Spesiale klassifikasie van motorvoertuig

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek vir spesiale klassifikasie in verband met lisensiegelde of vrystelling van registrasie.

Indien jy ’n motorvoertuig besit wat (in die opinie van die betrokke LUK) nie ontwerp is om goedere of mense op ’n openbare pad te vervoer nie, mag jy die voertuig spesiaal laat klassifiseer en vrystel van lisensiegelde.

Voorbeelde van voertuie wat kan kwalifiseer vir spesiale klassifikasie, is mobiele toerusting of voertuie wat ontwerp is vir wedrenne. Hierdie voertuie vir spesiale doeleindes sluit in ’n waterboormasjien, dorsmasjien, oesmasjien, eg, maaier, baalmasjien, skraper, gelykmaker, hyskraan, ploeg, en voertuie wat aangepas, herbou of verander is om uitsluitlik vir wedrendoeleindes en/of uitstallings gebruik te word.

Die Nasionale Padverkeerswet laat jou slegs toe om sodanige voertuie vir kort tydperke op openbare paaie te bestuur om:

  • die perseel van die eienaar te betree ten einde die voertuig af te lewer, of
  • ’n openbare pad vanaf die perseel van die eienaar na ’n ander perseel nie verder as een kilometer weg nie oor te steek, of 
  • vanaf of na ’n plek te beweeg waar herstelwerk aan sodanige motorvoertuig gedoen is of gedoen moet word.

Wat om te doen

  1. Besoek jou naaste registrasie-owerheid en dien die volgende in:
    • jou identiteitsdokument
    • die voertuig se registrasiesertifikaat
    • ‘n magtigingsbrief van die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRVS) vir 'n herboude motor
    • bewys van woonadres, bv. ‘n diensterekening. As die diensterekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar ‘n beëdigde verklaring doen wat verklaar dat jy by die adres woon. Heg die diensterekening aan die verklaring vas.
    • indien jy in ‘n informele nedersetting woon, bring ‘n brief van die wyksraadslid wat jou woonadres bevestig..
  2. Voltooi ‘n aansoek vorm vir spesiale klassifikasie van motorvoertuie (Vorm EFL1).

Tydsduur

Dit mag tot ses weke neem.

Hoeveel kos dit

Hierdie diens is gratis.

Vorms om in te vul

Vorm ELF1 (Aansoek om Spesiale Klassifikasie van ’n Motorvoertuig met betrekking tot Lisensiegelde)

 Vorms is by die registrasie-owerheid beskikbaar of jy kan dit vanaf die eNaTIS-webwerf aflaai.

Wie om te kontak

 

 

Share this page