Registreer 'n identifikasiemerk vir diere

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die registrasie van 'n diere-identifikasiemerk

Indien jy beeste, skape, bokke of varke besit, is dit verpligtend dat jy jou lewende hawe merk. Jy moet aansoek doen om 'n geregistreerde identifikasiemerk by die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling.

'n Diere-identifikasiemerk dui die eienaar van die dier aan. Indien die dier verlore of gesteel is en gevind word, word die merk gebruik om die eienaar op te spoor.

'n Identifikasiemerk bestaan uit nie meer nie as drie letters van die alfabet of simbole (karakters).

Permanente identifikasiemerke kan op die diere aangebring word deur middel van warmbrandmerking, vriesbrandmerking of tattoeëring.

Indien jy diere aankoop of hulle as 'n geskenk ontvang, moet jy binne twee weke 'n identifikasiemerk op hulle aanbring. Indien jy diere verkoop, moet hulle ook jou identifikasiemerk dra.

Jou merk word op die Nasionale Register van die Diere-identifikasiestelsel (AIS) geplaas en niemand anders mag dit gebruik of jou diere daarmee merk sonder jou toestemming nie.

Let wel: Jy mag nie 'n identifikasiemerk op jou diere aanbring indien jy nie sodanige identifikasiemerk geregistreer het nie.

Wat om te doen

  1. Laai die aansoekvorm af of kry dit by voorligtingsbeamptes, landdroskantore, veediefstaleenhede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens of by die Registrateur: Diere-identifikasie in Pretoria.
  2. Voltooi die inligting op die aansoekvorm en teken dit.
  3. Indien jy nie die aansoek persoonlik onderteken nie, moet jy 'n brief skryf om die handtekening te magtig, wat by die aansoek aangeheg moet word.
  4. Betaal die registrasiefooi aan: 

    Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development
    Standard Bank
    Tak: Arcadia
    Taknommer: 051001 
    Rekeningnommer: 011252871
    of neem die aansoekvorm na die Delpen-gebou, op die hoek van Annie Bothalaan en Unionstraat, Riviera, Pretoria of 

  5. Pos die oorspronklike deponeerstrokie en die aansoekvorm aan:
    Die Registrateur: Diere-identifikasie
    Private Sak X138
    Pretoria
    0001

Tydsduur

Dit mag twee weke neem vir die registrasie van 'n identifikasiemerk.

Hoeveel kos dit

R 200

Vorms om in te vul

Application for registration of an identification mark

Die vorm is ook verkrygbaar by voorligtingsbeamptes, landdroskantore, veediefstaleenhede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens of by die Registrateur: Diere-identifikasie in Pretoria.

Wie om te kontak

 

Tel: 012 319 7637
Fax: 012 319 7551
Email: animalid@dalrrd.gov.za

Physical address: Delpen Building, Cnr Annie Botha Avenue and Union Street, Riviera, Pretoria
Postal address: Registrar: Animal Identification, Private Bag X138, Pretoria, 0001

Share this page