Hernuwing van motorvoertuiglisensie

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor die hernuwing van jou motorvoertuiglisensie

Jy moet elke jaar jou motorvoertuiglisensie hernu voordat dit verval. Indien jy versuim om jou lisensie te hernu, sal jy aanspreeklik wees vir die agterstallige lisensiegelde en boetes.

Jy kry ’n 21-dae-grasietydperk om jou motorlisensie te hernu nadat dit verval het. Die grasietydperk word bereken vanaf die vervaldatum van die huidige lisensieskyfie. Jy moet jou motorvoertuiglisensie hernu by die toepaslike registrasie-owerheid of by ’n aangewese poskantoor naby jou.

Sesmaandelikse voertuiglisensie-hernuwings:

Busse moet hul lisensieskyfies elke ses maande hernu, aangesien hul padwaardigheidsertifikasie slegs vir ses (6) maande geldig is.

Wat om te doen

  1. Indien jou voertuig vir openbare vervoer gebruik word of ’n swaar voertuig is, moet padwaardigheidsertifikasie gedoen word. Indien nie, sal die lisensie - en padwaardigheidsertifikaatskyfies nie gedruk word nie.
  2. Gaan na jou naaste registrasie-owerheid of poskantoor en neem die volgende saam met jou:
    • Individue:
      • Jou identiteitsdokument
      • Bewys van woonadres, bv. ‘n diensterekening. As die diensterekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar ‘n beëdigde verklaring doen wat verklaar dat jy by die adres woon. Heg die diensterekening aan die verklaring vas.
      • Indien jy in ‘n informele nedersetting woon, bring ‘n brief van die wyksraadslid wat jou woonadres bevestig.
      • Vier identiese swart-en-wit persoonsfoto’s. Besvetig met die lisensiekantoor hoeveel foto’s nodig is.
      • Motorvoertuig-hernuwingskennisgewing (MVL2). Indien jy nie die hernuwingskennisgewing het nie, voltooi vorm ALV (Aansoek om Lisensiëring van Motorvoertuig)
  • Organisasies:
    • organisasie se besigheidsertifikaat
    • identiteitsdokument van gevolmagtigde 
    • volmagbrief
    • motorvoertuighernuwingskennisgewing (MVL2). Indien jy nie die hernuwingskennisgewing het nie, voltooi vorm ALV (Aansoek om Lisensiëring van Motorvoertuig)

3. Betaal die lisensiegelde wat op die kennisgewing aangedui word.

Tydsduur

Die aansoek word op dieselfde dag verwerk.

Hoeveel kos dit

Kontak jou plaaslike lisensiekantoor vir die koste.

Vorms om in te vul

Vorm ALV (Aansoek om Lisensiëring van Motorvoertuig) is by enige registrasie-owerheid of geselekteerde poskantore beskikbaar of jy kan dit vanaf die eNaTIS-webwerf aflaai.

Wie om te kontak

 

Share this page