Registreer as privaat verdere onderrig- en opleidingsinstelling

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor  registrasie as private Verdere Onderwys-en Opleidingkollege (VOO-kollege)

Is jou instansie van voorneme om volle kwalifikasies op vlakke 2 – 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) aan te bied?  Om hierdie kwalifikasies aan te bied, moet die instansie registreer as ‘n private VOO-kollege by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) .

VOO’s is staats- of private kolleges wat gevestig, verklaar of geregistreer is ingevolge die Wet op Verdere Onderwys- en  Opleidingkolleges, 2006. Die volgende  instansies hoef nie by die DHOO te registreer nie:

  • ’n skool wat ingevolge die Wet op Suid-Afrikaanse Skole verdere onderwys- en opleidingprogramme aanbied
  • ’n staatsinstelling wat onderwys en opleiding verskaf.  

Instellings wat kort kursusse, nie-NKR-programme of gedeeltes van kwalifikasies aanbied, word nie geraak deur registrasie ingevolge die Wet op Verdere Onderwys- en  Opleidingkolleges, 2006 (Wet  No. 16 van 2006) nie.

Wat om te doen

  1. Vul die aansoekvorm in en dien dit by die DHOO in.
  2. Betaal ’n nie-terugbetaalbare aansoekfooi van R500 aan die DHOO per tjek of posorder of in kontant.

Tydsduur

Dit mag tot ses (6) maande neem om jou instelling te registreer.

Hoeveel kos dit

Tariffs for 2023/24

Vorms om in te vul

Aansoek om registrasie as private Verdere Onderwys- en Opleidingkollege (Application for registration as Private Further Education and Training College)

Wie om te kontak

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
Tel: 080 087 2222    
Fax: 012 323 8817    
Straatadress: Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, Direktoraat: Private VOO Kolleges, 6de vloer, Kamer 629, 123 Francis Baard Street, Pretoria.    
Posadress: Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, Private Sak X174, Pretoria, 0001.
Webwerf: www.dhet.gov.za

Share this page