Eis vergoeding vir ’n besering of siekte aan diens opgedoen

Indien jy aan diens beseer word, ’n siekte opdoen of sterf, kan jy of jou afhanklikes by die Vergoedingsfonds eis.

Die fonds betaal vergoeding aan permanente werkers, tydelike werkers, werkers wat opleiding ontvang, en vakleerlinge wat beseer word of ’n siekte opdoen in die uitvoering van hul pligte en wat as gevolg daarvan hul inkomste verloor.

Jy kan eis indien jy:

  • permanent in diens is
  • ’n huiswerker in ’n losieshuis of sake-opset is
  • ’n vakleerling of plaaswerker is wat opleiding ontvang of
  • ’n werker is wat deur ’n arbeidsagentskap betaal word.

Jy kan nie eis nie indien jy:

  • ’n huiswerker is wat by ’n privaat woning werk
  • ’n lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is
  • ’n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is
  • ’n werker is wat nie direk onder die beheer van ’n werkgewer werk nie, byvoorbeeld wat ’n subkontrakteur is. Werknemers wat in diens van die subkontrakteur is, word wel gedek
  • ’n werker is wat vir 12 maande buite Suid-Afrika gewerk het sonder om ’n ooreenkoms met die Direkteur-Generaal van die Departement van Arbeid aan te gaan
  • skuldig bevind is aan opsetlike wangedrag, tensy dit tot ernstig gestremdheid of dood lei.

Neem kennis: Indien jy, as die werknemer, doodgaan weens ’n werksverwante besering of siekte, kan jou afhanklikes by die fonds eis.

Vergoedingsvoordele sal nie betaal word nie indien jy:

  • meer as 12 maande ná die ongeluk of dood of nadat die siekte gediagnoseer is, die ongeluk by die werkgewer aanmeld
  • jy vir drie of minder dae van die werk af weg is, in welke geval die fonds slegs die mediese rekening sal betaal
  • die ongeluk gespruit het uit jou eie nalatige of foutiewe optrede (tensy dit tot ernstige gestremdheid of dood lei, in welke geval die fonds steeds vergoeding sal betaal)
  • jy onredelikerwyse weier of doelbewus nalaat om mediese behandeling te kry.

Vind meer uit oor hoe om te eis vir bedryfsbeserings of -siektes of kontak die Vergoedingsfonds.

 

Share this page