Akkrediteer ’n privaat agentskap vir dispuutresolusie

'n Private agentskap of bedingingsraad kan by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) aansoek om akkreditasie doen om:

  • geskille deur versoening op te los
  • onbeslegte geskille ná versoening te arbitreer.

Die KVBA kan verdere inligting verlang ter ondersteuning van die aansoek, en mag derhalwe van die aansoeker vereis om een of meer keer met hulle te vergader.

Vir meer inligting oor akkreditasie van 'n private agentskap skakel die KVBA.

 

Call centre: 0861 16 16 16

Share this page