Aansoek om terugbetaling van motorlisensiegeld

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent 'n aansoek om terugbetaling van motorlisensiegelde

Indien jou motorvoertuig gesteel of gederegistreer is, kan jy aansoek doen om ’n terugbetaling van motorvoertuig-lisensiegelde.

Jou aansoek om terugbetaling moet gemaak word aan die provinsie waar die voertuig geregistreer was, binne ’n tydperk van drie maande ná die datum van kennisgewing dat jou motor gederegistreer is. Jou terugbetaling sal bereken word teen ’n twaalfde van die lisensiegelde wat betaal is vir jou voertuig vir elke maand wat die motorlisensie geldig was.

’n Bedrag van minder as R100.00 sal egter nie terugbetaal word nie.

Wat om te doen

  1. Gaan na die registrasie-owerheid in die provinsie waar jy jou motorvoertuig geregistreer het, met die volgende:
    • Jou identiteitsdokument
    • ’n Beëdigde verklaring wat bevestig dat die voertuig gesteel is, permanent ongeskik vir gebruik is of ’n deregistrasie-sertifikaat daarvoor uitgereik is.
  2. Voltooi die RLF-vorm (Aansoek om Terugbetaling van Lisensiegelde).

Tydsduur

Die aansoek word op dieselfde dag verwerk, maar die terugbetaling word slegs ná ’n paar dae gemaak weens die interne ouditprosesse.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis.

Vorms om in te vul

Vorm RLF (Aansoek om Terugbetaling van Lisensiegelde) (Application for refund of licence fees (RLF) )

Vorms is by die registrasie-owerheid beskikbaar of jy kan dit vanaf die eNaTIS-webwerf aflaai.

Wie om te kontak

 

Contact the relevant municipality

Share this page