Kry akkreditasie as onderwys- en opleidingvoorsiener

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor akkreditasie as onderwys- en opleidingvoorsiener 

Die riglyne wat van toepassing is op die Onderwys-, Opleiding- en Ontwikkelingskwaliteitversekeringsliggame (OOOKV’s) onder die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO) vereis dat verskaffers van onderwys en opleiding vir akkreditasie aansoek doen. Daarvoor moet sodanige verskaffers in terme van die toepaslike wetgewing geregistreer wees. Wetgewing in verband met Hoër Onderwys en Verdere Onderwys vereis dat alle verskaffers van onderwys en opleiding by die Departement van Onderwys geregistreer is.

Die verskaffer van onderwys en opleiding moet eenheidstandaarde en/of kwalifikasies aanbied wat onder die primêre fokusarea van die Onderwys- en- Opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam (OOKV) van die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid (SOOO) en professionele liggame val.

Vereistes vir akkreditasie:

  • Die programme (en/of assesserings) wat deur die verskaffer van onderwys en opleiding aangebied word, kulmineer in eenheidstandaarde en/of kwalifikasies wat op die Nasionale Kwalifikasiesraamwerk (NKR) geregistreer is.
  • Die kurrikulum (ontwerp, inhoud en leermateriale) is geskik vir die eenheidstandaarde en/of kwalifikasies.
  • Daar is personeel wat gepaste kwalifikasies het (fasiliteerders en geregistreerde assessors).
  • Die leerders het toegang tot genoegsame ondersteuningsdienste.
  • Die assesseringsmetodes en toerusting wat gebruik word om die vereistes vir die eenheidstandaard en/of kwalifikasie te meet, is regverdig, geldig en betroubaar, en word gebruik om geleerdheid te verbeter.

Wat om te doen

  1. Stuur 'n brief oor u bedoeling om as verskaffer van onderwys en opleiding geakkrediteer te word aan die tersaaklike OOKV.
  2. Dien 'n self-evaluasie en aansoekvorm aan die OOKV in.
  3. Indien u nie akkreditasie verleen word nie en u voel dat die proses onregverdig was, het u die reg om te appelleer.

'n Lys van OOKV’s en kontakbesonderhede is op die SAKO-webwerf beskikbaar.

Tydsduur

Dit kan tot 6 maande neem.

Koste

Die diens is gratis.

Vorms om in te vul

Aansoekvorms en verwante dokumentasie kan van die tersaaklike OOKV verkry word

Kontakbesonderhede

National office
Tel 012 431 5070
Helpdesk 0860 111 673
Fax 012 431 5147
E-mail verifications@saqa.co.za
City/town Pretoria
Province Gauteng
Physical address South African Qualifications Authority, Quality Assurance and Development, Hatfield Forum West, 1067 Arcardia Street, Hatfield, Pretoria
Postal address Postnet Suite 248, Private Bag X06, Waterkloof, 0145
Website https://www.saqa.org.za/

 

Share this page