Huweliksertifikaat

Die voltrekking en registrasie van siviele huwelike, gebruiklike huwelike en burgerlike verbintenisse word bestuur deur die Departement van Binnelandse Sake. Siviele huwelike word beheer deur die Huwelikswet (Wet 25 van 1961). Suid Afrika erken ook gebruiklike huwelike deur die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike, wat in werking getree het in November 2000. Burgerlike verbintenisse kan aangegaan word deur persone van dieselfde geslag en word erken in terme van die Wet op Burgerlike Verbintenisse (2006).

Jy moet jou gebruiklike huwelik laat registreer binne drie maande vanaf die datum van die huwelik om dit wettig te maak. Die definisie van ‘n gebruiklike huwelik is een wat “beding, gevier of gesluit is volgens enige van die stelsels van inheemse Afrika-gewoontereg wat bestaan in Suid-Afrika”.

Jy sal ‘n huweliksertifikaat ontvang na die huwelikbevestiging. Jy kan aansoek doen om ‘n afskrif van die huweliksertifikaat indien jy in Suid-Afrika getroud is en indien dit geregistreer is.  Die huweliksertifikaat dien as bewys dat die huwelik geregistreer en geldig is.

Vind meer uit oor huwelike, verbode huwelike en die huwelik van ‘n minderjarige of kontak die Departement van Binnelandse Sake vir meer inligting.

Share this page