Wysig jou inligting op die bevolkingsregister

Jy mag aansoek doen om inligting op die bevolkingsregister te laat wysig om:

  • ‘n kind te herregistreer wat buite die eg gebore is, indien die ouers later in die huwelik tree
  • die biologiese vader se inligting by te voeg vir ‘n kind buite die eg gebore
  • ‘n voornaam of ‘n van by te voeg van ‘n persoon wat geregistreer is sonder ‘n voornaam of ‘n van
  • ‘n voornaam te verander
  • ‘n minderjarige se van te verander
  • ‘n ander van aan te neem
  • geslag te verander
  • 'n datum van geboorte, geslag of geboorteplek reg te stel.

Vind meer uit oor hoe om aansoek te doen vir ‘n wysiging of kontak die Departement van Binnelandse Sake.

 

Share this page