Aansoek om 'n sertifikaat van die Internasionale Saadtoetsvereniging (ISTV)

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Aansoek om Internasionale Saadtoetsvereniging (ISTV)-sertifikaat

Ten einde saad uit te voer met 'n ISTV-sertifikaat (oranje en/of blou), moet jy by die Amptelike Saadtoetslaboratorium (ASTL) aansoek doen.

Die ASTL is ’n geakkrediteerde lid-laboratorium (akkreditasienommer ZA01) van die ISTV. Die ASTL is gemagtig om internasionale saadanalisesertifikate uit te reik.

Jy kan aansoek doen om ’n saadlotsertifikaat (oranje) of ’n saadmonstersertifikaat (blou).

  • Die oranje sertifikaat word uitgereik wanneer die monster amptelik vanuit die lot (besending) geneem word en toetse word onder die toesig van ’n geakkrediteerde laboratorium uitgevoer. Die sertifikaat is van toepassing op die saadlot waaruit dit geneem is.
  • Die blou sertifikaat word uitgereik wanneer die monsterneming nie onder die toesig van ’n geakkrediteerde laboratorium gedoen word nie, en die geakkrediteerde laboratorium slegs vir die toetsing van die monster verantwoordelik is. Hierdie sertifikaat is slegs van toepassing op die monster wat vir toetsing ontvang is.

Wat om te doen

Vir die oranje internasionale sertifikaat:

  1. Kontak die ASTL vir die aansoekvorm vir die oranje internasionale sertifikaat.
  2. Versoek dat amptelike saadgroepnommers toegeken word.
  3. Faks die aansoekvorm na die ASTL by  012 319 6372 of e-pos dit na BeckyM@daff.gov.za of AngelMab@daff.gov.za
  4. Sodra jou aansoek ontvang is, sal daar ’n unieke saadlotnommer toegeken word en jou aansoek sal aan jou teruggestuur word. Dit sal ook na die monsternemer in die streekkantoor naaste aan die plek waar die monster geneem sal word, gestuur word. 
  5. Berei die saadmonster voor. Dit sluit in om die lot met die toegekende lotnommers te merk. Jy moet elke houer (duidelik leesbaar) merk of dit etiketteer met jou toegekende lotnommer.
  6. Stel die monsternemer in kennis wanneer die monster gereed is vir monsterneming.
  7. Die monsternemer is verantwoordelik vir die amptelike monsterneming en seël van die saadlotte.
  8. Die monsters word na die ASTL gestuur en getoets vir kwaliteit, en die toepaslike sertifikaat word uitgereik.
  9. Nadat jou monster ingedien is, sal jy ’n faktuur ontvang.
  10. Betaal die saadtoetsfooi en stuur bewys van betaling na die ASTL vir uitreiking van die sertifikaat.

Vir ’n blou internasionale sertifikaat:

  1. Doen aansoek om ’n blou sertifikaat met ’n brief op jou eie maatskappy se briefhoof, aangesien die merk van die saadlot en amptelike monsterneming nie van toepassing is nie.
  2. Betaal die saadtoetsfooi en stuur bewys van betaling na die ASTL vir uitreiking van die sertifikaat.

Bankbesonderhede vir beide oranje en blou internasionale sertifikate
Bank: Standard Bank
Taknaam: Arcadia
Takkode: 01-08-45
Rekeningnommer: 011244887
Rekeningnaam: NDA: Seed Testing Services

Jy kan elektronies of oor die toonbank betaal.

Onthou om die faktuurnommer in te sluit vir verwysingsdoeleiendes.

Tydsduur

Die ASTL gee voorkeur aan die toetsing van saadmonsters vir uitvoerdoeleindes. Die verskeie tipes gewasse het verskillende toetstoestande en die duur van ’n toets kan wissel tussen ’n paar dae tot ’n paar weke.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2024/25

Vorms om in te vul

Aansoek om die uitreiking van ’n Orange Internasionale Sertifikaat (OIS)

Wie om te kontak

Tel: 012 3196262/6311
Fax: 012  319 6372 
E-mail: BeckyM@daff.gov.za / AngelMab@daff.gov.za

Physical address: Official Seed Testing Station, Directorate Plant Production,
Plant Genetic Resources Centre, KwaMhalanga Road, Roodeplaat,
Pretoria

Postal address: Official Seed Testing Centre, Directorate Plant Production,
Private Bag X250,
Pretoria,
0001

Share this page