer en te verbeter. Dit ondersteun die implementering van die MTOP 2024-2029 soos beoog in die regering se kommunikasiebeleid, wat in 2018 deur die Kabinet goedgekeur is en tans hersien word.
2.2. Die NCSF reageer op die verwagting dat regeringskommunikasie samehangend moet wees, openbare vertroue en beleggersvertroue moet verbeter, eenheid en sosiale samehorigheid moet bevorder en burgers se deelname moet mobiliseer; dit is ’n voortdurende poging om Suid-Afrikaners aan te moedig om inligting te gebruik om hul lewens te verbeter en sosio-ekonomiese geleenthede te benut om by te dra tot die ontwikkeling van ons land.
3. Bekragtiging van die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied (AfCFTA) se Protokol oor Vroue en Jeug in Handel
3.1. Die Kabinet keur die voorlegging van die AfCFTA-protokol oor Vroue en Jeug in Handel aan die Parlement vir bekragtiging goed.
3.2. Die protokol het ten doel om vroue en jongmense se deelname aan handel onder die AfCFTA te verbeter; dit skets spesifieke doelwitte soos om vroue en jongmense wat handel dryf te help om effektief aan die mark deel te neem. Dit is ook daarop gemik om waardetoevoeging en innovasie te bevorder vir verhoogde invoer en uitvoer deur vroue en jomgmense, en om hulle by streeks- en kontinentale waardekettings in te sluit.
3.3. Die protokol bepleit ook maatreëls om diskriminasie uit te skakel, gelykheid en inklusiwiteit te bevorder om te verseker dat vroue en jeug voordeel trek uit handelsgeleenthede. Ander belangrike bepalings van die protokol sluit in die uitskakeling van nie-tariefhindernisse wat vroue en jeug in die handel raak, die bevordering van hul deelname aan beleidsformulering en die verbetering van hul toegang tot finansiering.
3.4. Die protokol sal na verwagting vroue en jongmense in die handel help om voordeel te trek uit die geleenthede wat die AfCFTA bied en om hul inklusiewe deelname aan intra-Afrika-handel te verbeter.
4. Bekragtiging van die Protokol oor Mededingingsbeleid onder die AfCFTA
4.1. Die Kabinet keur die voorlegging van die Protokol oor Mededingingsbeleid ingevolge die AfCFTA aan die Parlement vir bekragtiging goed. Die protokol is ’n ooreenkoms deur AU-lidlande om te verseker dat mededinging op die vasteland bydra tot handel, inklusiewe groei, industrialisasie en volhoubare ekonomiese ontwikkeling.
4.2. Die protokol fokus op die voorkoming van anti-mededingende praktyke deur ’n raamwerk vir die hantering van markkonsentrasie, magsmisbruik en ander mededingingsverwante kwessies.
4.3. Die AU erken dat die afwesigheid van kontinentale mededingingsbeleid tot anti-mededingende praktyke lei soos kartelle en monpolieë wat hul markposisies misbruik.
4.4. Die protokol sal van toepassing wees op alle ekonomiese aktiwiteite binne die AfCFTA-mark en sal anti-mededingende praktyke teiken, insluitend internasionale en oorgrens-kartelle wat nie doeltreffend gereguleer word nie, sowel as mededingende praktyke wat deur groter ondernemings buite die vasteland geïnisieer word.
5. Uitkomste van Suid-Afrika se deelname aan die Algemene Debat van die 79ste Sitting van die VN se Algemene Vergadering (UNGA 79)
5.1. Die Kabinet het die uitkomste van die UNGA 79 onder die tema "Laat niemand agter nie: tree saam op vir die bevordering van vrede, volhoubare ontwikkeling en menswaardigheid vir huidige en toekomstige geslagte" oorweeg en goedgekeur.
D. Aanstellings
Alle aanstellings is onderhewig aan die verifikasie van kwalifikasies en die betrokke sekerheidsklarings.
1. Prof John Lamola is aangestel as Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Lugdiens vir twee jaar.
2. Prof Busani Ngcaweni as Direkteur-Generaal (DG) by die Departement van die Nasionale Skool vir Regering (verlenging van dienskontrak vir vyf jaar).
3. Mnr Lindelwa Simphiwe Hamilton as DG by die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging.
4. Mnr Tebogo Seokolo as Adjunk-DG (ADG): Afrika by die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking.
5. Me Angela Sizakele Magangoe as ADG: Welsynsdienste by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling (DMO).
6. Me Thandeka Gloria Ngcobo as Hoof Finansiële Beampte by die DMO.
7. Nie-uitvoerende Direkteure by die tussentydse Raad van die Staatsagentskap vir Inligtingstegnolgie
(i) Me Sedzani Mudau (Voorsitter);
(ii) Mnr Willie Vukela (verteenwoordiger Departement van Openbare Diens en Administrasie);
(iii) Mnr Willie Mathebula (verteenwoordiger Nasionale Tesourie);
(iv) Adv Johannes Collen Weapond; en
(v) Mnr Omega Shelembe (Departement van Kommunikasies en Digitale Tegnologieë).
E. Toekomstige gebeure
1. Menseregtemaand
1.1. Suid-Afrika herdenk in Maart Menseregtemaand onder die tema: "Versnelde pogings tot maatskaplike geregtigheid geanker in menseregte". Die geskiedenis van Menseregtemaand is gegrond op die Sharpeville-slagting van 21 Maart 1960, toe die apartheidspolisie 69 mense tydens 'n vreedsame betoging doodgeskiet het.
1.2. Die pynlike nalatenskap van apartheid se verwronge beleid beïnvloed steeds ons huidige werklikheid en het daartoe gelei dat baie mense in 'n siklus van armoede en werkloosheid vasgevang is. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996, wat die grondslag lê vir 'n vrye en demokratiese samelewing, steun pogings om maatskaplike geregtigheid te bevorder deur die regstelling van vorige ongeregtighede.
1.3. Die onlangs goedgekeurde Onteieningswet, 2024 (Wet 13 van 2024) stel 'n grondwetlike regsproses uiteen wat die regering in staat stel om die bitter nalatenskap van grondonteiening en armoede reg te stel deur te help om die speelveld gelyk te maak sodat meer burgers toegang tot ekonomiese geleenthede, basiese dienste en grond kry.
1.4. Nasionale Menseregtedag sal op 21 Maart 2025 by Constitution Hill in Johannesburg gevier word; die distrik waar die setel van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika gevestig is.
2. Afrika Energie-indaba 2025
2.1. Suid-Afrika bied van 4 tot 6 Maart 2025 die Afrika Energie-indaba 2025 by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum aan. Die indaba is 'n vlagskipgeleentheid op die vasteland, aangesien dit bedryfsleiers verbind en innoverende oplossings vir die sektor ten toon stel.
2.2. Die konferensie val saam met 'n tyd waarin Suid-Afrika se energiesektor met rasse skrede groei en daadwerklike pogings aangewend word om die land se toekomstige energievoorsiening te verseker. Verlede jaar het die regering die Wysigingswet op Elektrisiteitsregulering, 2024 (Wet 38 van 2024) aangekondig om 'n mededingende en volhoubare energiesektor te skep, wat aan die land se toenemende energiebehoeftes kan voldoen.
2.3. Om ons energievoorsiening vir die toekoms te verseker, is 11 gigawatt se energieprojekte oor die volgende drie jaar vir konstruksie geskeduleer. In Desember 2024 is agt voorkeurbieërs vir Bodvenster 7 van die Verkrygingsprogram vir Hernubare Energie Onafhanklike Kragprodusente met 'n gesamentlike gekontrakteerde kapasiteit van 1 760 megawatt aangekondig.
F. Boodskappe
1. Gelukwense
Die Kabinet wens die volgende mense geluk en dra sy beste wense oor:
- Minister Nomakhosazana met met haar verkiesing tot Voorsitter van die Afrika Streek se Arbeid Administrasiesentrum
- Me Lerato Mataboge met haar geskiedkundige verkiesing tot Kommissaris vir Infrastruktuur en Energie van die AU.
- Me Tyla Laura Seethal, algemeen bekend as Tyla. Dié Suid-Afrikaanse solo-sanger se enkelsnit “Water” is die eerste om meer as ’n miljard keer op Spotify gestroom te word.
- Mnr Wouter Kellerman, Suid-Afrika se fluitspeler, saam met Me Eru Matsumoto en Me Chandrika Tandon, Grammy-toekenningwenners vir hul almbum Triveni.
2. Meegevoel
Die Kabinet dra sy meegevoel oor aan die vriende en naasbestaandes van:
- Me Suthukazi Arosi (64), bekroonde sanger, komponis en akteur. Sy was bekend as een van Afrika se voorste sangers en ’n begaafde akteur, wat in talle Suid-Afrikaanse produksies opgetree het.
Navrae:
Me Nomonde Mnukwa – Waarnemede Regeringswoordvoerder
Selfoon: 083 653 7485