Invoer van algemene goedere

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor ‘n invoerpermit

Indien jy beplan om beheerde goedere, gebruikte of tweedehandse goedere, oorskiet of afvalmateriaal in die land te bring, moet jy eers as ‘n invoerder by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) registreer en dan by die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie van Suid-Afrika (ITAC)  vir ‘n invoerpermit aansoek doen.

‘n Invoerpermit verseker dat die goedere wat jy beoog om in te voer, voldoen aan die veiligheid-, omgewings- en gesondheidsvereistes van die land. Dit moet ook aan die bepalings van internasionale ooreenkomste voldoen.

Die permitte help ook om die instroming van goedere van ‘n strategiese aard of smokkelgoedere te beheer. 

Die beleid van toepassing op die invoer van goedere verskil van sektor tot sektor. Die meeste nuwe goedere is vrygestel van invoerbeheermaatreëls.

Alle gebruikte goedere, tweedehandse goedere, oorskiet of afvalmateriaal is egter onderhewig aan invoerbeheermaatreëls.

Wat om te doen

  1. Gaan na die SAID en registreer as ‘n invoerder.
  2. Gaan na ITAC of laai die toepaslike vorm af.
  3. Voltooi die vorms.
  4. Dien die vorms in by ITAC se Direktoraat: Invoer- en Uitvoerbeheer.

Neem kennis:

  • ‘n Lys van goedere onderhewig aan invoerbeheermaatreëls kan aan jou gestuur word indien jy jou kontakbesonderhede aan ITAC verskaf.
  • Indien jy inligting oor die beleid op die invoer van spesifieke goedere nodig het, verskaf die besonderhede van die goedere jy wil invoer aan ITAC se kantoor vir Invoer- en Uitvoerbeheer.

Tydsduur

In sommige gevalle word invoerpermitte binne vyf werksdae uitgereik.

Hoeveel kos dit

ITAC hef geen diensfooie nie maar jy sal doeaneregte aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens moet betaal. Doenaneregte word bereken as ‘n persentasie van die waarde van die goedere (uiteengesit in die skedules van die Doeane- en Aksynswet). Kry meer inligting oor doeaneregte op die webwerf van die Inkomstediens.

Vorms om in te vul

Jy moet net die vorms invul wat op jou van toepassing is:

Wie om te kontak

 

ITAC national office - Import and Export Control

Tel: 0861 834 384, 012 394 3590, 012 394 3591
City/town: Pretora
Province: Gauteng
Physical address: International Trade Administration Commission, 77 Meintjies Street, Block D, Sunnyside, Pretoria, 0001
Postal address: Private Bag X753 Pretoria, 0001
Web address: http://www.itac.org.za

Share this page