Aansoek om ’n forum in die werkplek te stig

Beskrywing

Forums word in die werkplek gestig om

  • die belange van al die werknemers in die werkplek te bevorder en nie net van lede van vakbonde nie;
  • doeltreffendheid in die werkplek te bevorder;
  • werknemers oor sekere aangeleenthede te raadpleeg; en
  • werknemers by gesamentlike besluitneming oor sekere aangeleenthede te betrek.

’n Forum kan in ‘n werkplek met minstens 100 werknemers gestig word. Hierdie getal sluit senior bestuurders uit. Daar mag slegs om stigting aansoek gedoen word indien daar nie reeds 'n forum ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 bestaan nie.

Vir meer inligting, besoek die Departement van Arbeid.

Stappe om te volg

  • Die vakbond moet ’n gewaarmerkte afskrif van ’n kollektiewe ooreenkoms aanheg. Dit dien as bewys van sy erkenning deur die werkgewer.
  • ’n Verteenwoordiger van die vakbond(e) moet die Vorm LRA 5.1 voltooi.
  • ’n Afskrif van die vorm moet aan die ander party (werkgewer) beteken word, en bewys dat die afskrif beteken is, moet ingesluit word saam met die volgende dokumentasie:
    • ’n Afskrif van die Poskantoor se geregistreerde bewys
    • ’n Afskrif van ’n ondertekende bewys indien die vorm per hand afgelewer is.
    • ’n Getekende verklaring deur die persoon wat die afskrif van die vorm afgelewer het, as bewys van gelewerde diens.
    • ’n Afskrif van ’n faksbewys of enige ander aanvaarbare bewys van die diens wat gelewer is.
  • Stuur ’n ingevulde vorm en die bewys van gelewerde diens aan die Registrateur: Provinsiale Kantoor van die Kommissie vir Konsiliasie, Mediasie en Arbitrasie (CCMA).

Regsraamwerk

Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995), Artikel 80 (1) ((Labour Relations Act,, 1995 (Act 66 of 1995) Section 80(1))

Diensstandaard

Dit kan tot 30 dae neem om ’n forum te stig.

Koste

Die diens is gratis.

Vorms om in te vul

Kontakbesonderhede

Share this page