Aansoek om planttelersregte

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor planttelersregte

'n Planttelersreg is 'n vorm van intellektuele eiendomsreg wat aan telers van nuwe plantvariëteite toegestaan word. Telers van nuwe plantvariëteite word planttelersregte toegestaan om hul variëteite teen uitbuiting sonder hul toestemming te beskerm.

Indien jy 'n nuwe plantvariëteit teel en jy graag finansieel vir jou moeite beloon wil word, moet jy daardie variëteit by die Registrateur van Planttelersregte registreer. Sodra jy 'n plantvariëteit geregistreer het, word dit jou intellektuele eiendom. Enige individuele teler of teelinstansie mag aansoek doen om planttelersregte. Buitelandse telers mag slegs aansoek doen deur 'n agent wat in Suid-Afrika woon.

Planttelers word slegs regte toegeken vir die tipe plante wat verklaar is ingevolge die Wet op Planttelersregte, 1976 (Wet 15 van 1976). Hierdie regte word in Tabel 1 van die Regulasies gelys.

Vereistes vir die toekenning van planttelersregte

Om planttelersregte te bekom, moet die plantvariëteite duidelik onderskeibaar, uniform en stabiel (DUS) wees en 'n aanvaarbare benaming (variëteitsnaam) hê. 'n Variëteit word beskou as:

  • nuut indien:
    • die voortplantingsmateriaal (saad of steggie van 'n plant) van 'n variëteit vir meer as 'n jaar nie in Suid-Afrika verkoop is nie
    • die voortplantingsmateriaal van 'n boomvariëteit of wingerd vir meer as ses jaar nie deur 'n ander een gekommersialiseer is nie, of in die geval van enige ander plant vir nie meer as vier jaar nie.
  • duidelik onderskeibaar indien dit duidelik onderskeibaar is van enige ander variëteit van dieselfde spesie
  • uniform indien die plante van 'n variëteit soortgelyk lyk en genoegsaam dieselfde is ten opsigte van die toepaslike eienskappe
  • stabiel indien die plant van 'n spesifieke variëteit, ná herhaalde kweking, steeds soos die oorspronklike plante lyk.

Duur van 'n planttelersreg

Sodra jou variëteit goedgekeur is, sal 'n planttelersregte-sertifikaat aan jou uitgereik word. Planttelersregte is vir 25 jaar geldig vir wingerde en bome, en vir 20 jaar vir alle eenjarige variëteite, bereken vanaf die datum waarop die registrasiesertifikaat uitgereik is.

Let wel: As die houer van die planttelersreg, moet jy die plant se belange beskerm en verseker dat die variëteit nie onwettig deur enige ongemagtigde persoon ontgin word nie.

Voorlopige beskerming


Jy mag by die Registrateur van Planttelersregte aansoek doen vir voorlopige beskerming totdat alle toetse voltooi is en jou planttelersreg toegestaan is. Voorlopige beskerming word aanbeveel vir gewasse waar die toetse langer as 'n jaar neem om te voltooi.

Wat is jou verpligtinge?

Tydens die duur van jou regte moet jy:

  • die variëteit in stand hou en verseker dat die voortplantingsmateriaal altyd beskikbaar is
  • die voorgeskrewe jaarlikse fooie betaal.

Indien jy versuim om dit te doen, kan die Registrateur jou planttelersregte kanselleer.

Wat om te doen

  1. Raadpleeg Tabel 1 van die Wet op Planttelersregte om vas te stel of die soort plant verklaar is.
  2. Indien die soort plant nie in die tabel gelys word nie, dien 'n versoek vir verklaring, tesame met 'n motivering, skriftelik by die Registrateur van Planttelersregte in.
  3. Indien die tipe plant in die tabel gelys is, voltooi die aansoekvorm met die volgende volledige besonderhede:
    • Jou besonderhede, insluitend name, adresse en nasionaliteit
    • Geskrewe magtiging van die eienaar, indien jy nie die plant geteel, geselekteer of ontwikkel het nie
    • Die voorgestelde benaming, wat moet voldoen aan artikel 10 van die Wet
    • Die land waarin die variëteit geteel of ontdek is
    • Besonderhede van vorige aansoekers in ander lande van planttelersregte of vir insluiting in amptelike variëteitslyste ten opsigte van dieselfde plant, insluitend datums van indiening, aansoeknommers, stadiums van uitvoering, en datums van toelating en hoeveelhede gebruik
    • Indien voortplantingsmateriaal en/of oesmateriaal van die variëteit reeds te koop aangebied is of bemark is, besonderhede van die lande, datums en hoeveelhede waaronder dit plaasgevind het
    • 'n Voltooide tegniese vraelys. Dui duidelik op die tegniese vraelys aan met watter ander bekende variëteite die nuwe variëteit vergelyk behoort te word ten einde die verskille te bepaal
    • Volmag
    • Ondersoekgelde
  4. Voortplantingsmateriaal: Die datums en hoeveelhede voortplantingsmateriaal wat jy moet voorsien is op versoek vanaf die Registrateur beskikbaar.

Tydsduur

Die evaluasieproses vir planttelersregte neem een tot twee groeiseisoene.

Vorms om in te vul

Aansoekvorms en toepaslike tegniese vraelyste kan vanaf die kantoor van die Registrateur verkry word en is ook beskikbaar op die Departement se webwerf.

 Application for Plant Breeders' Rights

Wie om te kontak

 

 

Office of the Registrar:

Registrar: Plant Breeders’ Rights
Postal address: Directorate: Genetic Resources,
Private Bag X973,
Pretoria,
0001.

253 Harvest House,
30 Hamilton Street,
Arcadia,
Pretoria.

Noluthando Netnou Nkoana
Tel: +27 12 319 6183
Fax:+27 12 319 6385
E-mail: NoluthandoN@daff.gov.za

Plant Variety Registration Officer: Ornamental and Fruit crops
Marcini Govender
Tel: +27 12 319 6226
Fax: +27 12 319 6385
E-mail: MarciniG@daff.gov.za

Plant Variety Registration Officer: Agricultural and Vegetable crops
Elna de Bruyn (CJ)
Tel: 012 319 6096
Fax: 012 319 6385 /0866923788
E-mail: ElnaDB@daff.gov.za

2. DUS Evaluation centres:

Roodeplaat: Agricultural crops, vegetables and ornamental crops
Heléne Nel
Postal address: Division Variety Control,
Private Bag X11,
Gezina,
0031.

Tel: 083 230 4806 / 083 230 4791 / 082 656 3689/90/91/92
Fax: 083 235 9378
E-mail: HeleneN@daff.gov.za

Stellenbosch: Deciduous fruit, strawberries, grapes, tunnel vegetables and proteas
Robyn Hierse or Carensa Petzer
Division Variety Control,
Private Bag X5044,
Stellenbosch,
7599.

Tel: 021 809 1648 / 1650 / 1653 / 1655
Fax: 021 887 2264
E-mail: RobynH@daff.gov.za/CarensaP@daff.gov.za

Mbombela: Citrus and Subtropical fruits
Mark Schaffner
Division Variety Control,
Private bag X11208,
Mbombela,
1200.

Tel: 013 753 7099 / 7100
Fax: 013 752 3854
E-mail: MarkS@arc.agric.za

Share this page