Doen aansoek om 'n lisensie vir ’n laekragklankuitsaaidiens

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n lisensie vir laekragklankuitsaaidienste

Die Wet op Uitsaaidienste, Wet 4 van 1999), definieer 'n laekragklankuitsaaidiens as 'n gemeenskaps-, private of openbare klankuitsaaidiens wat krag uitstraal wat nie meer as een watt oorskry nie.

'n Lisensie vir laekragklankuitsaaidienste word in die volgende kategorieë toegestaan:

  • Kommersiële laekragklankuitsaaidienste - dienste wat bedryf word vanaf  en uitgesaai word na winkelsentrums, sportgronde, skougronde en inryteaters, of enige ander soortgelyke diens wat die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) as toepaslik beskou.
  • Gemeenskapslaekraguitsaaidienste - dienste wat bedryf word vanaf en uitgesaai word na ouetehuise, skakels tussen plekke van aanbidding, skakels tussen plekke van aanbidding en ouetehuise, of enige ander soortgelyke diens wat die Owerheid as toepaslike beskou.

Lisensies vir gemeenskaps- en kommersiële laekragklankuitsaaidienste sal vir drie jaar geldig wees, en 'n lisensie vir ’n spesiale geleentheid laekragklankuitsaaidiens sal vir dertig dae geldig wees.

Wat om te doen

  1. Identifiseer 'n geskikte frekwensie vir laekraggebruik.
  2. Bepaal die ligging van die ateljee en uitsaaiplek.
  3. Stel 'n werkgroep op om verantwoordelikheid vir die aansoekproses te aanvaar en tree namens die organiseerders as aansoeker op.
  4. Die werkgroep moet:
    • handtekeninge van die gemeenskap verkry
    • 'n besigheidsplan opstel
    • die demokratiese verkiesing van raadslede fasiliteer.
  5. Versoek 'n afskrif van die aansoekvorm vir uitsaaidienste en seinverspreiding van Okosa.
  6. Voltooi die aansoekvorm in drukskrif met hoofletters.
  7. Dien die oorspronklike aansoekvorm plus vyf afskrifte van die vorm en een in elektroniese formaat by Okosa in, saam met bewys van betaling van die aansoekfooi.
  8. Betaal die aansoekfooi in Okasa se bankrekening:
    Bank: Nedbank 
    Rekeningno: 1454090456
    Takkode: 198765
    Tak: Nedbank South Africa
    Swift code: NEDSZAJJ

Onvolledige aansoeke sal aan die aansoeker teruggestuur word en geen verantwoordelikheid vir enige ongerief sal aanvaar word nie.

Tydsduur

Goedkeuring vir hierdie lisensie kan twee tot drie maande neem.

Koste

Tariewe 2020/21

Vorms om in te vul

Die aansoekvorm sal deel wees van die skedules wat in die Staatskoerant gepubliseer sal word.

Kontakbesonderhede

 

ICASA head office
Tel: 012 568 3000/3001
E-mail: info@icasa.org.za 

Physical address: 350 Witch-Hazel Ave, Eco-Park Estate, Centurion, 0144
Postal address: Private Bag X10, Highveld Park 0169

Regional offices

 

Share this page