Aansoek om erkenning van ’n plantvariëteit

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Oor die registrasie van ’n plantvariëteit

Om sade of steggies (voortplantingsmateriaal) van ’n plant te verkoop, moet jy eers dit registreer op die variëteitslys.

Voordat jy voortplantingsmateriaal van sekere soorte plante in Suid-Afrika mag verkoop, moet jy aansoek doen by die Registrateur van Plantverbetering vir jou nuwe plantvariëteit om erken te word.

Jy kan die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV) versoek om die nuwe plantvariëteit op die variëteitslys in te sluit ingevolge die Wet op Plantverbetering, 1976 (Tabel 2 van die Wet).

Die DLBV hou die variëteitslys van die belangrikste landbou-, groente- en vrugtegewasse in stand. Die bepalende faktor is die belangrikheid van die plant vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.

’n Plantvariëteit kan gelys (erken) word indien daar aan die volgende vereistes voldoen word:

  • Voortplantingsmateriaal moet voldoen aan die vereistes van DUS (duidelik onderskeibaar, uniform en stabiel):
    • dit moet duidelik onderskeibaar wees van ander variëteite van dieselfde spesie
    • dit moet uniform (homogeen) wees, m.a.w. al die plante in ’n aanplanting moet soortgelyk lyk en dieselfde eienskappe hê 
    • dit moet stabiel wees, m.a.w. die plante van die spesifieke variëteit moet, ná herhaalde kweking, steeds soos die oorspronklike plant lyk
    • dit moet ’n aanvaarbare benoeming hê.

Wat om te doen

  • Dien die volgende by die Registrateur vir Plantverbetering in:
    • ’n volledig ingevulde aansoekvorm 
    • ’n tegniese vraelys 
    • die voorgeskrewe aansoekfooi en ondersoekgelde 
    • saad of voortplantingsmateriaal 
    • geskrewe magtiging van die eienaar, indien jy nie die variëteit gekweek, gekies of ontwikkel het nie. 
  • Ten einde die eiesoortigheid van die nuwe variëteit te bepaal, dui duidelik op die tegniese vraelys aan met watter ander bekende variëteite in Suid-Afrika die nuwe variëteit vergelyk kan word.
  • Daar is voorgeskrewe datums waarop die dokumente en voortplantingsmateriaal by die Registrateur ingedien moet word. Hierdie datums, die hoeveelheid voortplantingsmateriaal wat ingedien moet word en waar dit afgelewer moet word, is op versoek vanaf die Registrateur beskikbaar.

Indien beskerming ingevolge die planttelersregte ook vereis word, word aansoekers aangeraai om die aansoek terselfdertyd by die Registrateur van Planttelersregte in te dien om geld en tyd te spaar.

Tydsduur

Die proses om ’n variëteit te lys neem een tot twee groeiseisoene.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2024/25

Vorms om in te vul

(Vorms word in PDF-formaat voorsien. Om PDF-dokumente oop te maak, benodig jy ten minste Adobe Acrobat Reader 4 op jou rekenaar.)

Wie om te kontak

 

National office

Director: Plant Production
Department of Agriculture, Forestry and Fisheries
Private bag x250
PRETORIA

Tel: 012 319 6079/6072
Fax: 027 12 319 6372
E -mail: DPP@dalrrd.gov.za

Physical address:  Harvest House, 30 Hamilton Street, Arcadia, Pretoria
 

Share this page