Aansoek om ’n leerlinglisensie

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent 'n aansoek om ‘n leerlinglisensie

’n Leerlinglisensie laat jou slegs toe om te bestuur onder toesig van ’n gelisensieerde bestuurder. Indien die kategorie van die voertuig wat bestuur word ’n professionele bestuurspermit vereis, moet die gelisensieerde bestuurder ook ’n professionele bestuurspermit hê.

’n Leerlinglisensie is ’n permit wat bewys dat jy oor basiese kennis van ’n motorvoertuig en die padreëls beskik. Die leerlinglisensie is geldig vir 24 maande en kan nie verleng word nie.

Verskillende leerlinglisensies word uitgereik vir verskillende motorvoertuig-kategorieë:

  • Kode 1: Dit is vir ’n motorfiets, met of sonder ’n syspan, motordriewiel of vierwielfiets. Jy moet op die datum van die toets 16 jaar of ouer wees om aansoek te doen as die motorfiets se enjin nie meer 125 cc is nie, en 18 jaar of ouer indien dit 125 cc oorskry.
  • Kode 2: Dit is vir ’n motorvoertuig, insluitend ’n minibus, bus of goederevoertuig, met ’n bruto voertuigmassa wat nie 3 500 kg oorskry nie. Jy moet 17 jaar of ouer wees op die datum van die toets om aansoek te doen.
  • Kode 3: Dit is vir ’n motorvoertuig met ’n bruto voertuigmassa van meer as 3 500 kg. Jy moet op die datum van die toets 18 jaar of ouer wees om aansoek te doen.

Wat om te doen

  1. Gaan na jou naaste bestuurslisensie-toetssentrum (BLTS) om ’n datum vir die toets te bespreek en bevestig die bespreking. Neem die volgende saam met jou:
    • ’n identiteitsdokument (ID)
    • twee identiese swart-en-wit-ID-foto’s
    • die besprekingsfooi.
  2. Voltooi die Aansoek om Leerlinglisensie-vorm (LL1), wat by die BLTS beskikbaar is.
  3. Indien jy ouer as 65 jaar is, moet jy ’n Mediese-sertifikaat-vorm (MC) voltooi, wat ook by die BLTS beskikbaar is.
  4. Jy sal vir ’n oogtoets by die toetssentrum moet gaan, of andersins kan jy ’n oogtoets by ’n gekwalifiseerde oogkundige laat doen en die vorm by die toetssentrum indien.
  5. Voordat jy die leerlinglisensietoets skryf, moet jy die padtekens, motorvoertuigkontroles en padreëls bestudeer ten einde basiese kennis van ’n motorvoertuig en padtekens te hê.
  6. Op die dag van die toets moet jy die volgende indien:
    • die besprekingskwitansie
    • jou ID.
  7. Indien jy die toets slaag, moet jy die uitreikingsfooi betaal.

Tydsduur

Die leerlinglisensie word op dieselfde dag uitgereik indien jy geslaag het.

Hoeveel kos dit

Kontak jou plaaslike lisensiekantoor vir die koste.

Vorms om in te vul

  • Aansoek om 'n leerlinglisensie, LL1.
  • Indien jy 65 of ouer is, moet jy ook 'n Mediese sertifikaat-vorm invul.

Kry die aansoekvorm by die toetssentrum of by eNatis.

Wie om te kontak

 

Share this page