Die sentrale aansoekdiens (SAD) verskaf inligting en steun aan leerders wat nog nie plek gekry het om te studeer aan ʼn naskoolse onderrig- en opleidingsinstelling nie, asook diegene wat die verskeie beskikbare naskoolse geleenthede ondersoek.
Vir die 2026 akademiese jaar, en voortaan, is die sentrale aansoekklaringsstelsel gestaak en vervang deur die sentrale aansoekdiens.
Die SAD is ʼn meer geïntegreerde diens wat die sigbaarheid van geleenthede regoor die naskoolse onderwys en opleidingstelsel verbeter, insluitend universiteite, kolleges en alternatiewe geleenthede. Dit steun ook ingeligte besluitneming en help voornemende studente om bedrieglike instellings te vermy.
Die departement van hoër onderwys en opleiding bly verbind daartoe om te verseker dat geen jongmens sonder inligting, leiding en ondersteuning gelaat word wanneer hulle naskoolse geleenthede ondersoek nie.
Voornemende studente word aangemoedig om te skakel met die sentrale aansoekdiens via die WhatsApp-geselsgroep by 081 308 4196.

