Aansoek vir goedkeuring as ‘n openbare weldaadsorganisasie (PBO)

Indien jou maatskappy goedkeuring wil ontvang as ‘n openbare weldaadsorganisasie moet jy aansoek doen by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS).

Om te kwalifiseer moet ‘n organisasie ingelyf of gestig wees in Suid-Afrika as:

  •  ‘n nie-winsgewende maatskappy wat ‘n memorandum van inlywing het as stigtingsdokument
  • ‘n trust wat ‘n trustakte as stigtingdokument het of
  • ‘n vereniging van persone wat ‘n grondwet as stigtingsdokument het.

Die organisasie sal vrygestel word van inkomstebelasting indien dit goedgekeur is deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en voldoen aan die vereistes soos uiteengesit in die Wet op Inkomstebelasting.

Vind meer uit oor openbare weldaadsorganisasies of kontak SARS op 012 483 1700 of teu@sars.gov.za vir meer in ligting.

 

SARS Contact Centre 0800 00 7277

Share this page