Doen aansoek om ’n tydelike bestuurslisensie

Oor | Wat om te doen | Tydsduur | Hoeveel kos dit | Vorms om in te vul | Kontakbesonderhede

Meer oor 'n aansoek om ‘n tydelike bestuurslisensie

Jy kan aansoek doen om ‘n tydelike bestuurslisensie indien jy aansoek gedoen het om die hernuwing van u lisensie wat verval het of indien jou bestuurslisensie verlore geraak het.

Hierdie lisensie is slegs geldig vir ses maande en kan by enige bestuurslisensie-toetsstasie uitgereik word.

Wat om te doen

  1. Gaan na jou naaste bestuurslisensie-toetssentrum met die volgende:
    • Identiteitsdokument of tydelike ID
    • Bewys van pos- en woonadres, bv. ‘n diensterekening. As die diensterekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar ‘n beëdigde verklaring doen wat verklaar dat jy by die adres woon. Heg die diensterekening aan die verklaring vas.
    • Indien jy in ‘n informele nedersetting woon, bring ‘n brief van die wyksraadslid wat jou pos- en woonadres bevestig.
    • Vier identiese swart-en-wit persoonsfoto’s. Bevestig met die lisensiekantoor hoeveel foto’s nodig is.
    • Die voorgeskrewe fooi.
  2. Voltooi vorm DL1 (Aansoek om ‘n bestuurslisensie, by enige bestuurslisensie-toetsstasie.)
  3. Voltooi ‘n vorm NCP (Kennisgewing van verandering van adres of besonderhede van persone of organisasies).

  4. Jy sal ’n oogtoets by die toetsstasie ondergaan of alternatiewelik kan jy ‘n oogtoets aflê by ‘n gekwalifiseerde oogkundige en die verslag by die toetsstasie inhandig. 

Tydsduur

Die tydelike bestuurslisensie word op dieselfde dag uitgereik.

Hoeveel kos dit

Kontak jou plaaslike lisensiekantoor vir die koste.

Vorms om in te vul

Aansoek om ‘n bestuurslisensie, DL1. Die aansoekvorm is beskikbaar by die bestuurslisensie-toetsstasie.

 

 

Share this page