ADJUNKPRESIDENT DAVID MABUZA GESPREKSPUNTE

Suid-Afrika treur oor die afsterwe van voormalige Adjunkpresident David Mabuza.

•    Voormalige Adjunkpresident David Mabuza is op Donderdag 3 Julie 2025 in die ouderdom van 64 oorlede na ’n kort siekbed. 
•    Die Regering dra sy innige meegevoel oor aan die naasbestaandes en vriende van ons voormalige Adjunkpresident David Mabuza. 
•    David Mabuza was van 2018 tot 2023 Suid-Afrika se Adjunkpresident. 
•    David Mabuza sal onthou word vir sy toegewyde bydrae tot die stryd teen apartheid, en vir sy navolgenswaardige leierskap en patriotisme.
•    Hy het sy lewe aan diens vir die nasie gewy en laat ’n nalatenskap agter van nederigheid, diens en ’n vaste verbintenis tot die ideale van ons grondwetlike demokrasie.    
•    Hy het deur sy politieke loopbaan onvermoeid daaraan gewerk om ’n impak te maak op lewensrealiteit van die mense.  

President Cyril Ramaphosa het ’n staatsbegrafnis kategorie 2 tot eer van die die voormalige Adjunkpresident van die Republiek van Suid-Afrika aangekondig.

•    Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sal seremoniële elemente tydens die voormalige Adjunkpresident se begrafnis, wat in Mpumalanga sal plaasvind, bied.
•    President Ramaphosa het aangekondig dat die dae van nasionale roubetuiging van Maandag 07 Julie 2025 tot die aand van Saterdag 12 Julie 2025 sal duur en dat vlae regdeur die land op hierdie dae halfstok sal hang.
•    Adjunkpresident Mabuza het die mense van Mpumalanga van 2009 tot 2018 as premier gedien. Hy was voorheen ’n lid van Mpumalanga se Uitvoerende Raad oor verskeie portefeuljes.
•    Hy het sy leierskap en mobiliseringsvermoëns uitgeleef as leier van regeringsake in die Parlement, waartydens hy ook Suid-Afrika se Nasionale Raad vir Vigs gelei het.
•    Adjukpresident Mabuza het Suid-Afrika dikwels op internasionale platforms verteenwoordig en het verhoudings tussen Suid-Afrika en sy vennote gekonsolideer.

David Mabuza het die nasie met onderskeiding gedien.

•    Sy leierskap was tydens die vroeë stadium van sy politieke loopbaan in aktivisme gevestig. In sy rol as Adjunpresident het hy die nasie en Suid-Afrika se betrokkenheid by ons vennote op die vasteland van Afrika gelei, en dit in die internasionale gemeenskap gevorm en bevorder.
•    Hy het ons land passievol verteenwoordig en was instrumenteel in die bevordering van Suid-Afrika se plek in die wêreld. 
•    Ons waardeer sy diepe verbintenis tot die vryheidstryd en tot die ontwikkeling van ’n inklusiewe, vooruitstrewende en demokratiese staat. 
•    Die voormalige Adjunkpresident was geliefd en het opregte besorgdheid en meelewing vir almal met wie hy in aanraking gekom het, getoon.

David Mabuza het ’n belangrike rol gespeel om ons vryheid en ons grondwetlike demokratiese stelsel te vestig

•    David Mabuza is in 1960 in Phola naby Hazyview in Mpumalanga gebore; hy was die derde van vyf seuns. 
•    Hy was ’n wiskunde-onderwyser, wat sy anti-apartheidsaktivisme as ’n jeugdigde in die Azanian Students Organisation (Azaso), wat deur die ANC gelei is, in die 1980s uitgeleef het.
•    Mabuza was een van die vroeë vestigers van ons demokrasie en het tydens die post-apartheidsera ’n  deurslaggewende rol gespeel in die opbou van die nasie se selfvertroue. 
•    Na afloop van die eerste demokratiese verkiesing in 1994, is hy na die regering ontplooi om te help om die Vryheidshandves, waarvan ons vanjaar die 70ste herdenking vier, se beloftes bewaarheid te laat word.
•    Hy was ’n vooraanstaande leier wat ’n rykdom van ervaring deur sy werk in die Regering gebring het.
•    Hy het ’n beduidende rol as ’n vereniger gespeel, plaaslik sowel as op die vasteland van Afrika.  
•    In sy rol as Suid-Afrika se Spesiale Gesant na Suid-Soedan, het hy druk op die partye geplaas om tot ’n ooreenkoms in te stem om ’n herleefde oorgangsregering van nasionale eenheid in die land te vestig.
•    Hy het ’n beduidende rol gespeel om tradisionele leiers in staat te stel om ontwikkeling en vooruitgang in Mpumalanga te bevorder.  

Kom ons vier David Mabuza se lewe en wy ons daaraan om sy nalatenskap uit te leef.

•    David Mabuza was ’n patriot en vryheidsvegter wat sy lewe daaraan gewy het om Suid-Afrikaners te dien.
•    David Mabuza is deel van ’n generasie wat die onregverdige status quo onder apartheid uitgedaag het; alle Suid-Afrikaners behoort die rol wat hy in die bevryding van ons land gespeel het te eer.
•    Sy afsterwe is ’n oproep tot ons jonger generasie om die onvoltooide werk wat sy generasie aangepak het om die ekonomie tot almal se voordeel te laat strek, voor te sit. 
•    Hy het Suid-Afrika se verafgeleë gebiede, wat moeilik bereikbaar was, gekies as ’n doelbewuste daad om dit op te bou en te dien aangesien dit die gemeenskappe was wat die meeste hulp nodig gehad het.  
•    Hy het sy vaardighede in die bou van vennootskappe aangewend om ’n bydrae te maak tot die formele bekendstelling van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Vigs se Privaasektorforum; dit was ’n keerpunt in die reaksie van die land se sakesektor op Vigs en TB. 
•    Deur ons dade kan ons die kragtige nalatenskap wat David Mabuza en vele ander aan ons toevertrou het laat voortduur om ’n reverdige en billike samelewing vir almal te verseker.
•    Deur saam te werk kan ons Suid-Afrika laat groei om die drievoudige uitdaging van werkloosheid, armoede en ongelykheid te oorkom.
•    Ons moet aanhou streef na ’n nasie wat vir almal werk, wat gebou is op die waardes van demokrasie, vryheid en gelykheid om sodoende ’n beter Suid-Afrika en ’n beter wêreld na te streef.

 

Share this page

Similar categories to explore