Registrasie as ’n merkoperateur

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor registrasie as 'n merkoperateur

Indien jy diere wil merk vir finansiële gewin, moet jy by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (Registrateur: Diere-identifikasie) aansoek doen om as 'n merkoperateur geregistreer te word.

Om te kan registreer, moet jy die volgende opleidingskursusse voltooi:

  • Teorie en tegniek van:
    • warmbrandmerking
    • vriesbrandmerking
    • tatoeëring
    • beteueling en merk van diere 
  • Wetgewing rakende die identifikasie en welstand van diere.

As 'n merkoperateur word daar van jou verwag om 'n register te hou van die diere wat jy gemerk het.

Wat om te doen

  1. Skakel die Registrateur van Diere-identifikasie in Pretoria by telefoonnommer (012) 319 6000 vir 'n lys van die instellings waar jy 'n opleidingskursus kan voltooi.
  2. Nadat jy die kursus suksesvol afgelê het, sal die opleidingsinstelling jou 'n aansoekvorm gee om in te vul.
  3. Die instelling stel die Registrateur in kennis dat jy die kursus suksesvol afgelê het en dat jy as 'n merkoperateur geregistreer mag word.
  4. Die Registrateur plaas jou naam op die Nasionale Register van Merkoperateurs.

Tydsduur

Jy sal as 'n merkoperateur geregistreer word sodra jy die kursus afgelê het.

Hoeveel kos dit

R 200

Vorms om in te vul

Die opleidingsinstelling voorsien die vorms wanneer jy die kursus afgelê het.

Wie om te kontak

 

Tel: 012 319 6000
Fax: 012 319 7551
E-mail:
makokom@daff.gov.za

Physical address: Delpen Building, Cnr Annie Botha Avenue and Union Street, Riviera, Pretoria
Postal address: Registrar: Animal Identification, Private Bag X138, Pretoria 0001

Share this page