Aansoek vir 'n bestuurslisensie

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek vir 'n bestuurslisensie

Jy het 'n bestuurslisensie nodig om wettig op Suid-Afrikaanse paaie te bestuur. Voordat jy vir 'n bestuurslisensie aansoek doen, moet jy 'n leerlinglisensie hê.

Verskillende lisensies word uitgereik vir die verskillende kategorieë van motorvoertuie:

  • Kode A1: Dit is vir 'n motorfiets met of sonder 'n syspan en met 'n enjin van hoogstens 125 cc. Jy moet minstens 17 jaar oud wees op die datum van die toets.
  • Kode A: Dit is vir 'n motorfiets met of sonder 'n syspan en met 'n enjin wat 125 cc oorskry. Jy moet 18 jaar of ouer wees om aansoek te doen.
  • Kode B: Dit is vir 'n motorvoertuig, insluitend 'n minibus, bus en goederevoertuig, met 'n bruto voertuigmassa van hoogstens 3 500 kg. Jy moet 18 jaar of ouer wees om aansoek te doen.
  • Kode C1: Dit is vir 'n motorvoertuig, 'n bus, minibus of goederevoertuig met 'n bruto voertuigmassa tussen 3 500 kg en 16 000 kg. Jy moet 18 jaar of ouer wees om aansoek te doen.
  • Kode C: Dit is vir 'n motorvoertuig, 'n bus of 'n goederevoertuig met 'n bruto voertuigmassa van meer as 16 000 kg.
  • Kode EB: Dit is vir 'n:
    • ligte geartikuleerde motorvoertuig (ligte motorvoertuig wat 'n sleepwa trek) met 'n bruto gekombineerde massa van hoogstens 3 500 kg. Jy moet 18 jaar of ouer wees om aansoek te doen
    • kombinasie van 'n motorvoertuig met 'n tarra van hoogstens 3 500 kg en 'n minibus, bus of goederevoertuig met 'n bruto voertuigmassa van hoogstens 3 500 kg. Jy moet 18 jaar of ouer wees om aansoek te doen.
  • Kode EC1: Dit is vir:
  • 'n swaar geartikuleerde motorvoertuig (swaar motorvoertuig wat een of meer sleepwaens trek) met 'n bruto gekombineerde massa tussen 3 500 kg en 16 000 kg. Jy moet 18 jaar of ouer wees om aansoek te doen.
  • 'n kombinasie van 'n motorvoertuig met 'n tarra tussen 3 500 kg en 16 500 kg en 'n minibus, midibus, bus of goederevoertuig met 'n bruto voertuigmassa tussen 3 500 kg en 16 000 kg. Jy moet 18 jaar of ouer wees om aansoek te doen.
  • Kode EC: Dit is vir 'n geartikuleerde swaar motorvoertuig (swaar motorvoertuig wat een of meer sleepwaens trek) met 'n bruto gekombineerde massa van meer as 16 000 kg of 'n kombinasie van 'n bus of goederevoertuig met 'n bruto voertuigmassa van meer as 16 000 kg. Jy moet 18 jaar of ouer wees om aansoek te doen.

Wat om te doen

  1. Besoek jou naaste bestuurslisensie-toetssentrum om 'n toetsdatum te bespreek. 
  2. Indien jy in Gauteng woon, moet jy aanlyn bespreek by https://online.natis.gov.za/#/.
  3. Neem die volgende saam:
    1. jou leerlinglisensie
    2. jou identiteitsdokument (ID)
    3. vier identiese swart-en-wit foto's. Bevestig eers met die toetsentrum hoeveel foto's hulle nodig het voordat jy foto's laat neem
    4. Bewys van woonadres, bv 'n munisipale rekening. As die rekening nie in jou naam is nie, moet die eienaar van die rekening 'n beëdigde verklaring aflê wat bevestig dat jy by die adres woon; die betrokke rekening moet by die beëdigde verklaring aangeheg word. As jy in 'n informele nedersetting bly, moet jy 'n brief met 'n amptelike datumstempel van die wyksraadslid saamneem, wat jou woonadres bevestig.
    5. die besprekingsfooi.
  4. Voltooi die aansoekvorm vir ’n bestuurslisensie (DL1) by die toetssentrum.
  5. Hou die kwitansie as bewys van betaling en as bevestiging van die toetsdatum en tyd.
  6. Op die datum van die toets, moet jy op die bepaalde toetstyd by die toetssentrum wees. Jou kwitansie en leerlinglisensie sal geverifieer word voor jy met die toets kan voortgaan.
  7. Jy sal deur 'n gekwalifiseerde eksaminator geassesseer word.
  8. As jy die toets slaag, sal jou vingerafdrukke geneem word en jy sal 'n oogtoets by die toetssentrum ondergaan. Alternatiewelik, kan jy ook 'n oogtoets by 'n gekwalifiseerde oogkundige laat doen en die uitslag van die toets by die toetssentrum inhandig.
  9. As jy die bestuurderstoets slaag, is 'n uitreikingsfooi betaalbaar vir jou tydelike bestuurslisensie, wat jy moet gebruik terwyl jy vir jou bestuurslisensiekaart wag.
  10. Jy sal in kennis gestel word wanneer jou bestuurslisensiekaart gereed is om afgehaal te word. Jy moet dit by die toetssentrum waar jy jou aansoek ingedien het, gaan afhaal.

Tydsduur

  • Jou bestuurslisensie sal binne ses to agt weke gereed wees.
  • Die tydelike lisensie word onmiddellik uitgereik.

Hoeveel kos dit

Kontak jou plaaslike lisensiekantoor vir die koste.

Vorms om in te vul

Vorm DL1: Aansoek om bestuurslisensie, is beskikbaar by jou naaste toetsstasie.

Wie om te kontak

 

Contact your local department of transport

Share this page