Verklaring oor die Kabinetsvergadering van 28 Junie 2015

1. Sleutelkabinetsbesluite

1.1. Die Kabinet het planne goedgekeur om Operasie Phakisa-mynboulaboratorium in bedryf te stel, wat 'n stel konkrete probleme sal identifiseer wat groei en ontwikkeling in die sektor beperk. Die mynboulaboratorium sal ook help om planne te ontwikkel om hierdie uitdagings te oorkom. ’n Vier week lange mynboulaboratorium word vir Oktober 2015 beplan.

1.2. Die Kabinet het goedgekeur dat die konsep-biodiversiteitekonomiestrategie vir openbare kommentaar gepubliseer word. Die strategie dek die 14 jaar wat in 2030 eindig. Die strategie poog om die bydrae wat biodiversiteit op die bruto binnelandse produk het te verhoog en terselfdertyd die land se ekostelsel te bewaar.
Dit sal onder andere op die bevordering van groei in natuurlewe- ekotoerismesektore fokus.

1.3. Die Kabinet het die konsepraamwerk en benadering vir die formulering van Suid-Afrika se voorgenome nasionale vasgestelde bydrae vir konsultasie met belanghebbendes voor voorlegging aan die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering (VNRKKV) vir openbare kommentaar goedgekeur.
Sodra konsultasie afgehandel is, sal die raamwerk deel wees van ’n wettige ooreenkoms ingevolge die VNRKKV, wat in Desember 2015 in Parys, Frankryk, aanvaar sal word.

2. Wetsontwerpe

Die Kabinet het die publikasie van die volgende Wetsontwerpe vir openbare kommentaar goedgekeur:

2.1. Grensbestuuragentskap-wetsontwerp GBA 2015, wat daarop gemik is om die GBA op die been te bring, wat veilige oorgrensreis, handelsfasilitering sal bewerkstellig en knelpunte in nasionale veiligheid binne die konteks van Suid-Afrika se streeks- en internasionale verpligtinge in Afrika sal pak. Hierdie owerheid vir grenswetstoepassing bied die potensiaal vir meer kostedoeltreffende dienste asook verbeterde veiligheid en bestuur van grensomgewings.

2.2. Wysigingswetsontwerp op Vlugtelinge, 2015, wat daarop gemik is om ’n meer doeltreffende aansoekproses vir die asielsoekers skep.

Die Kabinet het ook die indiening van die volgende wetsontwerpe in die Parlement goedgekeur:

2.3. Plaaslike Regering: Wysigingswetsontwerp op Munisipale Verkiesings, 2015, wat die Wet op Plaaslike Regering wysig: Munisipale Kieswet, 2000 (Wet 27 van 2000).

Die wysigings raak kwessies om deeglike voorbereiding en uitvoering van die plaaslike verkiesings in 2016 te verseker.

2.4. Wysigingswetsontwerp op Werkloosheidsversekering, 2014. Dit is die tweede wysiging van die Wet op Werkloosheidsversekering 2001 (Wet 63 van 2001).
Sodra die Wetsontwerp gepromulgeer is, sal dit onder andere die tydperk van die betaling van voordele aan die bydraer van agt tot 12 maande verleng en die tydperk waarin 'n bydraer 'n eis van ses maande kan indien tot 12 maande verleng.  

3. Komende gebeure

3.1. Die Kabinet het die 2015-Vrouemaand-tema: “Vroue, Verenig om Suid-Afrika Vorentoe te Beweeg” goedgekeur asook die kalender van aktiwiteite vir Vrouemaand, wat 'n jaar lange program sal inlui.

Die Vrouedag-geleentheid op 9 Augustus 2015 vind plaas op Sasolburg in die Vrystaat, en sal gekenmerk word deur president Jacob Zuma se vrystelling van die eerste verslag oor die status van vroue.

2015 is ook die 59ste herdenking van die vroue-optog na die Uniegebou teen paswette, en kom in aanloop tot die 60ste herdenking in 2016.

3.2. Die minister van wetenskap en tegnologie, me Naledi Pandor, sal Nasionale Wetenskapweek (NWW) bekend stel wat vanaf 1 tot 8 Augustus 2015 op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus plaasvind. Sy sal vergesel word deur die Noordwes LUR vir onderwys, me Maphefo Matsemela, en die NWU se visekanselier, prof. Dan Kgwadi. Duisende leerders, studente, wetenskaplikes en gemeenskapslede sal die geleentheid sal bywoon.

Die tema vir NWW 2015 is "Internasionale Jaar van lig en liggebaseerde tegnologie". Lig en die betekenis daarvan om mense se lewens te verbeter sal in verskillende vorme ten toon gestel word soos die gebruik van laser in gesondheid, katarakchirurgie, nywerheidsvervaardiging, motorsweiswerk en veiligheidsbalke om inbrake te verhinder.  

Die Departement van Wetenskap en Tegnologie het deur die Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR), in fotonika belê. Dit is die wetenskap van ligtegnologie vir die opwekking, beheer en opsporing van liggolwe en ligdeeltjies. Dit het onder meer tot ’n wêrelddeurbraak in digitale lasertegnologie gelei. Die deurbraak by die WNNR verteenwoordig 'n nuwe manier van dink oor lasertegnologie wat as platform kan dien waarop toekomstige tegnologie gebou kan word.

4. Aanstellings

Alle aanstellings is onderhewig aan verifikasie van kwalifikasies en uitklarings.

4.1. Mnr Stavros Nicolaou as alternatiewe lid van die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad vir die Adviesraad van Spesiale Ekonomiese Sones.

4.2. Land Bank:

a) Mnr. Patrick Mathidi Bafana - (heraanstelling as nie-uitvoerende direkteur);
b) Adv. Sandra Julie Hester Coetzee - (nie-uitvoerende direkteur);
c) Me. Mathane Eveline Makgatho - (nie-uitvoerende direkteur); en
d) Mnr. Bennie van Rooy - (finansiële hoof as uitvoerende direkteur).

4.3. Raad van die Nasionale Huisbouersregistrasieraad:
a) Mnr. Abbey Chikane (voorsitter);
b) Me. Julieka Bayat;
c) Me. Xoliswa Eunice Daku;
d) Mnr. Themba Thomas Cyril Dlamini;
e) Me. Hlaleleni Kathleen Dlepu;
f)  Ambassadeur Segogwane Samuel Kotane;
g) Mnr. Phetola Nailana Salomo Makgathe;
h) Me. Mankwana Christinah Mohale;
i) Me. Busisiwe Nwabisa Nzo;
j) Mnr. Alvin Phumudzo Rapea;
k) Mnr. Goolam Hoosen Manack (Nasionale Tesourie-verteenwoordiger);
l)  Mnr. Obed Lucas Molotsi (Departement van Openbare Werke-verteenwoordiger); en
m) Mnr. Lulama Andisa Potwana (Departement van Handel en Nywerheid-verteenwoordiger).

4.4. Dr Charles Nwaila Muzamani as direkteur-generaal (DG) van die Departement van Tradisionele Sake – (uitbreiding van die kontrak vir drie jaar)

4.5. Dr Bongani Douglas Ngqulunga as adjunk-direkteur-generaal: Private kantoor van die president in die Presidensie.

Navrae:
Me. Phumla Williams (Waarnemende Kabinetwoordvoerder)
Skakel: 083 501 0139

Share this page

Similar categories to explore