Doen aansoek om 'n kommersiële uitsaaidienslisensie

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n kommersiele uitsaaidienslisensie

’n Kommersiële uitsaaidienslisensie word uitgereik aan ’n uitsaaidiens met 'n winsoogmerk of ’n uitsaaidiens wat as deel van ’n winsentiteit bedryf word. Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie is die enigste gelisensieerde openbare uitsaaier in Suid-Afrika.

Enige persoon wat beoog om ’n kommersiële uitsaaidiens te bied, moet in besit wees van ’n kommersiële  klankuitsaailisensie.

Die aansoekvorm en die voorgestelde geografiese gebiede vorm deel van die spesifieke uitnodiging om aansoek te doen wat in die Staatskoerant gepubliseer word.

Wat om te doen

  1. Voltooi die aansoekvorm in drukskrif en in hoofletters.
  2. Dien die oorspronklike en 16 gesertifiseerde afskrifte van die aansoekvorm asook ’n nie-terugbetaalbare aansoekvorm by die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika in.
  3. Onvolledige aansoeke sal na die aansoeker teruggestuur word en geen verantwoordelikheid sal vir enige ongerief aanvaar word nie.

Tydsduur

Lisensiëring kan tussen ses en twaalf maande neem.

Hoeveel kos dit

Tariewe 2023/24

Vorms om in te vul

Die aansoekvorm vorm deel van die skedules wat in die Staatskoerant gepubliseer sal word.

Wie om te kontak

 

ICASA head office

Tel: 012 568 3000/3001
E-mail: info@icasa.org.za 

Physical address: 350 Witch-Hazel Ave, Eco-Park Estate, Centurion, 0144
Postal address: Private Bag X10, Highveld Park 0169

Regional offices

Share this page