Verwys geskil na die CCMA vir konsiliasie of konsiliasie-arbitrasie

As jy as werknemer in dispuut is met jou werkgewer, of andersom, oor 'n saak soos:

  • ontslag
  • lone en werksomstandighede
  • verandering in die werkplek, of
  • diskriminasie

kan jy die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA ) vra vir konsiliasie of selfs arbitrasie in jou saak. 'n Vakbond of werkgewersorganisasie kan ook hierdie aksie aanvra. Jy hoef nie vooraf die ander party se toestemming te kry nie.

Die volgende geskille kan nie na die KVBA verwys word nie:

  • waar 'n onafhanklike kontrakteur is wat betrokke is.
  • waar dit nie onder die Wet op Arbeidsverhoudinge of die Wet op Gelyke Indiensneming val nie. Kwessies onder die Wet op Basiese Diensvoorwaardes kan gekoppel word aan geskille oor onregverdige ontslag en onregverdige afdanking.
  • waar 'n bedingingsraad of statutêre raad vir die sektor bestaan.
  • waar 'n private ooreenkoms vir die beslegting van geskille bestaan, byvoorbeeld private arbitrasie.

Vind meer uit oor die verwysing van 'n geskil na die KVBA of kontak die KVBA vir meer inligting.

Share this page