Pleegsorgtoelae

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Oor die pleegkind-toelae

Kry ’n toelae om vir jou pleegkind te kan sorg. ’n Pleegkind is ’n kind wat deur ’n hof in jou sorg geplaas is omdat die kind:

  • wees gelaat is
  • weggegooi is 
  • in gevaar is
  • mishandel is 
  • verwaarloos is.

Hoe weet jy of jy kwalifiseer?

Om te kwalifiseer moet:

  • jy ’n Suid-Afrikaanse burger, permanente inwoner of vlugteling wees
  • jy en die kind in Suid-Afrika woon
  • die pleegkind regtens in jou sorg geplaas wees en die kind moet in jou sorg bly
  • die kind jonger as 18 wees.

Hoeveel sal jy kry?

Jy sal R1 180 per maand per kind kry.

Hoe sal jy betaal word?

Die Suid-Afrikaanse Maatskaplikesekerheidsagentskap (SASSA) sal die toelae aan jou deur een van die volgende metodes uitbetaal:

  • kontant by ’n spesifieke betaalpunt op ’n bepaalde dag
  • elektroniese inbetaling in jou bank- of Posbankrekening (die bank kan dalk ’n fooi hef vir hierdie diens) 
  • deur ’n instelling wat as administrateur van die toelae optree (bv. welsynsorganisasies).

Let wel: As jy nie self die geld kan gaan afhaal nie, kan jy ’n gevolmagtigde by die SASSA-kantoor aanwys, of aan iemand anders volmag verleen om die toelae namens jou af te haal.

Wanneer mag die kind se toelae hersien word?

Die toelae sal hersien word wanneer die hofbevel verval. Dit is tans elke twee jaar. Jy sal drie maande vooruit in kennis gestel word dat die toelae hersien moet word.

As jy jou geld deur ’n bank, ’n instansie of ‘n gevolmagtigde ontvang, moet jy elke jaar ’n lewensertifikaat (’n dokument wat bewys dat jy steeds lewe) by ’n SASSA-kantoor invul. 

Wanneer mag die toelae opgeskort word?

Die volgende kan tot die opskorting van die toelae lei:

  • wanneer jou omstandighede verander
  • die uitslag van ’n hersiening
  • indien jy weier om saam te werk wanneer jou toelae hersien word
  • wanneer jy bedrog pleeg of jouself wanvoorstel
  • indien daar ’n fout was toe jou toelae goedgekeur is.

Wanneer sal jou toelae verval?

Die toelae sal verval:

  • in die geval van afsterwe van die kind of die langslewende pleegouer
  • indien die kind in ’n staatsinstelling opgeneem word
  • indien die toelae vir drie opeenvolgende maande nie opgeëis word nie
  • wanneer jy uit die land afwesig is
  • indien die kind nie meer in jou pleegsorg is nie
  • indien jy nie meer ’n vlugteling is nie.

Wat jy moet doen

  1. Besoek jou naaste kantoor van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) en bring die volgende saam:
  • jou 13-syferstaafkode-identiteitsdokument (ID) en die kind se geboortesertifikaat.
  • As jy ‘n vlugteling is, jou statuspermit en vlugteling-ID.
  • As jy nie jou ID of die kind se geboortesertifikaat het nie:
    • Voltooi ’n beëdigde verklaring op ’n standaard SASSA-vorm in die teenwoordigheid van ’n Kommissaris van Ede wat nie ’n SASSA-beampte is nie.
    • Bring ’n beëdigde verklaring wat deur ’n gerespekteerde persoon onderteken is (soos ’n raadslid, tradisionele leier, maatskaplike werker, predikant of skoolhoof), wat jou en die kind ken.
    • Die SASSA-beampte sal jou vingerafdrukke neem en jou na die Departement van Binnelandse Sake verwys om vir die ID aansoek te doen terwyl jou aansoek verwerk word. As jy nie ’n ID kry nie, sal jou aansoek opgeskort word.
    • Dien ‘’n bewys in dat jy by die Departement van Binnelandse Sake vir ’n ID en/of geboortesertifikaat aansoek gedoen het.
    • Dien ’n tydelike ID in wat deur die Departement van Binnelandse Sake uitgereik is (indien van toepassing).
    • Dien ’n doopsertifikaat in indien beskikbaar.
    • Dien die kind se Pad-na-Gesondheid-kliniekkaart in indien beskikbaar.
    • As die kind skoolgaan, dien dien ’n skoolsertifikaat in.
  • Geboortesertifikat(e) van die kinder/kinders, of hul ID-dokumente van hul land van herkoms.
  • Die hofbevel waarvolgens die kind in jou sorg geplaas is
  • Bewys van jou huwelikstatus:
  1. Voltooi ’n aansoekvorm in die teenwooordigheid van die SASSA-beampte (let daarop dat slegs jy as die applikant of ’n SASSA-beampte die aansoekvorm mag invul).
  2. Jy sal ’n kwitansie ontvang. Hou dit as bewys dat jy aansoek gedoen het.

Wat gebeur as jou aansoek nie goedgekeur word nie?

Indien jou aansoek nie goedgekeur word nie, sal SASSA jou skriftelik in kennis stel waarom dit onsuksesvol was.

Indien jy nie met die besluit saamstem nie, kan jy by die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling by die nasionale kantoor van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling appèl aanteken. Jy moet binne 90 dae nadat jy kennis ontvang het dat jou aansoek onsuksesvol was, appèl aanteken.

Hoe lank neem dit

  • Dit kan tot drie maande neem om jou aansoek te verwerk.
  • Indien jou aansoek goedgekeur word, sal jy betaal word vanaf die datum waarop die kind in jou sorg geplaas is.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis.

Vorms om te voltooi

Die aansoekvorm is nie aanlyn beskikbaar nie, maar jy kan dit by jou naaste SASSA-kantoor kry. 

Wie om te kontak

Suid Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA).

 

SASSA Toll free: 0800 60 10 11
Email:  GrantEnquiries@sassa.gov.za

Share this page