Enige persoon (gebruiker) wat hierdie webwerf besoek, is onderhewig aan en stem toe tot die bepalings en voorwaardes wat in hierdie regskennisgewing uiteengesit word. Indien die gebruiker nie deur hierdie bepalings en voorwaardes gebind wil wees nie, mag die gebruiker hierdie webwerf nie besoek of die inhoud wat op hierdie webwerf beskikbaar is, vertoon, gebruik of aflaai en/of andersins kopieer of versprei nie.
1. Gebruik en kopiereg
1.1 Gebruikers mag die inhoud van hierdie webwerf, of enige deel daarvan, slegs vir inligtings- of verwysingsdoeleindes en vir niekommersiële doeleindes bekyk, kopieer, op ’n plaaslike skyfaandrywer aflaai, druk en versprei.
1.2 Gebruikers wat die inligting op hierdie webwerf vir kommersiële doeleindes wil gebruik, mag dit slegs doen indien hulle vooraf skriftelike toestemming verkry het van die webbestuurder by telefoonnommer +27 12 314 2140 of e-pos electronic@gcis.gov.za. Enige reproduksie en/of kopie van die inhoud of ’n deel daarvan vir kommersiële doeleindes moet die volgende kopieregkennisgewing volledig insluit: © GCIS2013: ALLE REGTE VOORBEHOU.
1.3 Tensy morele en ander regte uitdruklik verleen is met betrekking tot inhoud wat op hierdie webwerf verskyn, word alle sodanige regte van die Regeringskommunikasie- en -inligtingstelsel (GCIS) of ’n ander regspersoon, voorbehou.
2. Intellektuele goederereg
Alle inhoud, data en handelsmerke, met inbegrip van, maar nie beperk nie tot sagteware, tegnologie, databasisse, kundigheid, teks, grafika, ikone, hiperskakels, privaat inligting, ontwerpe, program, publikasie, produk, proses of idee wat op hierdie webwerf beskryf word, kan aan ander regte onderhewig wees, insluitende ander intellektuele goedereregte wat die eiendom is van, of gelisensieer is aan die GCIS of ’n regspersoon, en wat as sodanig deur Suid-Afrikaanse wetgewing en internasionale verdrae en konvensies teen inbreuk beskerm word. Alle ander regte op alle intellektuele goedere, buiten die regte wat in hierdie ooreenkoms aan die gebruiker verleen word, word uitdruklik voorbehou, en deur toegang te verkry tot data op hierdie webwerf verkry die gebruiker geen lisensie of magtiging nie.
3. Vrywaring
3.1 Hierdie inligting wat op hierdie webwerf verstrek word, is bedoel om algemene inligting oor ’n bepaalde onderwerp of onderwerpe verstrek. Dit bied nie volledige inligting oor die betrokke onderwerp of onderwerpe nie.
3.2 Dit is die gebruiker se alleenverantwoordelikheid om, voordat hy of sy toegang tot die webwerf verkry, seker te maak dat die webwerf aan die gebruiker se individuele vereistes sal voldoen en met die gebruiker se hardeware en/of sagteware versoenbaar is. Inligting, idees en menings wat op hierdie werf vervat is, moet nie beskou word as professionele advies, of as die amptelike mening van die CGIS, of enige regspersoon namens wie inligting, idees en menings op hierdie webwerf gegee word nie.
3.3 Die GCIS maak geen voorstelling en verleen geen waarborg, hetsy by implikasie of andersins, dat, onder andere, die inhoud en tegnologie wat op hierdie werf beskikbaar is, foutvry en sonder leemtes is, of dat die diens 100% ononderbroke en foutvry sal wees, of dat dit aan enige bepaalde kriteria ten opsigte van prestasie of gehalte sal voldoen nie. Hierdie webwerf word “voetstoots” aangebied. Die GCIS ontken uitdruklik enige aanspreeklikheid ten opsigte van geïmpliseerde waarborge, met inbegrip van, maar nie beperk nie tot, waarborge oor bemarkbaarheid, titel, geskiktheid vir ’n bepaalde doel, nie-inbreukmaking, versoenbaarheid, sekuriteit en akkuraatheid, en maak geen uitdruklike of geïmpliseerde voorstelling of waarborg ten opsigte van die inhoud van die webwerf, of dat die webwerf só saamgestel is of sodanige inligting verskaf dat dit aan die gebruiker se individuele vereistes sal voldoen nie. Gebruikers word aangemoedig om enige moontlike foute, wanfunksies of aanstootlike materiaal te rapporteer aan die e-pos electronic@gcis.gov.za.
3.4 Gebruikmaking van die inhoud van hierdie webwerf geskied op die gebruiker se risiko. Die gebruiker aanvaar volle verantwoordelikheid en die risiko van verlies wat uit die gebruik van inligting op hierdie werf mag voortspruit. Nóg die GCIS of enige van die regspersone ten opsigte van wie inligting op hierdie werf vervat is, nóg werknemers van die GCIS of sodanige regspersoon, kan aanspreeklik gehou word vir enige spesiale, indirekte, toevallige, gevolgskade of bestraffende skadevergoeding, of enige ander skadevergoeding ook al, ongeag of dit voortgevloei het uit’n kontrak, wetsbepaling, delik (met inbegrip van, sonder beperking, nalatigheid) of andersins, wat met die gebruik van hierdie dokument of inligting verband hou. Indien enige genoemde aspekte om enige rede nie volledig afdwingbaar is nie, sal die oorblywende aspekte steeds van krag wees. Onderhewig aan afdelings 43(5) en 43(6) van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Wet op Transaksies, Wet 25 van 2002, sal die GCIS nie aanspreeklik wees vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van watter aard ook al wat mag voortspruit uit die gebruik of onvermoë om hierdie webwerf te gebruik of die dienste of inhoud wat van en deur hierdie webwerf voorsien word nie.
3.5 Bepaalde koppelings in die webdiensverskaffer lei tot bronne wat onderhou word deur derde partye oor wie die GCIS geen beheer het nie. Die GCIS lewer geen voorstelle of waarborge ten opsigte van die akkuraatheid van hierdie bronne of enige ander aspek wat daarmee verband hou nie.
3.6 Die bepalings van deel 2 van hoofstuk III van die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies, Wet 25 van 2002, is nie van toepassing op enige elektroniese kommunikasies en databoodskappe wat ’n gebruiker via hierdie webwerf aan die GCIS stuur nie. Enige kommunikasie of databoodskappe wat ’n gebruiker aan die GCIS stuur, sal beskou word as boodskappe wat deur die GCIS ontvang is wanneer ontvangs skriftelik erken word. Indien die gebruiker nie binne ’n redelike tyd reaksie kry nie, moet die gebruiker by die GCIS daaroor navraag doen. Die GCIS sal nie aanspreeklik gehou kan word vir enige versuim om te reageer nie.
3.7 Indien ’n gebruiker enige inligting van die GCIS verlang oor dienste of die inhoud van hierdie webwerf, stuur 'n versoek aan die e-pos electronic@gcis.gov.za.
4. Sekuriteit
4.1 Beskerming
Die GCIS handhaaf redelike kommersiële tegnologiestandaarde en operasionele sekuriteit om alle inligting wat deur gebruikers voorsien word teen verlies, misbruik, wysiging of vernietiging te beskerm. Alle redelike stappe sal geneem word om ’n gebruiker se inligting te beveilig. Van gemagtigde werknemers, wat verantwoordelik is vir die onderhoud van enige sensitiewe data wat ingestuur word, word verwag om die vertroulikheid van sodanige data te handhaaf. Die beleid is van toepassing op alle werknemers van die GCIS en openbare liggame wat moontlik sodanige inligting van die GCIS kan ontvang. Enige persoon, sakeonderneming of entiteit word uitdruklik verbied om ongemagtigde toegang te verkry of te probeer verkry tot enige bladsy op hierdie webwerf, of om enige ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode by hierdie webwerf af te lewer of te probeer aflewer. Indien ’n persoon enige ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode by hierdie webwerf aflewer of probeer aflewer, of probeer om ongemagtigde toegang tot enige bladsy op hierdie webwerf te verkry, sal ’n kriminele klag teen daardie persoon gelê word en, indien die GCIS of enige openbare liggaam enige skade of verlies sou ly, sal siviele skadevergoeding geëis word.
4.2 Skakeling en raming
Ons verwelkom dit dat derde partye van hulle webwerwe af skakels voorsien na die inligting wat die GCIS op hierdie bladsye bied.
Alle persone, sakeondernemings, entiteite of webwerwe word egter uitdruklik verbied om enige bladsy op hierdie webwerf, insluitende die tuisbladsy, op enige wyse te raam tensy hulle vooraf skriftelike toestemming daartoe van die GCIS verkry het.
4.3 Skakels met derdepartywebwerwe
Die GCIS kan gerieflikheidshalwe skakels met ander webwerwe verskaf. Die insluiting van enige skakeling impliseer nie dat die GCIS daardie werwe goedkeur nie. Geskakelde webwerwe of bladsye is nie aan die GCIS se beheer onderhewig nie. Die GCIS is nie verantwoordelik of aanspreeklik, hetsy direk of indirek, of op enige ander wyse, vir die inhoud, gebruik, of onvermoë om enige geskakelde webwerwe of enige skakel wat in ’n geskakelde webwerf vervat is, te gebruik of toegang daartoe te verkry nie.
5. Privaatheid
5.1 Inleiding
Die privaatheidsverklaring is van toepassing op die GCIS en enige regsentiteit wat inligting wat via hierdie werf versamel kan word, beheer, verifieer of daarvan gebruik maak.
’n Gebruiker kan hierdie werf besoek sonder om enige persoonlike besonderhede te verskaf. ’n Gebruiker onderneem egter om sodanige data in ooreenstemming met die privaatheidsverklaring te gebruik. Let asseblief daarop dat hierdie werf skakels kan hê met ander werwe wat nie aan hierdie privaatheidsverklaring onderhewig is nie.
Indien ’n gebruiker enige vrae of kommer het oor hierdie privaatheidsverklaring of die gebruiker se privaatheid terwyl hierdie webwerf gebruik word, kan dit via die e-pos electronic@gcis.gov.za aan GCIS gestuur word.
5.2 Koekies
Die GCIS kan koekies (klein tekslêers wat in ’n gebruiker se rondblaaier gestoor word) of webbakens (elektroniese beelde wat die webwerf in staat stel om te tel hoeveel gebruikers toegang tot ’n bepaalde bladsy of koekies verkry het) gebruik om te sorg dat die webwerf goed bestuur word en om hom te help om die werf te verbeter. Die GCIS of sy diensverskaffer(s) kan koekies gebruik om kollektiewe data te versamel. Die GCIS kan hierdie instrumente van tyd tot tyd gebruik om inligting op sy stelsels op te spoor en om gebruikerskategorieë te identifiseer op grond van items soos IP-adres, domein, blaaiertipe en bladsye wat besoek is. Hierdie inligting word aan die webadministrateur gerapporteer, wat die inligting ontleed om vas te stel hoeveel gebruikers die onderskeie terreine van die werf besoek en om te sorg dat hierdie werf as ’n nuttige en doeltreffende inligtingsbron diens doen.
Nóg koekies, nóg webbakens samel persoonlike inligting, soos die gebruiker se naam of e-posadres, in. ’n Gebruiker kan ’n koekie weier, aangesien die meeste blaaiers individuele gebruikers toelaat om dit te doen. Onder sekere omstandighede kan gebruikers egter toegang tot sekere dele van hierdie webwerf geweier word indien hulle blaaiers ingestel is om koekies te weier.
5.3 Gebruik van persoonlike inligting
Persoonlike inligting word slegs vir beperkte doeleindes gebruik, soos wanneer ’n gebruiker op die webwerf registreer om te vra dat inligting oor GCIS se belangstellingsvelde voortaan aan hom of haar gestuur moet word. Die GCIS kan die inligting wat ’n gebruiker indien, gebruik om ’n persoonlike profiel te skep om sy reaksie op verdere versoeke of navrae pasklaar te maak en om sy webwerf te verbeter. Wanneer ’n gebruiker kies om aanlyn te registreer vir ’n gebeurtenis waarvoor die GCIS die gasheer is, sal die GCIS die inligting wat die gebruiker indien, gebruik om op die gebruiker se versoek te reageer. Daarbenewens kan die webadministrateur, waar nodig, ’n gebruiker se inligting vir verskeie werfverwante take gebruik. Die GCIS sal toesien dat enige bemarkingsaktiwiteite in ooreenstemming is met die toepaslike wetgewing, en dat die nodige prosedures in werking gestel word om te sorg dat toestemming verkry word voor die gebruiker se e-pos wat inligting oor die GCIS se dienste bevat, uitgestuur word.
5.4 Openbaarmaking aan derde partye
Hoewel die GCIS gebruikers se inligting mag verskaf aan diensverskaffers wat inligting namens hom hanteer, sal hy hierdie inligting gewoonlik nie vir sekondêre of verwante doeleindes aan derde partye of ander openbare entiteite bekendmaak nie, tensy die teendeel by die versamelingspunt aan die gebruiker meegedeel is.
Persoonlike inligting kan internasionaal via die GCIS of na derdepartye oorgesend word vir die doeleindes wat hierbo vermeld is. Dit sal nie oordrag insluit na lande sonder databeskermingsreëls wat soortgelyk aan die reëls in die gebruiker se land van verblyf is nie. Deur inligting via hierdie webwerf aan die GCIS te verstrek, stem die gebruiker tot sodanige inligtingsoordrag toe.
In toepaslike gevalle mag persoonlike inligting geopenbaar word aan wetstoepassers, regulerings- of ander regeringsagentskappe, of aan derde partye waar dit nodig of wenslik is ten einde te voldoen aan regs- of reguleringspligte, of vir die doeleindes wat hierbo vermeld is.
5.5 Toegang tot persoonlike inligting
Indien persoonlike inligting na hierdie webwerf gestuur is, kan gebruikers wat hulle persoonlike inligting wil hersien, dit doen deur by wyse van die e-pos electronic@gcis.gov.za so ’n hersiening aan te vra. Gebruikers sal dan toegang tot hulle gebruikersprofiel verkry om hulle besonderhede te wysig of by te werk, of hulle intekening te eniger tyd op te skort. Gebruikers wat enige probleem ondervind om toegang tot hulle profiele te verkry of wat ’n afskrif van hulle persoonlike inligting wil aanvra, moet deur middel van die e-pos electronic@gcis.gov.za met die webadministrateur in verbinding tree. Die GCIS sal versoeke om toegang tot inligting te verkry of die inligting te wysig in alle gevalle in ooreenstemming met die toepaslike wetsvereistes hanteer.
5.6 Geen ooreenkoms nie
Niks wat hierin vervat is, skep ’n kontrak, of probeer ’n kontrak of ooreenkoms skep, tussen die GCIS en enige gebruiker wat die webwerf besoek nie.
5.7 Beskerming van kinders se privaatheid
Die GCIS erken die belangrikheid daarvan om kinders se privaatheid in die interaktiewe aanlynwêreld te beskerm.
6. Skeiding
Hierdie bepalings en voorwaardes vir gebruik stel die hele professionele of ander verhouding tussen die BCIS en die gebruiker van hierdie webwerf daar. Versuim van die GCIS om enige reg of bepaling (voorskrif) van hierdie bepalings en voorwaardes van gebruik uit te oefen of af te dwing, sal in geen opsig neerkom op afstanddoening van sodanige regte of bepalings (voorskrifte) nie. Indien enige bepaling of voorwaarde vir die gebruik van hierdie webwerf nie ten volle afdwingbaar of geldig is nie, ongeag om watter rede ook al, sal sodanige bepaling(s) of voorwaarde(s) skeibaar wees van die oorblywende bepalings en voorwaardes. Die oorblywende bepalings en voorwaardes sal nie deur sodanige onafdwingbaarheid of ongeldigheid beïnvloed word nie, en sal afdwingbaar en van toepassing bly.
7. Bywerk van hierdie bepalings en voorwaardes
Die GCIS behou hom die reg voor om hierdie bepalings en voorwaardes vir gebruik, of gedeeltes daarvan, van tyd tot tyd te wysig, aan te pas, byvoegings daaraan te maak, of dele daarvan weg te laat. Veranderings aan hierdie bepalings en voorwaardes vir gebruik word van krag sodra hierdie veranderings op hierdie webwerf aangebring word. Dit is die gebruiker se plig om gereeld hierdie bepalings en voorwaardes vir gebruik op hierdie webwerf na te gaan om te kyk of veranderings of aanvullings aangebring is. Die gebruiker se voortgesette gebruik van hierdie webwerf nadat veranderings of aanvullings aangebring is, sal beskou word as kennisgewing dat die gebruiker die bepalings en voorwaardes vir gebruik, asook sodanige veranderings en aanvullings daartoe, aanvaar.
8. Inligting oor webwerf en eienaar
8.1 Die volle naam en regstatus van die webwerfeienaar is:
Regeringskommunikasie- en -inligtingstelsel (GCIS), ’n nasionale staatsdepartement van die Republiek van Suid-Afrika, soos verteenwoordig deur die Hoof- Uitvoerende Beampte van die GCIS.
8.2 Die webwerfadres van hierdie webwerf is: http://www.services.gov.za
8.3 Die kontakbesonderhede van webwerfeienaar is:
Posadres:
Regeringskommunikasie- en -inligtingstelsel
Privaatsak X745
PRETORIA
0001
Straatadres:
Regeringskommunikasie- en -inligtingstelsel
Midtown-gebou
H/v Prinsloo- en Vermeulenstraat
PRETORIA
Suid-Afrika
Tel.: +27 12 314 2911
Faks: +27 12 323 3831
E-pos: electronic@gcis.gov.za
|