Aansoek om ‘n magtigingsbrief vir ‘n ingevoerde of herboude motorvoertuig

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek om ‘n gesagsbrief vir ‘n ingevoerde of herboude motorvoertuig

Indien jy van plan is om ’n nuwe of gebruikte motor, goederevoertuig of sleepwa in te voer, of om ‘n opgeboude of veranderde voertuig te registreer, moet jy eers ‘n magtigingsbrief van die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRVS) verkry.

Jy moet 'n magtigingsbrief hê ongeag of die motor in Suid Afrika of die buiteland vervaardig is. Tipes voertuie waarvoor jy ‘n magtigingsbrief benodig is:

  • motors, busse en motorfietse
  • goederevoertuie (vragmotors of bussies)
  • sleepwaens
  • spesiale voertuie soos mobiele hyskrane, trekkers en stropers.

Alle motorvoertuie, ingevoer of in Suid Afrika vervaardig, moet voldoen aan vereistes soos uiteengesit in die Wet op Nasionale Padvervoer, 1996. Invoerders moet ook bewys lewer dat voldoen word aan die vereistes van die Suid Afrikaanse Buro van Standaarde (SABS).

Slegs die persoon in wie se naam die voertuig geregistreer gaan word, mag die aansoekvorm voltooi.

Wat om te doen

  1. Verkry die relevante aansoekvorm van die NRVS of laai dit af.
  2. Voltooi die vorms en stuur dit aan die NRVS saam met die dokumente soos gelys op die vorm.
  3. Betaal die voorgeskrewe fooi.

Tydsduur

Jou magtigingsbrief behoort binne vier tot ses dae gereed te wees.

Hoeveel kos dit

Die koste is aangedui in die aansoekvorms.

Vorms om in te vul

Wie om te kontak

 

Sifiso Phakathi
Tel: 012 482 8865
E-mail: phakatsz@nrcs.org.za

Charlotte Makou
Tel: 012 482 8785
E-mail:makouck@nrcs.org.za

Call Centre
Tel: 012 482 8700

Share this page