Verklaring oor die Virtuele Kabinetsvergadering wat op Woensdag 27 Mei 2020 gehou is

1.    Koronavirussiekte-2019 (COVID-19) in Suid-Afrika

1.1.  Die Kabinet is ingelig oor die resultate van beraadslagings wat President Cyril Ramaphosa met verskeie burgerlike samelewingsorganisasies gehad het, om te verseker dat die land se vordering van vlak 4 na vlak 3 van die nasionale inperking die ondersteuning en insette van al die maatskaplike vennote het.

1.2.  Vergesel van verskeie ministers, het hy met die gemeenskaps-, arbeids- en sakesektor beraadslaag, sowel as met die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke; leiers van intergeloofsgemeenskappe; burgemeesters; premiers; die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering, tradisionele leierskap en politieke partye wat in die Parlement verteenwoordig is.

1.3.  Die Kabinet verwelkom die uitslag van hierdie beraadslagings, wat oor die algemeen opbouend was en die beplanning vir die geleidelike verslapping van die inperkings na vlak 3, wat op 1 Junie 2020 in werking tree, verryk het. Op hierdie vlak sal ekonomiese aktiwiteite verder verbreed word, en die beperkings op mense se bewegings opgehef word. Dit sal ook ongeveer agt miljoen Suid-Afrikaners in staat stel om terug te keer werk toe.

1.4.  Spesiale aandag sal geskenk word aan gebiede wat as brandpunte geïdentifiseer is omdat hulle toenemende gevalle van koronavirusinfeksies het. Provinsiale departemente van gesondheid sal toegewyde gesondheidsingrypings in daardie brandpunt-gebiede implementeer in die vorm van verskerpte siftings-, toetsings-, kwarantyn- en voorkomingsmaatreëls.

1.5.  Die Kabinet herbevestig sy steun vir die inklusiewe beraadslaging wat President Ramaphosa onderneem het sedert die begin van die nasionale ramptoestand op 15 Maart 2020. Hierdie beraadslaging het alle sektore van die samelewing die geleentheid gegee om 'n rol te speel in die stryd teen die COVID-19-pandemie, om lewens te red en mense se lewensbestaan te beskerm.

1.6.  Die operasionele en tegniese bestuur van die COVID-19-intergryping word deur die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur (NATJOINTS) en die Departement van Gesondheid gelei. NATJOINTS is 'n multidissiplinêre koördinerende regeringstruktuur, wat geaktiveer word om groot projekte te bestuur.

1.7.  Die COVID-19 NATJOINTS is gebou op werkstrome wat bestaan uit gesondheidspesialiste; ingenieurs; verteenwoordigers van nasionale rampbestuursentrums; regsadviseurs; leierskap van die land se veiligheids- en wetstoepassingsagentskappe, en spanne van departemente wat die ekonomiese en maatskaplike groeperings van die Forum van Suid-Afrikaanse Direkteure-generaal verteenwoordig.

1.8.  NATJOINTS ontvang verslae van verskillende departemente en dien voorstelle aan die Direkteure-generaal (DG's) in om aanbevelings te maak wat aan die Nasionale Koronavirus-bevelsraad (NKBR) voorgelê word.

1.9.  Die NKBR oorweeg die DG's se aanbevelings en maak ook sy eie aanbevelings aan die Kabinet, wat voorstelle, waaronder regulasies is, goedkeur. Hierdie proses verseker dat die uitvoerende gesag kollektiewe en inklusiewe besluite neem. Daarom veroordeel die Kabinet ten sterkste die vals uitlatings dat individuele lede van die uitvoerende gesag verantwoordelik is vir die NKBR se aanbevelings of besluite wat deur die Kabinet geneem is.

1.10.  Die Kabinet doen ’n beroep op alle sektore van die samelewing om saam te staan teen 'n gemeenskaplike en gevaarlike vyand, die COVID-19-pandemie.

1.11.  Die Kabinet bedank alle Suid-Afrikaners vir hul volgehoue opoffering en begrip gedurende die doelgerigte inperkingstyd. President Ramaphosa se verklaring van die nasionale ramptoestand ingevolge die Wet op Rampbestuur, 2002 (Wet 57 van 2002), het geweldig daartoe bygedra om lewens te red.

1.12.  Die drastiese inperkingsmaatreëls het tot 'n aansienlike verlangsaming en vermindering van die aansteeklikheidstrajek gelei. Die inperking het Suid-Afrika die tyd en ruimte gegee om maatreëls in die openbare en private gesondheidsektor in gereedheid te bring om 'n onvermydelike toename in infeksies te hanteer.

1.13.  Die Kabinet doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaners om groter persoonlike verantwoordelikheid te neem om hulself en ander te beskerm om die verspreiding van die virus te stuit.

1.14.  Ministers in 'n verskeidenheid portefeuljes sal die inligting in die media-inligtingsessies wat vandag, Donderdag 28 Mei en môre, Vrydag 29 Mei 2020, aangebied word, uiteensit.

Kabinetsbesluite

2.   Vestig van ’n diepruimte-grondstasie


2.1.  Die Kabinet keur goed dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap (SANSA) 'n vennootskap met die Nasionale Lugvaart- en Ruimte-administrasie aangaan om 'n diepruimte-grondstasie te vestig. Die stasie, wat in Matjiesfontein in die Wes-Kaap geleë sal wees, sal ondersteuning bied aan bemande ruimtevlugsendings na die Maan, Mars en verder.

2.2.  Dit sal binne 'n bestaande netwerk van drie terreine in die Verenigde State van Amerika, Spanje en Australië onderskeidelik, geïntegreer word. As die vierde terrein, sal dit die ander drie terreine aanvul en verbeterde dekking bied vir kritieke ondersteuning aan ruimtesendings. SANSA sal die stasie bedryf, onderhou en bestuur.

2.3.  Die stasie sal tot voordeel van Suid-Afrika wees aangesien dit sal bydra tot onder meer die ontwikkeling van skaars vaardighede en die bevordering van die wetenskap-, ingenieurs-, tegnologie- en innovasiesektor. Dit sal ook geleenthede bied om die kennisekonomie aan te vul en die land se nasionale navorsingsuitsette in ruimtelike wetenskap en tegnologie te verhoog.

3.   Konsepwitskrif oor Brandweerdienste

3.1.  Die Kabinet keur die Konsepwitskrif oor Brandweerdienste goed. Die witskrif gee 'n uiteensetting van belangrike beleidsvoorstelle wat die grondslag vorm van die Wet op Brandweerdienste, wat die huidige Wet op Brandweerdienste, 1987 (Wet 99 van 1987), sal vervang.

3.2.  Dit gee 'n uiteensetting van die rolle en verantwoordelikhede van die nasionale sowel as die provinsiale regeringsfere om munisipaliteite te ondersteun. Om te verseker dat hierdie diens voortdurend met die jongste metodes vir die bestuur van brandrampe ooreenstem, stel dit voor dat kapasiteit vir navorsing- en data-insameling geskep word.

3.3.  Oor die algemeen is dit ook daarop gerig om die wet in lyn te bring met ander wetgewing wat sedert 1994 aangeneem is en wat met plaaslike regering verband hou. Daar was omvattende oorlegpleging met al die betrokke belanghebbendes sowel as die breë publiek.

4.   Uitvoerende funksies tydens vlak 3

4.1.  Die Kabinet keur goed dat kabinetsvergaderings onder vlak 3, wat op Maandag 1 Junie 2020 begin, op ’n afwisselende grondslag plaasvind, wat beteken dat fisiese sowel as virtuele vergaderings gehou sal word.

4.2.  Die Kabinet keur ook die moniteerspanne, wat uit ministers en adjunkministers saamgestel is, goed. Hulle is aan elk van die 52 distrikte en metro’s toegewys om die maatreëls wat ingestel is om COVID-19 te bekamp, te moniteer.

Aanstellings

Alle aanstelling is onderhewig aan die verifikasie van kwalifikasies en die toepaslike klaring.
1.    Raad op Minerale Tegnologie (MINTEK) - direksie:
Dr Vanguard Mbuyiseli Mkosana (voorsitter);
Me Ntokozo Faith Ngcwabe - Departement van Minerale Bronne en Energie (DMRE);
Mnr Rantsadi Andries Moatshe (plaasvervanger);
Dr Maropeng Walter Ngobeni;
Prof Lindiwe Zungu;
Mnr Philippus Rudolf Heydenrich;
Me Pontsho Maruping;
Mnr Harold Motaung;
Me Phydelis Ntombifuthi Zikalala-Mvelase;
Me Margaret Mosibudi Phiri;
Mnr Lefadi Lucas Makibinyane; en
Dr M Motuku.

2.  Raad vir Geowetenskap - direksie:
Dr Humphrey Lawrence Mbendeni Mathe (voorsitter);
Mnr Andries Moatshe (Departement van Minerale Bronne en Energie);
Dr Thuli Khumalo (Departement van Omgewing, Bosbou en Visserye);
Mnr Sanelo Malaza (plaasvervanger);
Me Rosalind Mdubeki (Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming);
Me Pontsho Tsotetsi (plaasvervanger);
Me Deborah Mochothli (Departement van Water en Sanitasie);
Mnr Paul Nel (plaasvervanger);
Dr Jennifer Mirembe;
Mnr Smunda Mokoena;
Mnr Xolisa Mvinjelwa (mynbousektor);
Adv Ntika Maake;
Me Adila Chowan (handelsektor);
Mnr B Gerryts (Departement van Wetenskap en Innovasie);
Me Lebogang Madiba (Nasionale Tesourie); en
Mnr Moses Mabuza - Hoof Uitvoerende Beampte.

3.  Nie-uitvoerende direkteure van die Hawereguleerder van Suid-Afrika - direksie:
Mnr Zolani Kgosietsile Matthews (voorsitter);
Me Siphokazi Matolengwe;
Mnr Asraf Mohamed Adam;
Me Leanda-Marsha Vilakazi;
Me Kenosi Selane;
Mnr Zola Fihlani;
Dr Tshisikawe Victor Munyama; en
Me Zandile Kabini.

4.    Mnr Abel Moffat SithoIe as Hoof Uitvoerende Beampte van die Openbare Beleggingskorporasie.

5.    Ms Phumla Williams as Direkteur-generaal van die Regering se Kommunikasie en Inligtingstelsel (GCIS).

Navrae: Me Phumla Williams – Kabinetswoordvoerder
Selfoon: 083 501 0139

 

Share this page

Similar categories to explore