Aansoek om die oordrag van ’n identifikasiemerk vir diere

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die oordrag van 'n diere-identifikasiemerk

'n Diere-identifikasiemerk kan van een eienaar na die naam van 'n ander lewendehawe-eienaar oorgedra word. Om dit te doen, moet die nuwe eienaar aansoek doen om die oordrag van 'n diere-identifikasiemerk by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

In geval van die afsterwe van die wettige eienaar kan die identifikasiemerk na jou oorgedra word indien die eksekuteur van die boedel toesteming gee. Indien daar nie 'n elsekuteur is nie, kan jy as nuwe eienaar 'n afskrif van die doodsertifikaat asook 'n magtigingsbrief van die Hooggeregshof wat sê dat jy die wettige eienaar van die diere is, aanheg.

Wat om te doen

  1. Laai die aansoekvorm af of kry dit by voorligtingsbeamptes, landdroskantore, veediefstaleenhede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens of by die Registrateur: Diere-identifikasie in Pretoria,.
  2. Deel 2 van die vorm moet deur jou of die eksekuteur van die boedel (in geval van afsterwe) ingevul word. Indien daar nie 'n elsekuteur is nie, kan jy as nuwe eienaar 'n afskrif van die doodsertifikaat asook 'n magtigingsbrief van die Hooggeregshof wat sê dat jy die wettige eienaar van die diere is, aanheg.
  3. Betaal die voorgeskrewe fooi aan die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye by:
    Standard Bank 
    Tak: Arcadia
    Taknommer: 051001
    Rekeningnommer: 011252871
  4. Pos die oorspronklike deponeerstrokie en die aansoekvorm aan:
    Die Registrateur: Diere-identifikasie
    Private Sak X138
    Pretoria
    0001
    of neem die aansoekvorm na die Delpen-gebou, op die hoek van Annie Bothalaan en Unionstraat, Riviera, Pretoria.

Tydsduur

Dit mag twee weke duur om die oordrag deur te voer.

Hoeveel kos dit

R 200

Wie om te kontak

 

Tel: 012 319 7637
Fax: 012 319 7551
E-mail: animalid@dalrrd.gov.za

Physical address: Delpen Building, Cnr Annie Botha Avenue and Union Street, Riviera Pretoria
Postal address: Registrar: Animal Identification, Private Bag X138, Pretoria 0001

Share this page