Aannemingsvoordele by Werkloosheidsversekeringsfonds

Indien jy 'n kind van jonger as twee jaar wettig aangeneem het en jy is 'n bydraer tot die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF), kan jy aannemingsvoordele eis.

Om te kwalifiseer vir die voordele moet jy verlof neem by jou werk of ophou werk om na die kind te kyk en moet jy minder as jou normale loon ontvang terwyl jy op aannemingsverlof is.

Vind meer uit oor hoe om aannemingsvoordele te eis of kontak die WVF vir meer inligting.

 

Share this page