Voordele vir afhanklikes by Werkloosheidsversekeringsfonds

Wanneer 'n bydaer tot die werkloosheidversekeringsfonds sterf, kan jy voordele vir afhanklikes eis, indien jy 'n:

  • eggenoot
  • lewensmaat
  • voog
  • kind van die oorledene is.

Jy moet binne ses maande na die afsterwe van die bydraer 'n eis indien. Afhanklike kinders onder die ouderdom van 21 jaar is geregtig op voordele indien daar geen oorlewende eggenoot of lewensmaat is nie.

Vind meer uit oor hoe om voordele vir afhanklikes te eis by die WVF of kontak die WVF vir meer inligting.

 

Share this page