Doen aansoek om ’n identiteitsdokument

Indien jy 16 jaar of ouer is, kan jy aansoek doen vir ‘n identiteitsdokument (ID).  Jy sal ‘n ID nodig hê om te registreer vir matriekeksamens, 'n bestuurderslisensie en om ‘n bankrekening te open.

Indien jy jou ID ontvang en die besonderhede is foutief, sal die Departement van Binnelandse Sake die ID gratis vervang.

Jy kan aansoek doen om jou ID te laat heruitreik indien:

  • jy trou en graag jou gade se van wil aanneem
  • jy ‘n vrou is wat om ‘n nuwe ID in een van jou vorige vanne wil aansoek doen
  • jou ID-boekie verlore, gesteel of beskadig is.

Die Departement van Binnelandse Sake is tans besig om die groen ID-boekie met ‘n slim ID-kaart te varvang. Dit word oor agt jaar vanaf 2014 gedoen. Jy sal dus nie noodwendig ‘n kaart ontvang wanneer jy aansoek doen nie.  Indien jy reeds ‘n ID-boekie het, sal die Departement jou uitnooi om aansoek te doen vir die ID-kaart.

Vind meer uit oor hoe om 'n identiteitsdokument te kry of kontak die Departement van Binnelandse Sake vir meer inligting.

 

Share this page